Nuusbrief  37                                                            28 Oktober 2021

 
SPORT- EN KULTUURUITSLAE
 


“The more you are in a state of gratitude, the more you will attract things to be grateful for.” – Walt Disney

 
 

MIDSTREAM COLLEGE TRUST-KONSERT

Die drie Midstreamskole bied ’n konsert op Vrydag 12 November om 19:00 in die Midstream Ridgeteater aan, ten einde fondse vir die Midstream College Trust in te samel. Ivan Roux en Ruhan du Toit sal tydens die konsert optree. Kaartjies is beskikbaar, druk asb. op die onderstaande skakel. Tafels, met 10 sitplekke per tafel, is beskikbaar teen R180, R200 en R250 per sitplek. Versnaperinge (platters) sal ook te koop aangebied word en kan ook aanlyn bespreek word wanneer u, u kaartjies bespreek. Vir u gerief sal die versnaperinge by u tafel bedien word. Meer inligting hieroor en die pryse sal so spoedig moontlik beskikbaar gestel word. U is ook welkom om u eie eet- en drinkgoed saam te bring en die aand saam met ons te geniet.

BESPREKINGS
 

OMGEKEERDE ADVENTKALENDER

DIE VREUGDE VAN GEE HOU BAIE LANGER AS DIE OPWINDING VAN ONTVANG.
“Nothing else in all life is such a maker of joy and cheer as the privilege of doing good.” – James Russell Miller

Volgens ons skooltradisie dra ons ons laaste uitreikprojek elke jaar aan ons wonderlike terreinpersoneel op. Ons Midstream-families skenk sekere items en ons verpak hulle in lieflike geskenkpakkies as Kersgeskenke vir ons werkers.

Almal geniet adventkalenders en kinders is mal daaroor om aan die begin van Desember een te ontvang. Dit maak hulle opgewonde oor Kersfees wat kom en elke verrassing wat hulle langs die pad oopmaak, is ʼn belofte van wat voorlê.

Geïnspireer deur hierdie idee om elke dag ʼn bietjie vreugde te ontvang, het ons die adventkalender omgekeer om liefs ʼn bietjie vreugde te GEE!

Die weke in November is in sekere kategorieë verdeel en elke dag het sy eie produk / item. U kan elke item op die relevante dag stuur óf as gesin deur die week die items bymekaarmaak en dit Vrydag skool toe bring. Trouens, u kan dit gerus doen, soos dit u gesin pas! Die idee is om saam as gesin pret te hê en om hierdie kalender te gebruik om u kinders te leer oor gee en om vreugde aan ander te bring.

Ons hoop dat u hierdie projek terdeë sal geniet!

Klik op die onderstaande skakel vir Midstream se Omgekeerde Adventkalender.

ADVENT KALENDER
 
 

HANDBOEK- EN SKRYFBEHOEFTEBESTELLINGS VIR 2022

Handboek- en skryfbehoeftebestellings vir 2022 kan nou geplaas word.

Die boekwinkel word vanaf Castle Walk Stationers@Ridge, Winkel 21, Shopping on Ridgeway, bedryf.

MEER INLIGTING WEBTUISTE-SKAKEL
 
 

ENGELS: GRAAD 4- TOT 7-LEERDERS

Spaar geld! Spaar papier! Hou asseblief jou woordeboek, lêers, gekleurde afskortings en die plastieksakkies vir Engels vir volgende jaar, sodat jy nie nuwes hoef te bestel nie.

Die tweedehandse boekwinkel benodig ook leesboeke. Stuur dus asseblief enige skoolleesboeke wat jy nie meer benodig nie, na die winkel.

 
 

DIE UNIFORMWINKEL

Ons skooldrag kan by The Uniform Shop by Square@Midstream aangekoop word. Lizelle Green en die winkelassistente sal u behulpsaam wees met alles wat u kind benodig. Hiermee die winkeltye vir die res van hierdie jaar:

  Gedurende die week (Maandag tot Vrydag), behalwe waar anders aangedui: 07:00 tot 17:00.
  Die winkel sal vanaf 2 Desember 2021 tot 15 Desember 2021 vanaf 08:00 tot 16:00 oop wees.
  Die winkel sluit hierdie jaar op 15 Desember 2021 om 16:00 en heropen weer op 4 Januarie 2022 
      om 08:00. Die winkel sal van 4 Januarie tot 15 Januarie vanaf 08:00 tot 16:00 oop wees.
  Die winkel sal op 11 Januarie 2022 vanaf 08:00 tot 17:00 oop wees.

Ons moedig ouers aan om te probeer om teen 15 Desember hulle aankope te doen omrede die winkel in Januarie baie besig is.

Indien u hul wil kontak, besoek asseblief The Uniform Shop by die Square@Midstream.
Winkelnommer: 064 937 0551 / 012 944 7651 (Lizelle Green)
E-posadres: uniformsmidstream@gmail.com
Facebook: theuniformshopmidstream

 
 

GRACE ENSEMBLE (ACAPELLA GROEP) OUDISIES 2022

• Oudisies word op Woensdag 17 November in musiekklas nr. 6 gehou.
     Graad 4 en 5: 10:15 –11:15
     Graad 6: 11:15 – 12:00
     Graad 3: 12:00
• Geen ouers word tydens die oudisies in die lokaal toegelaat nie.
• As u kind klaar met sy/haar oudisie is, kan hul huis toe gaan.
• Uitslae sal via e-pos aan die ouers gestuur word.
• Tydens die oudisie sal daar van elke kandidaat verwag word om ’n liedjie acapella (sonder enige 
   begeleiding / agtergrondmusiek) van nie langer nie as een minuut, te sing.

 
 

SLUITKASSIES

Leerder moet asseblief teen Vrydag 5 November alles uit hul sluitkassies verwyder.

 
 

MEDIASENTRUM

Alle uitstaande biblioteekboeke moet so gou as moontlik by die mediasentrum ingehandig word. Moedig asseblief u kind aan om verlore boeke te probeer opspoor, so word daar ’n kultuur van verantwoordelikheid en omgee jeens die boeke van die mediasentrum gekweek. Geen biblioteekboeke mag vir die Desembervakansie uitgeneem word nie.

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

TUCK IN
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643