Nuusbrief  2                                                                20 Januarie 2022

 

UIT DIE KANTOOR

Happiness is found in the simplest of things.
Happiness is found in gratitude, in a kept promise,
in a good conversation, in love, in friendship,
in an achieved goal, in a fond memory;
in all the simplest magnificence of life.

– Steve Maraboli

Wat ‘n vreugde om weer ten volle die atletiek te kon geniet! Dit was heerlik om verlede week Vrydag die kinders se talent op die baan, saam met die ouers as toeskouers, te kon waardeer. Baie geluk aan elke deelnemer!

Dankie vir u teenwoordigheid by die oueraand gisteraand. Ons kon ongelukkig weens Covid-19-regulasies nie al ons ouers in die saal toespreek nie. Gelukkig kon u wel u kind se registeronderwyser van aangesig tot aangesig ontmoet. Dit is vir ons regtig belangrik dat die skool en die ouers hande vat om sodoende die beste opvoeding vir u kind te verseker.

 Ek wens u ‘n geseënde week toe.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums
 
 

MATRIEKUITSLAE

Ons deel weereens met groot opwinding ons hoërskool se matriekuitslae met u. Ons wens al die leerders, sowel as hulle ouers en onderwysers, opreg geluk. Dit is so ‘n plesier om deel te wees van ‘n skool wat op so ‘n hoë vlak presteer.

Matriekuitslae
 
 

SPELTOETSDATUMS

Hier volg die Engels en Afrikaanse speltoetsdatums vir die jaar om u beplanning te vergemaklik. Druk op die skakel vir die onderskeie datums.

Speltoetsdatums
 
 

KWARTAALTOETSDATUMS (GRAAD 4 - 7)

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die kwartaal toetsdatums.

Kwartaaltoetsdatums
 
 

SLUITKASSIES

Sluitkassies is in 2022 vir alle graad 4- tot 7-leerders wat aansoek doen, beskikbaar. Sodra al die sluitkassies toegeken is aan die graad 4- tot 7-leerders, sal graad 3-leerders ook die geleentheid kry om ’n sluitkassie te bekom. Die aansoek vir sluitkassies sluit op Vrydag 21 Januarie. Sluitkassies sal op Maandag 24 Januarie aan die leerders toegeken word. Gebruik die volgende skakels om aansoek te doen vir ’n sluitkassie:

Selfoon-sluitkassie Sluitkassie
 
 

SENIORKOOR OUDISIES

Dit verheug ons om u mee te deel dat ons senior koor op 8 Februarie sal begin oefen. Covid-19-protokol sal te alle tye gevolg word en ouers word verseker dat geen kinders in gevaar gestel sal word nie. Leerders wat in 2021 deel van die senior koor was, hoef egter nie ‘n oudisie by te woon nie – hulle sal eenvoudig vanaf 8 Februarie kooroefening bywoon.

Let asseblief op die volgende:
• Oudisies sal Dinsdag 25 Januarie en Dinsdag 1 Februarie vanaf 16:00 – 18:00 in mev. Badenhorst se klaskamer plaasvind en ons koorafrigter, mnr. Herman Steyn, sal die oudisies behartig.
• Ouers word versoek om die skakel te volg en die Google vorm in te vul indien u kind by die seniorkoor wil aansluit
• Leerders wat oudisies bywoon hoef nie ‘n spesifieke liedjie te leer of te oefen nie.
• Maskers moet te alle tye gedra word en sosiale distansiëring sal gehandhaaf word.
• Hierdie oudisies is slegs bedoel vir leerders wat nie gedurende 2021 deel van die senior koor was nie.
• Kooroefening sal Dinsdae vanaf 16:00 – 18:00 in die saal plaasvind.

Ons moedig kinders aan om vir die oudisies in te skryf en ons sien baie daarna uit om weereens pragtige koormusiek te maak. Indien u enige navrae i.v.m. die senior koor het is u welkom om mev. Deim of mev. Badenhorst by mandyd@midstreamcollege.co.za of mary-anneb@midstreamcollege.co.za te kontak.

Google vorm
 
 

MEDIASENTRUM DIENSURE:

Maandag tot Donderdag : 7:00 – 15:00
Vrydag: 7:00 – 14:00

 
 

WETENSKAP-HANDBOEKE

Soos in die verlede word die Wetenskap-handboeke (Wetenskap Ontleed) vir graad 4’s tot 7’s direk van die uitgewers deur die skool bestel om die middelman uit te skakel en kostes te verlaag. Dit is die skool se eie handboek en kan dus nie van ’n ander uitgewer bestel word nie. Gevolglik kon u nie hierdie handboek van MC Primary Bookshop bestel nie. ’n Bedrag van R230 vir ʼn Wetenskap-handboek sal aan die einde van Februarie 2022 van u rekening verhaal word.

 
 

TEGNOLOGIE

Die Tegnologie Departement verwelkom u terug en wens u ‘n suksesvolle 2022 toe.

Die handboek word self deur die skool verskaf en R100 sal aan die einde van Februarie van u skoolrekening verhaal word.

Ons sal elke kwartaal die bestellys en inligting vir die praktiese projekte aan u verskaf. Die items kan direk by Eventology bestel word of u kan dit elders koop. Die skool sal ongelukkig nie by hierdie proses betrokke wees nie.

Indien u by Eventology wil bestel, moet u die bestelling, betaling en oplaai daarvan self doen. Die skool administreer nie die proses nie. Onthou om slegs die items wat u benodig op die lys aan te dui. Eventology sal dan u bestelling pak en gereed kry om af te haal. Bestellings kan tot 'n week neem.

Volg die skakels hieronder vir die bestellys van elke graad.

GRAAD 4 GRAAD 5
 
 

JUNIOR KOOR (OPELA)

Is jou graad 1-, 2- of 3-kind lief vir sing? Almal is welkom om by die junior koor (Opela) aan te sluit, aangesien daar GEEN OUDISIES is nie.
 
Begindatum: 26 Januarie
Oefendag: Woensdag
Tyd: 14:00 – 15:00
Plek: Ouditorium

 
 

GHOLF 2022

Leerders wat op ‘n sinvolle wyse nege gaatjies op hul eie kan speel, is welkom om op Dinsdae by ons gholfspelers in te val. Spelers gaan op dié dae nege gaatjies onder toesig speel. Die reëling sal vanaf 1 Februarie tot 8 Maart geld. Spelers moet stiptelik om 14:00 by die gholfbaan aanmeld. Om by die Covid-19-regulasies te hou, moet ons weet hoeveel leeders van die geleentheid gebruik sal maak. Stuur asseblief vir mnr. Kotze ’n e-pos met u kind se naam, van en graad, indien u kind belangstel.
DIE SESSIES IS NIE VIR AFRIGTING NIE, maar om spelers wat reeds kan speel, die geleentheid te bied om te speel.

Vir verdere inligting kontak mnr. Kotze by (012) 661–0590 of e-pos u navrae na: schalkk@midstreamcollege.co.za. (Kostes: R60-00 per speler per middag.) Indien daar leerders is wat graag met gholf wil begin, of wat baie sukkel of lesse benodig, kan hulle by die gholf¬baan navraag doen met die oog op moontlike afrigting.

Kontakbesonderhede: Patrick: 082 992 1314 of per e-pos patrick@pobgolf.co.za
Christo Eagleton: 082 536 3354.

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643