Nuusbrief  18                                                                   8 Junie 2023

 

UIT DIE KANTOOR

Die rugbyseisoen was 'n opwindende reis gevul met geesdrif op die veld. Ek wens elke rugbyspeler geluk met hul uithouvermoë, deursettingsvermoë, entoesiasme en gedrag. Tydens die oorgang van een seisoen na 'n ander, onthou ons die ongelooflike adrenalien-gevulde oomblikke wat die rugby en netbal ons die afgelope tyd verskaf het. Ek wens nou ons leerders 'n ongelooflike krieket- en hokkieseisoen, propvol onvergeetlike oomblikke, toe.

Die leerders se talente kom duidelik na vore tydens die kultuurfeesaktiwiteite. Baie dankie aan die leerders wat so pligsgetrou voorberei vir elke aktiwiteit waaraan hulle deelneem. Ons sien uit na die res van die kultuurfees.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir sportuitslae

Sportuitslae
 

YADAH - KOSPAK

Maak geleenthede om die Here te dien jou opgewonde?
Opwindende nuus!

Wat: KSM Kospak-geleentheid by ons skool!
Wie:
• Alle graad 5- tot graad 7-leerders
• Jonger maats is welkom as ouers hulle vergesel.
• Onderwysers en ouers wat wil kom help

Wanneer: 20 Julie van 14:00 – 17:00
Waar: Blok 1

Trek warm aan, bring jou gewillige hande en kom gee van jou tyd om hierdie winter gesinne in nood te help.

Vul asseblief die onderstaande Google-vorm in as jy gaan kom.

Googlevorm
 
 

STUDIEMETODEKURSUS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir meer inligting rakende ’n studiemetodekursus wat vir die Afrikaanssprekende graad 4- tot 7-leerders aangebied word.

Studiemetodekursus-inligting
 
 

VAKANSIESKLUB

’n Vakansieklub sal Maandag 26 Junie, Dinsdag 27 Junie, Woensdag 28 Junie, Donderdag 29 Junie vanaf 7:30 – 17:00 en Vrydag 30 Junie van 7:30 – 13:00 aangebied word. Alle Midstream College Primêre-leerders is welkom. Indien u belangstel, voltooi asseblief die onderstaande Googlevorm voor of op
18 Junie.

Inskrywing
 
 

KRIEKET

Die krieketoefeninge/-proewe begin amptelik vandag (Donderdag 8 Junie) vir al die o.10- tot o.13-seuns. Sien asb. al die belangrike inligting op die skool se webblad.

Al die ouderdomme se spanne sal teen Donderdag 15 Junie gefinaliseer wees sodat die nodige reëlings vir die toere en krieketweek wat voorlê, getref kan word.

Kriekettoere:
Kriekettoere vir die o.11A-, o.12A- en o.13A-spanne vind plaas te Camp Discovery vanaf 23 tot 26 Junie.
 
MCP Krieketweek:

Die MCP Krieketweek sal vanaf die 10 tot 15 Julie te Midstream College plaasvind.

o.9B – o.13B-spanne: 10 Julie tot 12 Julie
o.9A – o.13A-spanne: 13 Julie tot 15 Julie

Krieketinligting
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643