Nuusbrief  1                                                               13 Januarie 2022

 

UIT DIE KANTOOR

’n Baie geseënde jaar aan al ons Midstream-gesinne. Mag 2022 ’n uitsonderlike jaar wees. Ek hoop dat u die feesseisoen geniet het en vernuwe voel om in die 2022-skooljaar hope potensiaal, sukses, geluk, betekenisvolheid en alles positief wat op u wag, met oorgawe te ontsluit…

Ek wil graag die wyse woorde van die digter Cleo V. Swarat in die gedig Unity met u deel.

I dreamed I stood in a studio
And watched two sculptors there,
The clay they used was a young child’s mind
And they fashioned it with care.

One was a teacher:
the tools she used were books and music and art;
One was a parent
With a guiding hand and gentle loving heart.

And when at last their work was done,
They were proud of what they had wrought.
For the things they had worked into the child
Could never be sold or bought!

And each agreed she would have failed
if she had worked alone.
For behind the parent stood the school,
and behind the teacher stood the home!

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums
 
 

OUERINLIGTINGSAAND

Die ouerinligtingsaand vind op Woensdag 19 Januarie om 18:30 plaas. Ouers moet asseblief direk na die leerders se registerklas gaan, waar nodige inligting met u gedeel sal word.

 
 

SKOOLURE

Skoolure is soos volg:
Graad 1 en 2: 07:45 – 13:15
Graad 3 – 7: 07:45 – 13:45.

 
 

KALENDER 2022

Die kalender is op die Ouerpoort beskikbaar.
• Log in op die Ouerpoort.
• Druk op die “students tab”.
• Klik op u kind se foto.
• Klik op Event Calendar.

Ouerpoort
 
 

INTERHUIS ATLETIEKBYEENKOMS 2022

Die Interhuis atletiekbyeenkoms vir 2022 sal Vrydag 14 Januarie vanaf 08:30 plaasvind. U kind is baie welkom om aan die onderskeie items deel te neem, selfs al het u die afsnydatum gemis en u kind nie ingeskryf nie.

Elke kind moet asb ‘n hoed dra en gereeld sonblok smeer tydens die atletiekbyeenkoms.

Ouers is welkom om as toeskouers die byeenkoms by te woon, aangesien dit ‘n georganiseerde geleentheid is. Vul asseblief die google vorm in, indien u belangstel om Vrydag te kom.

Toegang tot die skool kan tot en met 8:30 deur hek 3 verkry word, daarna sal toegang slegs by hek 4 (by die kantoor) moontlik wees. Wanneer u die skoolgronde betree, sal u hande gesaniteer word, u temperatuur geneem word en u moet asseblief die register teken.

Google vorm Program
 
 

ATLETIEKINLIGTING

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir meer inligting rondom atletiekoefening en ander atletiekinligting.

Met die atletiekseisoen wat vinnig nader beweeg, wil ons graag ’n paar reëlings onder u aandag bring wat ons ingestel het om kommunikasie tussen die skool en u as ouers meer doeltreffend te maak.

Ons gaan drie WhatsApp-groepe skep waarby ouers kan aansluit waarop al die inligting met u gedeel sal word. Hierdie groepe is vir spesifieke grade geskep en ons versoek dat u slegs aansluit by die groep wat op u kind van toepassing is. Hierdie jaar gaan ons nie enige gedrukte kopieë van briewe uitdeel aan die atlete wat die span gehaal het nie. Ons het die briewe met die volgende prosedures vervang.

• Inligting rakende die week se atletiekbyeenkoms sal op die WhatsApp-groep geplaas word.
• Die spanlys vir die byeenkoms sal op die WhatsApp-groep geplaas word.
• Die program vir die byeenkoms sal op die WhatsApp-groep geplaas word.

Elke ouer sal dan kan sien aan watter items hul kind deelneem en hoe laat die items sal plaasvind. Ons hoop dat hierdie stappe sal help om die kommunikasie tussen die skool en ouers te verbeter.

Hieronder is die skakels:

Meer inligting
Graad 1-3 Graad 4-5 Graad 6-7
 
 

SLUITKASSIES

 Sluitkassies is in 2022 vir alle graad 4- tot 7-leerders wat aansoek doen, beskikbaar. Sodra al die sluitkassies toegeken is aan die graad 4- tot 7-leerders, sal graad 3-leerders ook die geleentheid kry om ’n sluitkassie te bekom. Die aansoek vir sluitkassies sluit op Vrydag 21 Januarie. Sluitkassies sal op Maandag 24 Januarie aan die leerders toegeken word. Gebruik die volgende skakels om aansoek te doen vir ’n sluitkassie:

Selfoon-sluitkassie Sluitkassie
 
 

AFRIKAANSREDENAARS

ATKV-Redenaarstemas vir 2022 is:
Graad 2 – 3: Ore, Groei, Storie
Graad 4 – 5: Boeke, Patrone, Groen
Graad 6 – 7: Humor, Digitaal, Applous.

