Nuusbrief  3                                                                27 Januarie 2022

 

UIT DIE KANTOOR

Albert Einstein het gesê: “Try not to become a man of success but a man of value.”

‘Trotse Midstreamer’ het nuwe diepte gekry verlede week met die atletiek by Tygerpoort, en soveel te meer tydens die aflosbyeenkoms Vrydag. Ons atlete het sowaar ons naam hoog gehou en Excellentia uitgeleef. Baie geluk aan ons atlete met hul sukses, maar ook met die wyse waarop hul sukses behaal het.

Ons swemmers het reeds vroeg Januarie begin oefen. Hul harde werk en deursettingsvermoë was ‘n wonderlike gesig om te aanskou tydens Vrydag se gala. Baie geluk aan ons medaljewenners.

Met ons akademie, sport en kultuur wat in volle gang is, kom ons leef ons waardes uit die week in alles wat ons doen.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums
 
 

WÊRELD-HARDOPLEESDAG– 2 FEBRUARIE

MCP sal aan Nal’ibali se 10de Wêreld-Hardopleesdag vieringe deelneem en ons het baie opwindende ‘hardoplees’-aktiwiteite deur die loop van die dag vir u kinders beplan.

Vanjaar wil die Hardopleesdag fokus op families wat saam stories lees, wat enige tyd of plek kan gebeur. Lees moedig nie net die versterking van bande aan nie, maar dit bring ook families nader aan mekaar en dis pret! Kinders wat lees leer hoe om die wêreld om hulle te verstaan deur die ontwikkeling van hul verbeelding. Selfversekerde lesers vaar beter op skool en ontwikkel in volwassenes met kennis en vervullende loopbane.

Daarom nooi ons u as gesin uit om op hierdie dag hardop saam met ons te lees. Nal’lbali het ‘n spesiale storie, ter herdenking van hierdie dag, geskryf. Vanjaar se storie “’n Partytjie in die park” het ‘n feestelike tema en sluit sommige van Nal'ibali se geliefde karakters soos Gogo, Neo en Hope in en is GRATIS in al 11 amptelike tale beskikbaar, sowel as Chichewa, Frans, Lingala, Portugees, Shona en Swahili.

Hoe om u gesin se belofte hierdie Wêreld-hardopleesdag af te lê:
 • Besoek www.nalibali.org/wrad2022 of  
• WhatsApp “WRAD” aan 0600 44 22 54.  (Laai die storie in u voorkeurtaal af indien u dit wil gebruik.)

Kom ons kry 1 miljoen Suid-Afrikaanse gesinne om op hierdie Wêreld-hardopleesdag te lees! Ons kan dit doen!

 
 

SENIORKOOR OUDISIES

• Oudisies sal weer Dinsdag 1 Februarie vanaf 16:00 – 18:00 in mev. Badenhorst se klaskamer plaasvind en ons koorafrigter, mnr. Herman Steyn, sal die oudisies behartig
• Ouers word versoek om die skakel te volg en die Google vorm in te vul indien u kind by die senior koor wil aansluit
• Leerders wat oudisies bywoon hoef nie ‘n spesifieke liedjie te leer of te oefen nie.
• Maskers moet te alle tye gedra word en sosiale distansiëring sal gehandhaaf word.
• Hierdie oudisies is slegs bedoel vir leerders wat nie gedurende 2021 deel van die seniorkoor was nie.
• Kooroefening sal Dinsdae vanaf 16:00 – 18:00 in die saal plaasvind.

Ons moedig kinders aan om vir die oudisies in te skryf en ons sien baie daarna uit om weereens pragtige koormusiek te maak. Indien u enige navrae i.v.m. die senior koor het is u welkom om mev. Deim of mev. Badenhorst by mandyd@midstreamcollege.co.za of mary-anneb@midstreamcollege.co.za te kontak.

Google vorm
 
 

AFRIKAANSREDENAARS INLIGTINGSESSIE

Die Afrikaansredenaars se inligtingsessie vind op Woensdag 2 Februarie, om 14:00 in Nicoline Wildenboer se klas plaas. Enige ouer en/of leerder is welkom!

 
 

SLAGORKES

Die slagorkes (Isicathulo) sal van vanmiddag op Donderdagmiddae van 14:00 tot 15:00 in die skoolsaal oefen. Kinders wat graag by die slagorkes wil aansluit moet mev. Badenhorst en mnr. Herman Steyn buite mev. Badenhorst se klaskamer ontmoet. Hulle moet jeans, ‘n t-hemp (geen hempies met bandjies nie, asseblief) en tekkies dra – hulle hoef nie nou al rubber stewels (‘gumboots’) te dra nie. Leerders wat nie vanmiddag bywoon nie, kan nog volgende week by die slagorkes aansluit.

 
 

AANSOEKE VIR GRAAD 1 2023

Ouers word versoek om asseblief graad 1-aansoeke vir 2023 voor die einde van April 2022 in te dien.

Neem kennis dat die skool na ʼn aanlynaansoeksisteem oorgeskakel het. Geen aansoeke per e-pos of as harde kopie nie, asseblief. Volg die skakel na Toelatings:

Vir enige navrae, kontak asseblief vir Corrie Burger (by corrieb@midstreamcollege.co.za of 012 940 9122).

Toelatings
 
 

EKSTRA ENGELS GRAAD 4 – 7

Ekstra Engels-klasse sal Maandag 31 Januarie begin. Alle Graad 4 – 7-leerders is welkom en dit is nie nodig om vooraf te registreer nie. Die lesse neem Maandae en Donderdae van 13:45 tot 14:30 plaas. Ontmoet asseblief vir mev. Brooke (Maandae) en mev. Bailey (Donderdae) voor die biblioteek. Kontak asseblief vir mev. Karen Brooke by karenb@midstreamcollege.co.za, indien u verdere inligting benodig.

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643