Nuusbrief  36                                                            21 Oktober 2021

 
SPORT- EN KULTUURUITSLAE
 

UIT DIE KANTOOR

Kennis word gedefinieer as die inligting oor en die verstaan van ‘n onderwerp (of vak) deur ervaring of studie. Mag die komende eksamen alle graad 4- tot 7-leerders aanspoor om kundiges te word! “Kennis het ‘n begin, maar geen einde nie.” – Geeta Iyengar.

Ons weet dat elkeen van ons leerders baie hard leer en altyd hulle beste gee. Ons hoop dat hulle die plesier van leer sal ervaar, asook die vreugde daarvan om hulle kennis weer te gee.

Baie sterkte met die voorbereiding vir die eksamen. Ek sien uit daarna om die vrugte van julle harde werk te sien!

 
 

EKSAMEN

Tydens die eksamen sal graad 4- tot 7-leerders na die eksamensessie toegelaat word om 10:00 huis toe te gaan. Daar sal wel ‘n studiesessie beskikbaar wees tot 12:00 vir leerders wat nie huis toe kan gaan nie.

Ons weet dat sommige leerders gewone skoolure hier moet bly a.g.v. die ouers se werksomstandighede. Ons akkommodeer hulle graag in die wagklas.

Voltooi asseblief die Googlevorm teen Donderdag 4 November indien u kind van die studiesessie en/of wagklas gebruik sal maak

GOOGLEVORM EKSAMENROOSTER
 

HANDBOEK- EN SKRYFBEHOEFTEBESTELLINGS VIR 2022

Handboek- en skryfbehoeftebestellings vir 2022 kan nou geplaas word.

Die boekwinkel word vanaf Castle Walk Stationers@Ridge, Winkel 21, Shopping on Ridgeway, bedryf.

MEER INLIGTING WEBTUISTE-SKAKEL
 
 

ENGELS: GRAAD 4- TOT 7-LEERDERS

Spaar geld! Spaar papier! Hou asseblief jou woordeboek, lêers, gekleurde afskortings en die plastieksakkies vir Engels vir volgende jaar, sodat jy nie nuwes hoef te bestel nie.

Die tweedehandse boekwinkel benodig ook leesboeke. Stuur dus asseblief enige skoolleesboeke wat jy nie meer benodig nie, na die winkel.

 
 

KIDS CELEBRATION

Druk asseblief op die skakel hieronder vir meer inligting, asook om in te skryf:

MEER INLIGTING
EN INSKRYWINGS
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

TUCK IN
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643