VOLLEDIGE INLIGTING SAL BY DIE SKOOL AAN BELANGSTELLENDE LEERDERS UITGEDEEL WORD.
 
Vir meer inligting, kontak gerus vir Nicoline Wildenboer: nicolinew@midstreamcollege.co.za.

 
 

STRYDOM DRAMASTUDIOS

Afrikaansdramaklasse sal weereens in 2022 deur Strydom Dramastudios by die skool aangebied word.

Vir meer inligting, kontak gerus vir At Strydom: atterjas@iafrica.com / 082 450 5887, of Nicoline Wildenboer: nicolinew@midstreamcollege.co.za.

 
 

JUNIOR REVUE

.Die junior revue oudisies sal Dinsdag 18 Januarie vanaf 14:00 tot 16:00 vir graad 2-leerders en Woensdag 19 Januarie vanaf 14:00 tot 16:00 vir graad 3-leerders plaasvind. U kind sal ’n dans moet leer voordat hy/sy die oudisie bywoon. Volg asseblief die onderstaande skakel om die danstutoriaal te sien. Dit is die dans wat hulle tydens die oudisie sal moet kan doen.

Ongelukkig sal geen ouers gedurende hierdie tye op die skoolterrein toegelaat word nie.

Danstutoriaal Oudisie bespreking
 
 

SENIOR REVUE

Die senior revue oudisies sal Maandag 17 Januarie vir graad 6- en 7-leerders plaasvind en Woensdag 19 Januarie vir graad 4- en 5-leerders.

ALLE leerders wat die oudisies wil bywoon moet ’n tydgleuf vir hul oudisie bespreek. Klik asseblief op die onderstaande skakel om ’n tydgleuf te bespreek.

Besprekings moet teen 14:00 Maandag 17 Januarie gemaak word.

U kind sal ’n dans moet leer voordat hy/sy die oudisie bywoon. Volg asseblief die onderstaande skakel om die danstutoriaal te sien. Dit is die dans wat hulle tydens die oudisie sal moet kan doen.

Ongelukkig sal geen ouers gedurende hierdie tye op die skoolterrein toegelaat word nie.

Danstutoriaal Besprekings
 
 

COVID

Volgens aanduiding is die Omikron-variant tans besig om homself uit te woed hier in Gauteng en dit blyk ook in die res van die land so te wees. Almal het gehoop dat die SARS-CoV-2-virus iets van die verlede gaan wees in die nuwe jaar, maar dit is ongelukkig nie die geval nie. Ek is seker u is deeglik bewus van al die kenmerke van die variant, maar ek wil graag een van die belangrikstes uitlig omdat dit die skool direk raak. Die virus is hoogs oordraagbaar en mense steek baie maklik by mekaar aan. Dit is daarom belangrik dat die dra van maskers steeds streng toegepas moet word. Alle ander stappe soos die was en sanitering van hande, genoeg ventilasie in klaskamers, huise en motors en fisiese distansiëring (veral tydens pouses wanneer geëet word), bly belangrike stappe om te probeer verhoed dat mense aansteek. Klasse sal steeds daagliks gesaniteer word en daar word van afskortings tussen leerders op die banke gebruik gemaak.

Die basiese beginsels geld steeds:
- Moet asseblief nie u kind wat hoes en nies en siek voel, skool toe stuur nie.

- Indien ’n leerder in hoë-risiko kontak was met ’n persoon wat positief getoets het vir die virus, moet hy/sy steeds kwarantyn vir nege (9) dae en kan op die tiende (10de) dag terugkeer skool toe indien geen simptome ervaar word nie.

- Op 23 Desember 2021 het die Departement van Gesondheid die kontakopsporing gestaak en die tydperke rondom isolasie en kwarantyn aangepas en gestaak, maar op 28 Desember 2021 is hierdie verklaring weer teruggetrek en tans geld die tydperke soos deur die NICD (Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes) ingestel, steeds. Die regering is tans in konsultasie met medici en ander betrokke partye en daar sal heel moontlik binnekort weer ’n aanpassing aan hierdie regulasies en protokolle gemaak word.

- Sou ’n leerder self positief toets, moet u dadelik die skool in kennis stel en stuur asseblief ’n e-pos aan yvonnem@midstreamcollege.co.za (die verpleegsuster by die skool) met die bewys van die positiewe toetsuitslag. Alle gevalle van leerders wat positief toets moet aan die Departement van Onderwys gerapporteer word. Die leerder moet isoleer vanaf die eerste dag van simptome vir tien (10) dae. Raadpleeg asseblief u huisdokter indien u onseker is. Dit is nie nodig om ’n negatiewe toetsuitslag te toon voor ’n leerder mag terugkeer skool toe nie.

