Inligting
Algemene Inligting
Louise Grobbelaar
Hoof van die nasorgsentrum
E-mail: LouiseG@midstreamcollege.co.za
Personeel:
Reinette Smit | Grade 1 and 2 Afrikaans group |
Yvette Potgieter | Grade 1 English group |
Shante van den Bergh | Grade 2 English group |
Vicki vd Westhuizen | Grade 3 English |
Esther Frazer | Grade 4-6 English |
Louise Grobbelaar | Grade 3 -7 Afrikaans/English |
Fooie 2025
Permanent: R2240 per maand. Ad hoc: R230 per dag.
Dit sluit elke middag ‘n voedsame en gebalanseerde gekookte maaltyd, wat verpligtend is, in. Dit word deur die skool se snoepie verskaf. Die fooie sal by u maandelikse skoolfaktuur gevoeg word.
Ure: Direk na skool tot 17:30.
NASORGSENTRUM SLUIT STIPTELIK TEEN 17:30. VERSEKER ASSEBLIEF DAT U KIND BETYDS AFGEHAAL WORD.
Huiswerk en studies
U kind sal in die voltooiing van sy/haar daaglikse huiswerk bygestaan word. Toesig en hulp sal met studies gedurende toets- en eksamentye aangebied word. Ouers sal steeds verantwoordelik wees om huiswerk na te gaan, al word huiswerk en studies tydens naskool voltooi. Graad 1-ouers moet asseblief na hul kind se leeswerk luister.
Buitemuurse aktiwiteite
Ons sal verseker dat u kind alle aktiwiteite gedurende die week bywoon. Voorsien die naskoolonderwyser asseblief van alle inligting met betrekking tot buitemuurse aktiwiteite.
Vakansies
Nasorgsentrum is tydens die skoolvakansie gesluit. ‘n Vakansieprogram sal op sekere tye gedurende die vakansie teen ‘n addisionele fooi deur Louise Grobbelaar aangebied word.
Voorsien u kind asseblief van die volgende:
ALLE ITEMS MOET GEMERK WEES.
GR 1 – 3
- Leë 2L roomysbak
- 2 Gryspotlode
- Skerpmaker
- Skêr
- Gomstiffie
- Liniaal
- Uitveër
- Draaikryte
- Aktiwiteitsboek of inkleurboek
- Toetsboek (A4 met lyne)
- Speelklere
GR 4 – 7
- Potloodsakkie met skryfbehoeftes soos benodig vir huiswerk