Nuusbrief  38                                                            4 November 2021

 

UIT DIE KANTOOR

Die effek wat ouers as toeskouers op ons spelers het, is beduidend. Daar is beslis getuienis daarvan dat kinders met ekstra entoesiasme en energie speel, omdat hulle ouers dáár is om hulle te ondersteun. Die selfvertroue en motivering wat ons ouers aan die spelers gee is verseker van onskatbare waarde. Dit was dus ’n blye dag vir ons om weer ons ouers by sportbyeenkomste terug te verwelkom.

Ons sien daarna uit om volgende jaar op hierdie noot voort te gaan.

Ons wens al ons leerders sterkte toe met die eksamens wat voorlê. Die onderwysers is so trots op ons leerders se vordering en weet dat almal hul beste sal gee.

Ek deel graag die volgende eksamengebed van Living Prayers met u:

Dear Heavenly Father

Be with me as I take this exam.
Keep my mind alert and my memory sharp.
Calm my nerves and help me concentrate.
I know that you walk with me,
Guiding my path and inspiring my heart.
I pray that I would feel you with me,
And that your friendship would soften the pressure I feel.
I pray that I would successfully complete this exam and go on to new things with you.

Thank you for your peace and your love in my life,
Thank you for your kindness and care for me.

Amen

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums
 
 

EKSAMEN

Neem asseblief kennis dat leerders nie gedurende die eksamensessie ‘n slimfoon en/of slimhorlosie mag dra nie. Ons versoek dat leerders die slimhorlosies en/of slimfone by die huis los. In elke lokaal sal daar ‘n muurhorlosie sigbaar wees.

Voltooi asseblief die Googlevorm teen die einde van vandag indien u kind van die studiesessie en/of wagklas gebruik sal maak.

Studiesessie / wagklas
 
 

MIDSTREAM COLLEGE TRUST-KONSERT

Die drie Midstreamskole bied ’n konsert op Vrydag 12 November om 19:00 in die Midstream Ridgeteater aan, ten einde fondse vir die Midstream College Trust in te samel. Ivan Roux en Ruhan du Toit sal tydens die konsert optree. Kaartjies is beskikbaar, druk asb. op die onderstaande skakel. Tafels, met 10 sitplekke per tafel, is beskikbaar teen R180, R200 en R250 per sitplek. Versnaperinge (platters) sal ook te koop aangebied word en kan ook aanlyn bespreek word wanneer u, u kaartjies bespreek. Vir u gerief sal die versnaperinge by u tafel bedien word. Meer inligting hieroor en die pryse sal so spoedig moontlik beskikbaar gestel word. U is ook welkom om u eie eet- en drinkgoed saam te bring en die aand saam met ons te geniet.

BESPREKINGS
 

HANDBOEK- EN SKRYFBEHOEFTEBESTELLINGS VIR 2022

Handboek- en skryfbehoeftebestellings vir 2022 kan nou geplaas word.

Die boekwinkel word vanaf Castle Walk Stationers@Ridge, Winkel 21, Shopping on Ridgeway, bedryf.

MEER INLIGTING WEBTUISTE-SKAKEL
 
 

ENGELS: GRAAD 4- TOT 7-LEERDERS

Spaar geld! Spaar papier! Hou asseblief jou woordeboek, lêers, gekleurde afskortings en die plastieksakkies vir Engels vir volgende jaar, sodat jy nie nuwes hoef te bestel nie.

Die tweedehandse boekwinkel benodig ook leesboeke. Stuur dus asseblief enige skoolleesboeke wat jy nie meer benodig nie, na die winkel.

 
 

TENNIS

Gewone tennisoefeninge sal voortgaan tot en met Maandag 29 November.

 
 

NASKOOLFASILITEIT

Midstream College Primêre Skool beskik oor ’n naskoolfasiliteit wat vanaf Maandag tot Vrydag van 13:15 – 17:30 bedryf word.

