Nuusbrief  39                                                           11 November 2021

 


Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae.

SPORTUITSLAE
 
 

UIT DIE KANTOOR

Ons deel graag die volgende drie aanhalings met ons leerders wat met assesserings en die eksamen besig is:

“If we did all the things we were capable of doing, we would literally astound ourselves.” - Thomas Edison

“Some people dream of success… while others wake up and work hard at it.” - Unknown

“There is no elevator to success. You have to take the stairs.” - Anonymous

 
 

GROET

Mev. Madia verlaat ons aan die einde van die jaar, ons wens haar alle voorspoed toe met haar toekomsplanne. Ons verwelkom dan graag vir me Tumelo Molala wat in Januarie by ons aansluit.

 
 

MIDSTREAM COLLEGE TRUST-KONSERT

Die drie Midstreamskole bied ’n konsert op Vrydag 12 November om 19:00 in die Midstream Ridgeteater aan, ten einde fondse vir die Midstream College Trust in te samel. Ivan Roux en Ruhan du Toit sal tydens die konsert optree. Kaartjies is beskikbaar, druk asb. op die onderstaande skakel. Tafels, met 10 sitplekke per tafel, is beskikbaar teen R180, R200 en R250 per sitplek. Versnaperinge (platters) sal ook te koop aangebied word en kan ook aanlyn bespreek word wanneer u, u kaartjies bespreek. Vir u gerief sal die versnaperinge by u tafel bedien word. Meer inligting hieroor en die pryse sal so spoedig moontlik beskikbaar gestel word. U is ook welkom om u eie eet- en drinkgoed saam te bring en die aand saam met ons te geniet.

BESPREKINGS
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums
 
 

TWEEDEHANDSE KLEREWINKEL

Die tweedehandse klerewinkel het goeie kwaliteit klere en boeke teen baie billike pryse. Handig asseblief so gou moontlik klere en boeke in vir hergebruik. Kontak vir Hestha op 082 520 0478.

 
 

GHOLF

Baie geluk aan Christian Kind en Lian Strauss wat die Gauteng-Noord Laerskole Gholfspan gemaak het.
 
Hulle gaan op 13 en 14 Desember aan die interprovinsiale toernooi deelneem waar hulle met trots hulle provinsie gaan verteenwoordig.

 
 

TENNIS

Baie geluk aan ons nuutverkose Tierspanne – 2022, hier kom ons!

SPANLYS
 
 

KRIEKET

Die volgende seuns is by die Titans o.13-streekspanne ingesluit:

• Christian Kind
• JP Botha
• James Peattie
• Thobani Matunda
• Rikus Cilliers

Ons is baie trots op elkeen van julle, baie geluk! Mnr. Hermann van Aswegen is as ‘n afrigter vir die Blou-streekspan gekies, baie geluk!

 
 

AFRIKAANSREDENAARS

Let asseblief op die ATKV Redenaarskompetisie se Temas vir 2022.

Graad 1 – 3: ORE, GROEI, STORIE
Graad 4 – 5: BOEKE, PATRONE, GROEN
Graad 6 – 7: HUMOR, DIGITAAL, APPLOUS

Ons sal wel weer volgende jaar aan die ATKV Redenaarskompetisie deelneem. Ons sal egter ook aan die Oppie Tong Af Redenaarskompetisie deelneem, waarvoor die ATKV-temas nie ʼn voorvereiste is nie.

Alle verdere inligting sal in 2022 gegee word, maar voel vry om vir Nicoline Wildenboer met enige navrae te kontak: nicolinew@midstreamcollege.co.za

 
 

HANDBOEK- EN SKRYFBEHOEFTEBESTELLINGS VIR 2022

Handboek- en skryfbehoeftebestellings vir 2022 kan nou geplaas word.

Die boekwinkel word vanaf Castle Walk Stationers@Ridge, Winkel 21, Shopping on Ridgeway, bedryf.

MEER INLIGTING WEBTUISTE-SKAKEL
 
 

ENGELS: GRAAD 4- TOT 7-LEERDERS

Spaar geld! Spaar papier! Hou asseblief jou woordeboek, lêers, gekleurde afskortings en die plastieksakkies vir Engels vir volgende jaar, sodat jy nie nuwes hoef te bestel nie.

 
 

GRACE ENSEMBLE (ACAPELLA GROEP) OUDISIES 2022

• Oudisies word op Woensdag 17 November in musiekklas nr. 6 gehou.
     Graad 4 en 5: 10:15 –11:15
     Graad 6: 11:15 – 12:00
     Graad 3: 12:00
• Geen ouers word tydens die oudisies in die lokaal toegelaat nie.
• As u kind klaar met sy/haar oudisie is, kan hul huis toe gaan.
• Uitslae sal via e-pos aan die ouers gestuur word.
• Tydens die oudisie sal daar van elke kandidaat verwag word om ’n liedjie acapella (sonder enige 
   begeleiding / agtergrondmusiek) van nie langer nie as een minuut, te sing.

 
 

SANGLESSE

Wil u kind volgende jaar graag sanglesse neem? Adri Mocke het sedert 2007 verskeie wêreldkampioene sowel as Suid-Afrikaanse kampioene afgerig. In 2021 het sy 6 studente onder die top 10 van een van die grootste nasionale sangkompetisies gehad. Neem asseblief kennis van die volgende inligting indien u kind in 2022 met solo sanglesse wil begin:

Datum vir sangoudisies: 18 November 2021
Tyd: Vanaf 10:00
Plek: Musiekkamer 6

Stuur asseblief ʼn e-pos aan adri@dmusicstudio.co.za indien u belangstel.

 
 

OMGEKEERDE ADVENTKALENDER

DIE VREUGDE VAN GEE HOU BAIE LANGER AS DIE OPWINDING VAN ONTVANG.
“Nothing else in all life is such a maker of joy and cheer as the privilege of doing good.” – James Russell Miller

Volgens ons skooltradisie dra ons ons laaste uitreikprojek elke jaar aan ons wonderlike terreinpersoneel op. Ons Midstream-families skenk sekere items en ons verpak hulle in lieflike geskenkpakkies as Kersgeskenke vir ons werkers.

Almal geniet adventkalenders en kinders is mal daaroor om aan die begin van Desember een te ontvang. Dit maak hulle opgewonde oor Kersfees wat kom en elke verrassing wat hulle langs die pad oopmaak, is ʼn belofte van wat voorlê.

Geïnspireer deur hierdie idee om elke dag ʼn bietjie vreugde te ontvang, het ons die adventkalender omgekeer om liefs ʼn bietjie vreugde te GEE!

Die weke in November is in sekere kategorieë verdeel en elke dag het sy eie produk / item. U kan elke item op die relevante dag stuur óf as gesin deur die week die items bymekaarmaak en dit Vrydag skool toe bring. Trouens, u kan dit gerus doen, soos dit u gesin pas! Die idee is om saam as gesin pret te hê en om hierdie kalender te gebruik om u kinders te leer oor gee en om vreugde aan ander te bring.

Ons hoop dat u hierdie projek terdeë sal geniet!

Klik op die onderstaande skakel vir Midstream se Omgekeerde Adventkalender.

ADVENT KALENDER
 
 

MEDIASENTRUM

Alle uitstaande biblioteekboeke moet so gou as moontlik by die mediasentrum ingehandig word. Moedig asseblief u kind aan om verlore boeke te probeer opspoor, so word daar ’n kultuur van verantwoordelikheid en omgee jeens die boeke van die mediasentrum gekweek. Geen biblioteekboeke mag vir die Desembervakansie uitgeneem word nie.

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

TUCK IN
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643