Nuusbrief  41                                                          25 November 2021

 

UIT DIE KANTOOR

True success is not about certificates and badges. Success is where preparation and opportunity meet. Your positive action combined with positive thinking results in success.” –Shiv Khera

If the exam and assessments were a mountain, we could say “the climb was tough, but the view from the top is worth it.” – Iamfearlesssoul.


Seuns en dogters, geniet die uitsig van bo na al julle harde werk! Droom dit. Wens dit. Doen dit.

Ons kan almal met die liedjie The Final Countdown identifiseer. Ons begin altyd die dae voor spesiale geleenthede soos verjaarsdae, vakansies en Kersfees aftel.

Dit is dan ook tyd om afskeid te neem van ons graad 7-leerders. Mag jul hoërskool loopbaan voorspoedig en geseënd wees. Ons sien daarna uit om in die maande en jare wat voorlê van julle suksesse te hoor.

Met een loopbaan wat einde se kant toe staan, begin ‘n ander loopbaan weer. Midstream College Primêre Skool wil graag vir me. Mabu Madia vir haar wonderlike bydrae tot Sepedi by ons skool bedank. Ons wens jou alles van die beste toe in jou nuwe skool en vir jou toekomsplanne.

Ons wens al ons Midstream-gesinne ‘n rustige familieteyd en sielsverrykende feesseisoen toe. Gods rykste seën en oorvloedige voorspoed word u toegewens.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums
 
 

SKOOLBYWONING

Neem kennis dat die skool daagliks om 12:00 sluit, behalwe op Woensdag 1 Desember sluit die skool om 10:00.
Sien asseblief die belangrike datums vir aktiwiteite wat nog in dié jaar en begin volgende jaar sal plaasvind.

 
 

RAPPORTE

Neem asseblief kennis dat rapporte elektronies op die Ouerpoort op 1 Desember beskikbaar sal wees.

 
 

WATERKASKENADES

Ons sien baie uit na die waterkaskenades wat op 29 November plaasvind. Hiermee die nodige inligting rakende hierdie prettige dag:
• Gedurende skooltyd
• Skool verdaag om 12:00

KLEREDRAG SEUNS
• LO-broekie
• LO-hemp
• (Hemp opsioneel)

DOGTERS
• Skoolswembroek of 1-stuk swembroek
• LO-klere

 Bring jou eie handdoek!
 Smeer sonblok goed aan voordat jy skool toe kom en smeer gereeld weer sonblok deur die dag aan!
 Onthou jou skoolhoed!

 
 

KALENDER 2022

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir Januarie se kalender, enige veranderinge sal in die nuusbrief aan u deurgegee word. Die res van die jaar se kalender sal vroeg volgende jaar op die ouerpoort beskikbaar wees.

Januarie 2022
 
 

2022 SWEM

Die o.8-swemmers van 2022 (Graad 1’s 2021)
U kind kan vanaf o.8 deel van die skool se swemspan wees. Indien u kind een of meer van die volgende slae met gemak en ononderbroke oor ’n afstand van 25 m, kan swem, is hy/sy welkom om vir die swemproewe aan te meld.

• Vryslag
• Borsslag
• Rugslag

Swemproewe 2022 (o.8 – o.13)

Die swemproewe vind by die skoolswembad plaas. Swemmers moet slegs een van die onderstaande sessies bywoon, maar moet vir die hele sessie beskikbaar wees.

Dinsdag 11 Januarie 14:00 – 15:00
Woensdag 12 Januarie 14:00 – 15:00
Donderdag 13 Januarie 14:00 – 15:00

Swemoefening 2022

Daar sal ‘n 5-dag swemprogram vanaf 4 – 7 Januarie en 10 Januarie, vanaf 09:00 – 10:00 by Midstream College se swembad, wees. Hierdie swemprogram is vir die swemmers wat in 2021 deel van die swemoefengroep was. Hierdie oefening is belangrik om fiksheid te bevorder met die oog op die proewe en galas.

Die gewone swemoefening (o.8 – o.13) sal dan Maandag 17 Januarie begin. Die dae en tye is as volg:

Maandae
o.8 13:30 – 14:00
o.9 – o.13: 14:00 – 15:00
Dinsdae
o.8: 13:30 – 14:00
o.9 – o.13: 14:00 – 15:00
Woensdae
o.8: 13:30 –14:00
o.9 – o.13: 14:00 – 15:00  
Donderdae
o.8: 13:30 – 14:00
o.9 – o.13: 14:00 – 15:00

Swemmers moet ten minste twee van die bogenoemde swemoefeninge bywoon, waarvan een op ’n Maandag of Dinsdag moet wees. Swemmers moet asseblief die oefendae en -tye in ag neem, wanneer ander aktiwiteite beplan word.