NASKOOLFOOIE VIR 2022
Die naskoolfooie ten opsigte van 2022 is R1 975.00 per maand per leerder.
Die naskoolgelde sal op u skoolrekening geplaas word en is oor elf maande betaalbaar.
’n Ad hoc-fooi van R198.00 per dag is betaalbaar, maar indien die leerder die naskool tien dae of meer sou bywoon, is die volle maandelikse fooi van R1 975.00 betaalbaar.

 
 

SANGLESSE

Wil u kind volgende jaar graag sanglesse neem? Adri Mocke het sedert 2007 verskeie wêreldkampioene sowel as Suid-Afrikaanse kampioene afgerig. In 2021 het sy 6 studente onder die top 10 van een van die grootste nasionale sangkompetisies gehad. Neem asseblief kennis van die volgende inligting indien u kind in 2022 met solo sanglesse wil begin:

Datum vir sangoudisies: 18 November 2021
Tyd: Vanaf 10:00
Plek: Musiekkamer 6

Stuur asseblief ʼn e-pos aan adri@dmusicstudio.co.za indien u belangstel.

 
 

OMGEKEERDE ADVENTKALENDER

DIE VREUGDE VAN GEE HOU BAIE LANGER AS DIE OPWINDING VAN ONTVANG.
“Nothing else in all life is such a maker of joy and cheer as the privilege of doing good.” – James Russell Miller

Volgens ons skooltradisie dra ons ons laaste uitreikprojek elke jaar aan ons wonderlike terreinpersoneel op. Ons Midstream-families skenk sekere items en ons verpak hulle in lieflike geskenkpakkies as Kersgeskenke vir ons werkers.

Almal geniet adventkalenders en kinders is mal daaroor om aan die begin van Desember een te ontvang. Dit maak hulle opgewonde oor Kersfees wat kom en elke verrassing wat hulle langs die pad oopmaak, is ʼn belofte van wat voorlê.

Geïnspireer deur hierdie idee om elke dag ʼn bietjie vreugde te ontvang, het ons die adventkalender omgekeer om liefs ʼn bietjie vreugde te GEE!

Die weke in November is in sekere kategorieë verdeel en elke dag het sy eie produk / item. U kan elke item op die relevante dag stuur óf as gesin deur die week die items bymekaarmaak en dit Vrydag skool toe bring. Trouens, u kan dit gerus doen, soos dit u gesin pas! Die idee is om saam as gesin pret te hê en om hierdie kalender te gebruik om u kinders te leer oor gee en om vreugde aan ander te bring.

Ons hoop dat u hierdie projek terdeë sal geniet!

Klik op die onderstaande skakel vir Midstream se Omgekeerde Adventkalender.

ADVENT KALENDER
 
 

GRACE ENSEMBLE (ACAPELLA GROEP) OUDISIES 2022

• Oudisies word op Woensdag 17 November in musiekklas nr. 6 gehou.
     Graad 4 en 5: 10:15 –11:15
     Graad 6: 11:15 – 12:00
     Graad 3: 12:00
• Geen ouers word tydens die oudisies in die lokaal toegelaat nie.
• As u kind klaar met sy/haar oudisie is, kan hul huis toe gaan.
• Uitslae sal via e-pos aan die ouers gestuur word.
• Tydens die oudisie sal daar van elke kandidaat verwag word om ’n liedjie acapella (sonder enige 
   begeleiding / agtergrondmusiek) van nie langer nie as een minuut, te sing.

 
 

MEDIASENTRUM

Alle uitstaande biblioteekboeke moet so gou as moontlik by die mediasentrum ingehandig word. Moedig asseblief u kind aan om verlore boeke te probeer opspoor, so word daar ’n kultuur van verantwoordelikheid en omgee jeens die boeke van die mediasentrum gekweek. Geen biblioteekboeke mag vir die Desembervakansie uitgeneem word nie.

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

TUCK IN
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643