Nuusbrief  3                                                              26 Januarie 2023

 

UIT DIE KANTOOR

Exercise not only changes your body, it changes your mind, your attitude and your mood.” – Anonymous.

Ons is verheug om te sien dat soveel leerders besig is om hulself te verryk met buitemuurse aktiwiteite by die skool. Die sport en kultuur word tans baie goed bygewoon. Kom ons behou deurlopend hierdie positiewe gesindheid in 2023.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums
 
 

YADAH

Hierdie week bid ons vir: …al die leiers van die skool. Ons bid dat God elke leier wat by ons skool betrokke is, krag sal gee sodat hulle sterk in hul leierskapsrol sal bly staan. Ons bid dat elke leier wysheid, moed, vrygewigheid en goedhartigheid in hul besluitneming sal toon en dat God se hand duidelik in hul daaglikse optrede gesien kan word.

 
 

TELEFONIESE KOMMUNIKASIE

Die gereelde beurtkrag het ’n nadelige uitwerking op ons telefoonstelsel. Indien u ons nie tydens beurtkrag kan kontak nie, stuur asseblief ’n e-pos aan die betrokke persoon. Alle personeel se e-posadresse word op ons webwerf gelys onder Grondslagfase / Intersenfase onder die Akademiese-oortjie (TAB).

Grondslagfase Intersenfase
 
 

GRAAD 1 TOT 4, SOWEL AS NUWE LEERDERS, DATEER ASSEBLIEF INLIGTING OP

Dit is in almal se belang om ons ouers se kontakbesonderhede en -inligting op datum te hou. Ons versoek dus dat u asseblief die volgende inligting op die Ouerpoort sal opdateer voor of op 3 Februarie 2023.

Teken asseblief in op die Ouerpoort

Inligting 1:
Klik op die “Parent Info”-tab en klik dan op “Other Info”.

Laai asseblief die volgende 4 “gecropde” foto’s:
• Die voorkant en rugkant van die mediesefonds-kaart
• Albei ouers se ID
Onthou om op “Save changes” te druk.
 
Inligting 2:
Klik asseblief op die “Students”-tab.
Klik op die foto van die leerder. Klik op “Health Record”.
Voltooi asseblief die vorm.

Neem asseblief kennis van die volgende interpretasie van die dieetbeperkings:
Beperking vir vegetariese dieet:
Indien Nee = Nie op ’n vegetariese dieet nie
Vegetaries Ja = Volg ’n vegetariese dieet

Beperking van ’n beesvleisdieet:
Indien Nee = Eet beesvleis
Beesvleis Ja = Eet nie beesvleis nie

Beperking vir ’n seekosdieet:
Indien Nee = Eet seekos
Seekos Ja = Eet nie seekos nie

Beperking vir ’n Halaaldieet (insluitend geen varkvleis):
Indien Nee = Nie op ’n halaaldieet nie en eet varkvleis
Halaal (insluitend geen varkvleis) Ja = Eet ’n halaaldieet met geen varkvleis

Ouerpoort
 
 

STUDIEMETODES

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir meer inligting rakende ’n studiemetodekursus wat vir die Afrikaanssprekende graad 5- tot 7-leerders aangebied word.

Inligting
 
 

KOSSAK-PROJEK
MIDSTREAM GEE OM – RAAK BETROKKE!

Midstream College Primêre Skool reik jaarliks uit na gesinne in nood, deur basiese nie-bederfbare voedsel en ander huishoudelike items te voorsien.

Tesame met KSM wil ons optimaal en effektief voedsel na gesinne in nood versprei. Kossakke word maandeliks deur Midstream-gesinne gevul en by die skool afgelewer, waarna dit aan KSM oorhandig word vir verspreiding. Alternatiewelik kan u as gesin kies om sakke deur die loop van die jaar te borg, deur maandeliks die bedrag vir ’n sak direk in die kerk se rekening in te betaal.

Die inhoud van die sakke, wat ongeveer R350 beloop, voorsien ‘n gesin van vier mense vir twee weke van die noodsaaklikste voeding.

Dit is ’n maklike manier om by liefdadigheid betrokke te raak en u kinders deel te maak van ’n omgee-projek.

Indien u belangstel, registreer asseblief deur die skakel hieronder te volg.  Meer inligting sal dan aan u gestuur word.

Skakel
 
 

KLUB KRIEKET

Nico Martin Krieket Akademie is betrokke by MCP met privaat afrigting in L.O. periodes en na skool. Daar word gefokus op individuele afrigting, asook groeps-/spanafrigting.

Vir meer inligting kontak vir Nico Martin by 082 978 2786 / e-pos nico@toppublishing.co.za
Klub-oefentye:

Maandae:    14:00 tot 15:30      o.9’s
Dinsdae       14:30 tot 15:30     Graad R 
                      15:30 tot 17:00     Graad 1
Woensdae: 14:00 tot 15:30     o.11’s
Vrydae:         14:00 tot 15:30     o.13’s

Klubwedstryde begin Saterdag 28 Januarie en die laaste wedstryde vind Saterdag 18 Maart plaas.

Baie sterkte aan elkeen betrokke, ons sien uit na ’n opwindende klubseisoen!

 
 

TJELLO

Wou u kind nog altyd ’n instrument bespeel? Kan die tjello dalk hul gunsteling instrument word? Die Musiekateljee het ’n spesiale aanbod vir 2023 vir alle kinders wat die tjello as instrument wil begin bespeel.

Besonderhede:
• Twee leerders mag ’n les deel, wat halfprys vir die kwartaal van R945 per kwartaal per leerder beteken.
• Dit is noodsaaklik om op ’n tjello te oefen. Bring jou eie tjello of huur een teen ’n afslagprys van R240 per maand (gewoonlik vanaf R380 per maand).

Indien u belangstel, stuur asseblief ‘n e-pos aan me. Wendy Nieuwoudt (wendyn@midstreamcollege.co.za).

 
 

MIDSTREAM COLLEGE MUSIEKATELJEE

Die afgelope jaar was ’n baie suksesvolle jaar in die Musiekdepartement, met wenners in verskillende afdelings by verskillende kompetisies. Ons het talentvolle, professionele musikante wat die musieklesse aanbied. Daar is 30 lesse per jaar wat in 4 dele verdeel word. Die lesse duur 30 minute per week en die musieklesse word by die Midstream College-ateljees aangebied. Dit geskied in skooltyd tydens nie-akademiese periodes, soos L.O., Musiek, en Kuns, asook na skool. Die departement is hoog in aanvraag en beperkte hoeveelheid plek is vir 2023 beskikbaar. As u belangstel om u kind in te skryf vir lesse vir 2023, volg asseblief die volgende skakel vir meer inligting op die webblad.

Inligting
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643