Nuusbrief  34                                                            23 September 2021

 
UITSLAE
 

UIT DIE KANTOOR

Om vordering te maak en sukses te bereik, is rus soms die belangrikste stap om volgende te neem. Ons leerders het ‘n uitdagende kwartaal agter die rug. Alhoewel ons almal die aanvang van buitemuurse aktiwiteite met dankbaarheid terugverwelkom het en elke aspek van hierdie kwartaal met ywer aangepak het, is dit nou tyd om bietjie tot stilstand te kom. Neem ‘n oomblik om stil te raak, verfris en vernuwe julself, jul liggaam en gees. Eet goed, rus, oefen en maak tyd om dankbaar te wees vir elke seëning.

Baie dankie aan elke onderwyser en leerder wat hierdie kwartaal so hard gewerk het. Julle verdien ‘n ruskans. Ek wens ons leerders, ouers en onderwysers ’n heerlike en kalm vakansie toe. Pas julself asseblief op.

 
 

HOOFLEIERS

Baie geluk aan die volgende leerders wat as ons hoofleiers aangekondig is:
Hoofdogter: Mari Roos
Hoofseun: Aleksey Gordon
Onderhoofdogters: Kashvi Chathury en Emma Steyn
Onderhoofseuns: Paul Loubser en James Peattie.

 

SKOOLFOOIE VIR 2022

Ons deel u graag mee dat die Bondev-direkteure die verhoging van die skoolfooie met slegs 5% vir
graad 4- tot 7-leerders verhoog het en daar is ’n 0%-verhoging vir die graad 1- tot 3-leerders.

Skoolfooie vir 2022 is as volg:

Graad 1-leerders beloop R64 470.00 per jaar of R5 861.00 per maand vir elf maande.

Graad 2-leerders beloop R64 470.00 per jaar of R6 447.00 per maand vir tien maande.

Graad 3-leerders beloop R67 050.00 per jaar of R6 705.00 per maand vir tien maande.

Graad 4- tot 7-leerders beloop R70 402.50 per jaar of R7 040.25 per maand vir tien maande.

Ons herinner u daaraan dat indien ’n leerder die skool sou verlaat die deposito slegs terugbetaalbaar is, indien u een kwartaal skriftelik kennis gegee het.

 
 

FINALE FOTODAG 12 OKTOBER

Ons finale fotodag vir individuele foto’s en boetie-en-sussiefoto’s (van laerskoolleerders) sal Dinsdag
12 Oktober plaasvind. Slegs individuele foto’s sal van ons leerders wat nie die eerste twee fotodae kon bywoon nie, geneem word. Die foto’s sal in someruniform en kleurbaadjie geneem word, geen winteruniforms nie. Stuur asseblief vir u kind se registeronderwyser ʼn boodskap indien u kind se foto op 12 Oktober geneem moet word. Dieselfde reëling geld vir boetie-en-sussiefoto’s van laerskoolleerders.

 
 

RAPPORTE

Neem asseblief kennis dat u kind ’n uitkomsgebaseerde punt vir Sepedi vir die kwartaal, sal ontvang. Die punt word glad nie in berekening gebring ten opsigte van die finale gemiddeld op die rapport nie.

Uitkomsgebaseerde punteskaal is as volg:
90-100%: 7 – Uitmuntende prestasie
  80-89%: 6 – Verdienstelike prestasie
  70-79%: 5 – Bevredigende prestasie
  60-69%: 4 – Voldoende prestasie
  50-59%: 3 – Matige prestasie
  40-49%: 2 – Basiese prestasie 
    0-39%: 1 – Ontoereikende prestasie

Die rapporte sal vandag vanaf 12:00 op die Ouerpoort beskikbaar wees.

 

OUERMIDDAG

Neem kennis dat die laaste ouermiddag vir die jaar op Maandag 18 Oktober sal plaasvind. Meer inligting sal in volgende kwartaal se eerste nuusbrief gegee word.

 
 

BYBELGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA

Ons bedank elke leerder wat die Bybelrolletjie teruggebring het. U onbaatsugtige bydrae help verseker dat ’n hele paar van die 2 miljoen Bybels wat die Bybelgenootskap in Suid-Afrika wil versprei aan mense, beskikbaar gestel word en die saadjie van hoop so versprei.

 
 

GHOLF

Baie geluk aan die volgende seuns met hulle insluiting in die skool se gholfspanne:
Seuns A-span
1. Ryan Strauss
2. Christian Kind
3. Liam van Rooyen
4. Lian Strauss

Seuns B-span
1. Martin van Rooyen
2. Stefan Verster
3. Andrew Manikas
4. Christoff van den Berg
5. Hlangula Booi (Reserwe)

 
 

SENIOR HOKKIE (GRAAD 4 – 7)

Ons is baie opgewonde dat ons hokkieseisoen in kwartaal 4 voortgaan. Die oefeninge begin op
12 Oktober en duur tot 30 Oktober. Daar sal weer ’n paar wedstryde in die volgende kwartaal plaasvind, en ons wil al die spelers aanmoedig om oefeninge by te woon.

 
 

RUITERKUNS

Ons wens graag die volgende ruiters geluk met hul keuring vir die Gauteng-ruiterkunsspan. Hulle sal gedurende die vakansie aan die Nasionale kampioenskappe van 6 – 9 Oktober 2021 meeding.

– Angelique Lombard: Working Riding en Performance Riding
– Andréa Kok: Working Riding, Performance Riding en Dressage.

 
 

SWEMPROEWE (O.8 – O.13) - KWARTAAL 4

Daar sal vriendskaplike aflosgalas vir die o.8 – o.13-swemmers in kwartaal 4 plaasvind. Die swemproewe sal Maandag 11 Oktober en Dinsdag 12 Oktober plaasvind. Swemmers kies slegs een middag om aan die proewe deel te neem en moet asseblief vir die hele uur teenwoordig wees.

Maandag 11 Oktober Skoolswembad 14:00 – 15:00
Dinsdag 12 Oktober Skoolswembad 14:00 – 15:00

 
 

MJ HOKKIE AKADEMIE

Midstream College is bevoorreg om 'n vennootskap met Michelle Joubert, ‘n internasionale hokkieskeidsregter, te hê. Sy bied elke Saterdag by die Midstream Astro die MJ19 Hokkie-akademie aan. Haar akademie maak voorsiening vir 'n verskeidenheid ouderdomsgroepe en vind plaas reg deur die jaar. Kontak haar gerus vir meer inligting.

HOKKIE AKADEMIE
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

TUCK IN
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643