- U kan ook die betrokke registeronderwyser en me. Marita Havenga by maritah@midstreamcollege.co.za kontak oor die aanlynklasse wat beskikbaar is.

- Hier volg ’n paar riglyne rakende maskers:
Maskers wat voldoen aan die voorgeskrewe vereistes en reg gedra word is een van die kritieke stappe om die verspreiding van die Coronavirus te verminder.

Let op die volgende riglyne.
Materiaal maskers moet:
- Veelvuldige (3) lae hê.
- Toutjies hê wat gemaklik, maar styf genoeg om die ore of agter die kop en nek pas.
- ELKE DAG GEWAS WORD.

 Mediese/sjirurgiese wegdoenbare maskers moet:
- Veelvuldige (3) lae hê.
- Rekkies hê wat gemaklik sit, maar styf genoeg om die ore pas.
- ELKE DAG VERVANG WORD.

Alle maskers moet:
- Groot genoeg wees om die neus en mond heeltemal te bedek.
- Goed pas op die gesig en nie los oor die wange hang nie.
- Hoofsaaklik hanteer word aan die rekkies en nie aan die oppervlak nie.
- Te alle tye by die skool gedra word.

STUUR ASSEBLIEF ELKE DAG ’N EKSTRA MASKER SAAM SKOOL TOE. RESPEKTEER MEKAAR.
‘JY HOU MY GESOND – EK HOU JOU GESOND.’

 
 

JUNIOR KOOR (OPELA)

Is jou graad 1-, 2- of 3-kind lief vir sing? Almal is welkom om by die junior koor (Opela) aan te sluit, aangesien daar GEEN OUDISIES is nie.
 
Begindatum: 26 Januarie
Oefendag: Woensdag
Tyd: 14:00 – 15:00
Plek: Ouditorium

 
 

SKAAK

Ons nooi alle skaakspelers om elke Dinsdag vanaf 18 Januarie by ons skaakoefeninge aan te sluit. Almal is welkom om aan te sluit, ongeag hulle vaardigheidsvlak.

Die oefentye vir die verskillende grade is soos volg:
Graad 1 + 2: 13:30 – 14:00
Graad 3 + 4: 14:00 – 15:00
Graad 5, 6 + 7: 15:00 – 16:00.

 
 

TENNIS 2022

Skooltennislesse vir graad 2 – 7 neem vanaf Vrydag 14 Januarie ’n aanvang. Belangstellende graad 1-leerders is welkom om vanaf Maandag 24 Januarie aan te sluit.

Vind asseblief die volledige oefenskedule op die skool se webtuiste.

Vir meer inligting, kontak gerus vir Nicoline Wildenboer: nicolinew@midstreamcollege.co.za

 
 

MIDSTREAM COLLEGE MUSIEKATELJEE

Talentvolle, professionele musikante bied musieklesse in sang, kitaar, dromme en klassieke instrumente by Midstream College Musiekateljee aan. Elke student ontvang 30 lesse per jaar, op weeksdae gedurende skooltermyne. Die lesse duur 30 minute elk en studente kry een les per week. Musieklesse geskied in skooltyd gedurende die volgende nie-akademiese periodes: LO, musiek en kuns. Reëlings vir middaglesse moet met die spesifieke onderwyser getref word.

Musiekateljee-lesse is hoog in aanvraag en ’n beperkte hoeveelheid plek is beskikbaar. Indien u belangstel om u kind vir lesse vir 2022 in te skryf, kontak asseblief vir Wendy Nieuwoudt  (wendyn@midstreamcollege.co.za).

 
 

STUDIEMETODES

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir meer inligting rakende ’n studiemetodekursus wat vir die Afrikaanssprekende graad 4- tot 7-leerders aangebied word.

Studiemetodes
 
 

KLUBKRIEKET

Nico Martin Krieket Akademie is betrokke by ons met privaat afrigting in L.O periodes en na skool. Individuele, asook groepsafrigting kan plaasvind.

Vir meer inligting kontak Nico Martin by 082 978 2786.

Kluboefentye:
Maandae: 14:00 tot 15:30 o.9`s
Dinsdae 16:30 tot 17:30 Graad R, 1 en 2, nuwe spelers
Woensdae: 14:00 tot 15:30 o.11`s
Vrydae: 14:00 tot 15:30 o.13`s

Wedstryde begin Saterdag 29 Januarie en die laaste wedstryde vind Saterdag 19 Maart plaas.

 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643