Nuusbrief  40                                                           18 November 2021

 

UIT DIE KANTOOR

Ons as skool is geseënd, dankbaar en waardeer elke voorreg wat oor ons pad kom. Daar was soveel goeie dinge in die afgelope jaar en ook nog ‘n paar om na uit te sien voordat die skool sluit, soos die prysuitdelings, waterkaskenades en afskeidfunksies.

Ons is trots op die wyse waarop ons leerders hulself voorberei en weergegee het gedurende die eksamen. Dit voorspel goeie dinge vir hulle opvoedkundige vordering volgende jaar.

Die afgelope jaar het beslis sy uitdagings gehad, maar ons is ook deurgaans met seëninge besaai.

 
 

MIDSTREAM COLLEGE MUSIEKATELJEE

Talentvolle, professionele musikante bied musieklesse in sang, kitaar, dromme en klassieke instrumente by Midstream College Musiekateljee aan. Elke student ontvang 30 lesse per jaar, op weeksdae gedurende skooltermyne. Die lesse duur 30 minute elk en studente kry een les per week.

Musieklesse geskied in skooltyd gedurende die volgende nie-akademiese periodes: LO, musiek en kuns. Reëlings vir middaglesse moet met die spesifieke onderwyser getref word. Musiekateljee-lesse is hoog in aanvraag en ’n beperkte hoeveelheid plek is beskikbaar. Indien u belangstel om u kind vir lesse vir 2022 in te skryf, kontak asseblief vir Wendy Nieuwoudt (wendyn@midstreamcollege.co.za).

 
 

ATLETIEK

Ons is baie trots dat daar sowaar 11 atlete van ons atetiekklub gekwalifiseer het om op 27 November aan die Interprovinsiale Klubkampioenskappe in Germiston deel te neem. Hierdie uitblinkers is:

o.7: Charlotte Rose – 60 m en 80 m

o.9: Linmari Kirkpatrick – 80 m en 600 m 
       Banie Claassen – 600 m

o.11: Zander Smit – 70 m hekkies
          Rikus Holtzhauzen – verspring en 70 m hekkies 
          Janelle Kirkpatrick – hoogspring en 70 m hekkies
          Evan van der Merwe – spiesgooi
          Lené Greyling – 70 m hekkies

o.12: Anri Pretorius – verspring
          Emil Els – 800 m
          Rupert Groenewald – 1 500 m

Baie sterkte aan hierdie ster-atlete!

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums
 
 

HANDBOEK- EN SKRYFBEHOEFTEBESTELLINGS VIR 2022

Handboek- en skryfbehoeftebestellings vir 2022 kan nou geplaas word.

Die boekwinkel word vanaf Castle Walk Stationers@Ridge, Winkel 21, Shopping on Ridgeway, bedryf.

MEER INLIGTING WEBTUISTE-SKAKEL
 
 

ENGELS: GRAAD 4- TOT 7-LEERDERS

Spaar geld! Spaar papier! Hou asseblief jou woordeboek, lêers, gekleurde afskortings en die plastieksakkies vir Engels vir volgende jaar, sodat jy nie nuwes hoef te bestel nie.

 
 

OMGEKEERDE ADVENTKALENDER

DIE VREUGDE VAN GEE HOU BAIE LANGER AS DIE OPWINDING VAN ONTVANG.
“Nothing else in all life is such a maker of joy and cheer as the privilege of doing good.” – James Russell Miller

Volgens ons skooltradisie dra ons ons laaste uitreikprojek elke jaar aan ons wonderlike terreinpersoneel op. Ons Midstream-families skenk sekere items en ons verpak hulle in lieflike geskenkpakkies as Kersgeskenke vir ons werkers.

Almal geniet adventkalenders en kinders is mal daaroor om aan die begin van Desember een te ontvang. Dit maak hulle opgewonde oor Kersfees wat kom en elke verrassing wat hulle langs die pad oopmaak, is ʼn belofte van wat voorlê.

Geïnspireer deur hierdie idee om elke dag ʼn bietjie vreugde te ontvang, het ons die adventkalender omgekeer om liefs ʼn bietjie vreugde te GEE!

Die weke in November is in sekere kategorieë verdeel en elke dag het sy eie produk / item. U kan elke item op die relevante dag stuur óf as gesin deur die week die items bymekaarmaak en dit Vrydag skool toe bring. Trouens, u kan dit gerus doen, soos dit u gesin pas! Die idee is om saam as gesin pret te hê en om hierdie kalender te gebruik om u kinders te leer oor gee en om vreugde aan ander te bring.

Ons hoop dat u hierdie projek terdeë sal geniet!

Klik op die onderstaande skakel vir Midstream se Omgekeerde Adventkalender.

ADVENT KALENDER
 
 

MEDIASENTRUM

Alle uitstaande biblioteekboeke moet so gou as moontlik by die mediasentrum ingehandig word. Moedig asseblief u kind aan om verlore boeke te probeer opspoor, so word daar ’n kultuur van verantwoordelikheid en omgee jeens die boeke van die mediasentrum gekweek. Geen biblioteekboeke mag vir die Desembervakansie uitgeneem word nie.

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

TUCK IN
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643