Sedert 2006

Search
Close this search box.

Menu

Krieket

Krieket

Hermann van Aswegen

Organiseerder
MCP-Cricket@midstreamcollege.co.za

Wikus Erasmus

Organiseerder
MCP-Cricket@midstreamcollege.co.za

Skedule

Inligting

Ons neem aan die A1 Groot Skole Liga deel. Skoolproewe vind aan die einde van die tweede kwartaal plaas. `n Krieketweek word in die Julievakansie gehou, waaraan al ons spanne deelneem. Dit dien as voorbereiding vir die liga wat in die derde kwartaal begin. Daar is 10 spanne (o.9A en B tot o.13A en B) wat aan die liga deelneem (20 beurt-wedstryde). Die o.11A- en o.13A-span neem aan `n dag-aand-liga deel, wat langer formaat wedstryde is (40 beurte).

Klub Krieket en Privaat Afrigting:

Die Nico Martin Krieket Akademie bied privaat afrigting in L.O periodes en na skool aan. Individuele, sowel as groepafrigting, vind reg deur die jaar plaas. Klub wedstryde word in die eerste en vierde kwartaal gespeel.

BevCric

Jaco Kruger

Organiseerder
MCP-Bevcric@midstreamcollege.co.z

Inligting

Die oefeninge word deur CBC-krieket onder leiding van Nico Martin behartig. Gedurende hierdie sessies word die spelers in spanverband afgerig, maar daar word ook op individuele vaardighede soos veldwerk, kolfwerk en boulwerk gekonsentreer. Dit is dus baie belangrik dat hierdie oefeninge getrou bygewoon moet word, aangesien ‘n span nie kan oefen as al die spelers nie teenwoordig is nie.