Nuusbrief  35                                                            14 Oktober 2021

 
SPORT- EN KULTUURUITSLAE
 

UIT DIE KANTOOR

Welkom terug aan al ons ouers en leerders.

Ons vertrou dat elke gesin ‘n heerlike vakansie gehad het, goed uitgerus is en nou gereed is om dié bul van ‘n kwartaal by die horings te pak. Ek wil graag die onderstaande spreekwoord, wat ek tydens die vakansie gelees het en so toepaslik vind, met u deel: “And when the wind did not blow her way. She adjusted her sails.” Elizabeth Edwards

Daar is min skooldae oor vir hierdie jaar. Geniet elke dag, werk hard aan jul eksamenvoorbereiding en onthou waar jou krag vandaan kom. Mag elke dag geseënd wees.

 
 

VIRTUELE OUERMIDDAG

Die ouermiddag vind op Maandag 18 Oktober via Zoom-sessies plaas. Afsprake moet asseblief op die Ouerpoort gemaak word. Geen e-posse word aanvaar nie. Die Ouerpoort sal vanaf Donderdag 14 Oktober om 14:00 tot 18 Oktober om 12:00 oop wees. Geen afsprake kan dus later as 12:00 op Maandag 18 Oktober gemaak word nie.

Teken aan op die Ouerpoort met u “Parent ID” (kode begin met die waarde 3) en wagwoord.
Druk op die “Student tab”.
Druk op die leerder se foto.
Druk op die “Parent/Teacher Appointments”.
Kies ’n onderwyser.
Druk op ’n tydsgleuf.

U sal vir elke afspraak wat gemaak word, ’n e-pos ter bevestiging ontvang, wat dan ook die Zoom-skakel vir daardie spesifieke afspraak sal insluit.(kyk asseblief ook in u "Junk mail folder", aangesien dit partykeer daar opeindig).

 

TENNIS

Die o.13 A-seunsspan wat die A-afdeling by die Inter Africa Truida Kestell-toernooi gewen het, verteenwoordig Gauteng tydens die Nasionale Finale Rondte van die BNP Paribas Rising Star Skole Spankampioenskappe, by die Arthur Ashe Tennissentrum in Soweto, vanaf 22 tot 24 Oktober. Baie sterkte aan Jayden Summers, Malan van den Berg, Pierre de la Port en Beyers Pretorius!

 
 

AFRIKAANSREDENAARS

Baie sterkte aan Lukas Combrinck wat op Donderdag 14 Oktober, aan die landswye finale rondte van die Oppie Tong Af Redenaarskompetisie deelneem.

 
 

SKOOL-TENNISLESSE VIR DIE RES VAN DIE SKOOLJAAR

Die jaarlikse skool tenniskampioenskappe vind vanaf 15 Oktober tot 8 November op Maandae en Vrydae plaas. Daar sal dus nie gewone oefening vir graad 2 tot 7 gedurende hierdie tyd plaasvind nie. Gewone tennisoefening vir graad 2 tot 7, vind gedurende hierdie tyd steeds op Woensdae vanaf 14:00 tot 15:00 plaas. Vanaf Woensdag 10 November tot Maandag 29 November word alle gewone oefeninge weer op Maandae, Woensdae en Vrydae hervat. Graad 1-oefeninge word nie deur bogenoemde reëling geaffekteer nie.

 

ALGEMENE TENNISREËLINGS

Indien daar enige ouer van ’n huidige graad 1- tot 7-tennisspeler is, wat by die Algemene Tennis-Whatsappgroep vir ouers wil aansluit, kontak gerus vir Nicoline Wildenboer (082 486 1950). Algemene inligting, reëlings en uitslae word daarop deurgegee.

 
 

KRIEKET

Baie geluk aan die volgende seuns wat gekies is om aan die finale ronde van die Northerns Krieketproewe deel te neem, wat vanaf 23 tot 24 Oktober by Midstream College sal plaasvind. Ons wens hierdie spelers sterkte toe met hul wedstryde wat voorlê.
James Peattie
JP Botha
Christian Kind
Thobani Matunda
Jaydon Knott-Craig
Rikus Cilliers

 
 

PRESTIGE 4-ATLETIEKBYEENKOMSTE

Die P4-atletiekbyeenkomste sal op die volgende datums plaasvind:
18 Oktober @ Tygerpoort (Juniorbyeenkoms)
19 Oktober @ Hoërskool Menlopark (Seniorbyeenkoms)
25 Oktober @ Midstream College (Juniorbyeenkoms)
26 Oktober @ Hoërskool Menlopark (Seniorbyeenkoms).

Vind asseblief die nodige inligting in die e-pos wat gister uitgestuur is.

 
 

KIDS CELEBRATION

Druk asseblief op die skakel hieronder vir meer inligting, asook om in te skryf:

MEER INLIGTING
EN INSKRYWINGS
 
 

TINA COWLEY

Die program fokus op leesvaardighede soos begripslees en spoedverbetering om leerders te help met leer en die beantwoording van vraestelle, vaardighede wat hulle vir die res van hul lewens sal benodig. Klik op die onderstaande skakel vir meer inligting.

MEER INLIGTING
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

TUCK IN
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643