UIT DIE KANTOOR
Dit was vir my so wonderlik om die leerders Maandagoggend by die skool terug te verwelkom. Hulle was gereed vir hul skoolwerk, toegerus met die nodige handboeke en skryfbehoeftes. Die opgewonde lag en gesels was heerlik om te hoor. Dit is verder verblydend dat slegs enkele leerders nog nie by ons aangesluit het nie.
Ek versoek graag ons ouers om sosiale distansiëring toe te pas by die hek en nie die vloei van leerders wat die skool verlaat, te bemoeilik nie.
Geseënd is die man wat op die Here vertrou en wie se vertroue die Here is. Jeremia 17:7
|