Sedert 2006

Search
Close this search box.

Menu

Inligting

Algemene Inligting

Nasorgsentrum

Saarmari van der Vyver

Hoof van die nasorgsentrum
E-mail: saarmariv@midstreamcollege.co.za

Personeel:
Reinette Smit Graad 1 & 2 Afrikaans 076 689 2817
Christine Rodgers Graad 1 & 2 Engels 083 339 3852
Louise Grobbelaar Graad 3 – 5 Engels & Afrikaans 083 412 6834
Fooie 2024 Permanent: R2200 per maand. Dit sluit elke middag ‘n voedsame en gebalanseerde gekookte maaltyd, wat verpligtend is, in. Dit word deur die skool se snoepie verskaf. Die fooie sal by u maandelikse skoolfaktuur gevoeg word. Ad hoc: R225 per dag. Dit sluit elke middag ‘n voedsame en gebalanseerde gekookte maaltyd in, wat verpligtend is. Dit word deur die skool se snoepie verskaf. Die fooie sal by u maandelikse skoolfaktuur gevoeg word. Ure: Direk na skool tot 17:30. NASORGSENTRUM SLUIT STIPTELIK TEEN 17:30. VERSEKER ASSEBLIEF DAT U KIND BETYDS AFGEHAAL WORD. Vakansies Nasorgsentrum is tydens die skoolvakansie gesluit. ‘n Vakansieprogram sal op sekere tye gedurende die vakansie teen ‘n addisionele fooi deur Louise Grobbelaar aangebied word. Huiswerk en studies U kind sal in die voltooiing van sy/haar daaglikse huiswerk bygestaan word. Toesig en hulp sal met studies gedurende toets- en eksamentye aangebied word. Ouers sal steeds verantwoordelik wees om huiswerk na te gaan, al word huiswerk en studies tydens naskool voltooi. Graad 1-ouers moet asseblief na hul kind se leeswerk luister. Buitemuurse aktiwiteite Ons sal verseker dat u kind alle aktiwiteite gedurende die week bywoon. Voorsien die naskoolonderwyser asseblief van alle inligting met betrekking tot buitemuurse aktiwiteite. Benodigdhede Voorsien u kind asseblief van die volgende: ALLE ITEMS MOET GEMERK WEES. GR 1 – 3
  1. Leë 2L roomysbak
  2. 2 Gryspotlode
  3. Skerpmaker
  4. Skêr
  5. Gomstiffie
  6. Liniaal
  7. Uitveër
  8. Draaikryte
  9. Aktiwiteitsboek of inkleurboek
  10. Toetsboek (A4 met lyne)
  11. Hoed en sonskerm
  12. Speelklere
  13. Warm bostuk
GR 4 – 7
    1. Potloodsakkie met skryfbehoeftes soos benodig vir huiswerk
    2. Hoed en sonskerm
    3. Speelklere
    4. Warm bostuk

Skoolbeleid