UIT DIE KANTOOR
“What if that One thing you're afraid of is the One thing you need, to get Your Big Breakthrough and Go to The Next Level?” ― Jeanette Coron
“Next level”: ons tema vir 2021, met ons leuse: “Excellence taken to the next level.”
Dit bly elke oggend vir my ’n blye gesig om al ons leerders by die skool te sien. Dit is nie net goed vir hulle akademie nie, maar dit is wonderlik vir hul emosionele welstand. Ek wil daarom ’n beroep op u doen, om u kind skool toe te stuur indien hul gesond is en nie by die huis te hou sonder ‘n baie goeie rede nie. Moet asseblief nie nou die geleentheid aangryp om ’n langnaweek te neem nie, dis vir ons belangrik dat ons leerders terugkom in roetine. Indien u kind weens ’n geldige rede wel tuis moet bly, kontak asseblief die betrokke onderwysers vir die nodige reëlings.
Baie geluk aan ons graad7-monitors wat Maandagoggend ingehuldig is. Dit was vir my ’n voorreg om Maandag – al was dit onder vreemde omstandighede - hulle balkies aan hul te oorhandig en ek is verseker trots op die ywer waarmee hulle, hulle take en dienspunte uitvoer. Ons wens ons monitors ‘n geseënde en voorspoedige graad 7 jaar toe.
|