
Krieket
Krieket

Skedule

Inligting
Ons neem aan die A1 Groot Skole Liga deel. Skoolproewe vind aan die einde van die tweede kwartaal plaas. `n Krieketweek word in die Julievakansie gehou, waaraan al ons spanne deelneem. Dit dien as voorbereiding vir die liga wat in die derde kwartaal begin. Daar is 10 spanne (o.9A en B tot o.13A en B) wat aan die liga deelneem (20 beurt-wedstryde). Die o.11A- en o.13A-span neem aan `n dag-aand-liga deel, wat langer formaat wedstryde is (40 beurte).
Klub Krieket en Privaat Afrigting:
Die Nico Martin Krieket Akademie bied privaat afrigting in L.O periodes en na skool aan. Individuele, sowel as groepafrigting, vind reg deur die jaar plaas. Klub wedstryde word in die eerste en vierde kwartaal gespeel.
BevCric

Jaco Kruger
Organiseerder
jacok@midstreamcollege.co.za

Skedule