 
 

INTERHUIS ATLETIEKBYEENKOMS 2022

Die Interhuis atletiekbyeenkoms vir 2022 sal Vrydag 14 Januarie 2022 plaasvind. Atlete wat graag aan die Interhuis byeenkoms wil deelneem moet op die volgende Google Forms skakel klik om te registreer

Atlete sal die geleentheid kry om tot 12 Januarie 2022 om 08:00 te registreer. Atlete is welkom om tydens die Interhuis atletiekbyeenkoms aan soveel atletiekitems deel te neem as wat hulle wil.

Graad 1-leerders vir 2022 sal nie die Google Forms skakel gebruik nie aangesien hulle hul eie graad 1-atletiekdag op 13 Januarie sal hê. (Alle graad 1’s sal deelneem.) Die 16 vinnigste atlete tydens die uitdunne van Donderdag 13 Januarie 2022, sal verder vorder na die Huissport, wat op Vrydag 14 Januarie 2022, by Midstream College plaasvind. Hierdie atlete sal ‘n brief ontvang om hulle in kennis te stel.

Kyk asseblief vroeg in 2022 op die webblad vir meer inligting rondom atletiekoefening en ander inligting.

REGISTREER
 
 

HANDBOEK- EN SKRYFBEHOEFTEBESTELLINGS VIR 2022

Handboek- en skryfbehoeftebestellings vir 2022 kan nou geplaas word.

Die boekwinkel word vanaf Castle Walk Stationers@Ridge, Winkel 21, Shopping on Ridgeway, bedryf.

MEER INLIGTING WEBTUISTE-SKAKEL
 
 

ENGELS: GRAAD 4- TOT 7-LEERDERS

Spaar geld! Spaar papier! Hou asseblief jou woordeboek, lêers, gekleurde afskortings en die plastieksakkies vir Engels vir volgende jaar, sodat jy nie nuwes hoef te bestel nie.

 
 

DIE UNIFORM WINKELURE

Hiermee die winkeltye vir die res van hierdie jaar:

 Gedurende die week (Maandag tot Vrydag), behalwe waar anders aangedui: 07:00 tot 17:00.
 Die winkel sal vanaf 2 Desember 2021 tot 15 Desember 2021 vanaf 08:00 tot 16:00 oop wees.
 Die winkel sluit hierdie jaar op 15 Desember 2021 om 16:00 en heropen weer op 4 Januarie 2022 om 
     08:00. Die winkel sal van 4 Januarie tot 15 Januarie vanaf 08:00 tot 16:00 oop wees.
 Die winkel sal op 11 Januarie 2022 vanaf 08:00 tot 17:00 oop wees.

 
 

MIDSTREAM COLLEGE MUSIEKATELJEE

Talentvolle, professionele musikante bied musieklesse in sang, kitaar, dromme en klassieke instrumente by Midstream College Musiekateljee aan. Elke student ontvang 30 lesse per jaar, op weeksdae gedurende skooltermyne. Die lesse duur 30 minute elk en studente kry een les per week.

Musieklesse geskied in skooltyd gedurende die volgende nie-akademiese periodes: LO, musiek en kuns. Reëlings vir middaglesse moet met die spesifieke onderwyser getref word. Musiekateljee-lesse is hoog in aanvraag en ’n beperkte hoeveelheid plek is beskikbaar. Indien u belangstel om u kind vir lesse vir 2022 in te skryf, kontak asseblief vir Wendy Nieuwoudt (wendyn@midstreamcollege.co.za).

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

TUCK IN
 

PONIEKAMP

Die vakansieseisoen is om die draai en ons het nog ’n wonderlike poniekamp beplan vir Desember 2021!

Ons Desember Poniekamp sal vanaf 6 – 17 Desember 2021 vir half- en voldagkampeerders plaasvind! Tien dae van absolute, ongelooflike pret!

Perdry is ’n wonderlike aktiwiteit wat selfbeeld ontwikkel en goeie balans, koördinasie en korrekte postuur bevorder.

INLIGTING
 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643