Nuusbrief  4                                                                3 Februarie 2022

 

UIT DIE KANTOOR

And maybe today is the start of something.
Maybe just by you waking up this morning you have set in motion a series of beautifully complicated miracles.
– Anon

Ons is opgewonde oor ons webblad wat ’n nuwe baadjie gaan aantrek die komende naweek. Besoek asseblief gereeld ons webblad by www.midstream-primary.co.za vir relevante inligting.

Baie geluk aan ons monitore wat Dinsdagaand ingehuldig is. Ons wens hul alle voorspoed toe met hulle verantwoordelike betrokkenheid in ons skool.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae

Sportuitslae
 

COVID-19

Die kabinet het op 31 Januarie nuwe direktiewe/voorskrifte rakende die verslapping in Covid-19-regulasies uitgereik.
In ooreenstemming daarmee sal die skool die volgende protokol volg.
• Leerders wat self positief toets moet vir 7 (sewe) dae isoleer. Die leerder kan na 7 (sewe) dae terugkeer
  as hy/sy nie meer siek is nie.
• Persone wat met iemand wat positief getoets het in aanraking was, maar self geen simptome toon nie, 
  hoef nie meer te kwarantyn nie.
• Die dra van maskers en sanitering van hande bly belangrik.
• Indien leerders eet en sonder maskers is, moet fisiese distansiëring steeds toegepas word.

 
 

CHOC FLIP FLOP-DAG

Ons wil graag hierdie jaar voortbou op die Valentynsdag-tradisie wat ons by die skool begin het. As laerskool glo ons dat Valentynsdag ’n dag is wat op ons leerders se ouderdomsvlak gevier moet word. Ons kinders is nog nie emosioneel gereed om Valentynsdag te verstaan en ervaar vir wat dit regtig is nie. Ons wil graag ons kinders beskerm teen onnodige seerkry en die gevoel van verwerping. Ons wil hulle veel eerder van wáre omgee leer, byvoorbeeld om vir mense wat ondersteuning, aanvaarding en hulp nodig het, om te gee.

Dit skep immers ook ’n gevoel van vreugde en vervulling om ander te koester, te help en by te staan.

Ons gaan dus weer hierdie jaar iets spesiaal doen wat gefokus is op die idee dat liefde vir ons medemens nie net ’n opdrag van God is nie, maar heerlik en pret ook is!

So, moet asseblief nié u geld op beertjies, plastiek rose, sjokolade en ander geskenke mors nie! Spaar eerder daardie geld vir wanneer u kind in die hoërskool is. Hierdie jaar bêre ons weer die pienk en rooi op Valentynsdag! Ons gaan die CHOC Foundation se “Flip Flop”-dag ondersteun met blou strikkies in die hare en gemaklike plakkies aan ons voete!

Kinders en tieners wat die stryd teen kanker voer is die dapperste van die dapperes. Hulle staan voor die skrikwekkendste reis van hul lewens … Maar hierdie jong krygers staan nie alleen in hulle oorlog teen kanker nie, want hulle ervaar liefde. Hulle is so geliefd dat CHOC ’n leër bou om saam met hulle te stap en al die pad saam met hulle te veg.

Ons gaan deel wees van hierdie ondersteuningsgroep en ons liefde op aan kinders wat teen kanker veg, toon. Die CHOC Flip Flop-dag-plakkers, wat jou 10 tone vrymaak van skoolskoene op Vrydag 18 Februarie, sal teen R10 by die snoepie verkoop word. Betalings moet asseblief kontant geskied. Kom koop ’n plakker voor Flip Flop-dag en geniet 18 Februarie op ’n gemaklike wyse wat almal die kans gee om op ’n heerlike manier ’n verskil te maak!

 
 

TENNIS

Daar sal op Maandag 7 Februarie en Maandag 21 Februarie, geen tennisoefening vir graad 2 – 7 wees nie, as gevolg van ligawedstryde op al die bane. Jammer vir die ongerief!

 
 

NETGIRLZ NETBALAKADEMIE

Sessies vind plaas op die skoolterrein op Woensdagmiddae van 16:00 – 17:00 vanaf Maart. Alle belangstellendes, ouderdomme 7 tot 12, kontak asseblief vir Des Kotzé by netgirlz@yahoo.com vir meer inligting.

 
 

MEDIA MONITORS 2022

Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is as Media Monitors vir 2022:

Olivia Knight
Regardt Swart
Sebastian Bester
Kyara Naicker
Kaylee Knott-Craig
Harrison Nass
Ruan Maschke
Alon Beyleveld
Xander Piekaar
Janke Willemse
Keshav Balgobind
Arrebecca de Jager
Helen Reinecke
Nina Nieuwoudt

 
 

AANSOEKE VIR GRAAD 1 2023

Ouers word versoek om asseblief graad 1-aansoeke vir 2023 voor die einde van April 2022 in te dien.

Neem kennis dat die skool na ʼn aanlynaansoeksisteem oorgeskakel het. Geen aansoeke per e-pos of as harde kopie nie, asseblief. Volg die skakel na Toelatings:

Vir enige navrae, kontak asseblief vir Corrie Burger (by corrieb@midstreamcollege.co.za of 012 940 9122).

Toelatings
 
 

RUITERKUNS NUUS

Die naweek van 4 en 5 Februarie sal ons ruiterkunsspan by Kyalami Equestrian Park meeding. Ons wens die volgende 10 ruiters sterkte toe met hul items: Yumika Bakus, Lexi Harding, Angelique Lombard, Anthon Lombard, Zander le Roux, Lika van der Merwe, Kiara Kok, Mila van der Linde, Anika van Deventer en Angelique van Rensburg.

 
 

TUCK IN

Besoek gerus by Tuck In vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643