
Landloop
Landloop

Inligting
Landloop behels die hardloop van langafstande op ‘n natuurlike terrein (nie op die atletiekbaan nie). Landloop vind tydens kwartaal 2 en kwartaal 3 plaas, maar leerders is welkom om die by middelafstandatlete in kwartaal 1 vir oefening, aan te sluit. Alle ouderdomme is welkom. Bring ‘n paar hardloopskoene (tekkies) en ‘n waterbottel.
Ons kan met trots sê dat ons by landloop die holistiese welstand van ons leerders bevorder. Indien u kind 15 minute kan draf sonder enige stoppe tussen in, is hy/sy gereed om by die landloop aan te sluit.

