Nuusbrief  33                                                             16 September 2021

 
UITSLAE
 

UIT DIE KANTOOR

Children are our greatest treasure. They are our future.” – Nelson Mandela.

Ons kinders is ons toekoms en hulle verteenwoordig ons pragtige reënboognasie. Die Suid-Afrikaanse nasionale vlag is die enigste ses-kleurige nasionale vlag ter wêreld. Die ontwerp en kleure is daarop gemik om al die verskillende segmente van die bevolking voor te stel en hulle as ʼn eenheid te verenig. Om Erfenisdag te vier wil ons graag hê dat die kinders op Donderdag 23 September gemaklike klere (slenterdrag) moet aantrek wat een van die kleure van ons nasionale vlag verteenwoordig. Met die heerlike weer gaan ons ook gedurende die oggend piekniek hou. Pak asseblief piekniekhappies, ’n piekniekkombers, sonskerm en ’n hoed in. Ons sien daarna uit om die kwartaal op ’n welverdiende hoë noot af te sluit deur saam met ons pragtige reënboognasie se kinders fees te vier.

There are words in the soul of a new-born baby, waiting and wanting to be written.”

Ons Midstream-familie brei uit! Hartlik geluk aan mnr. en mev. Ronald Brameld met die geboorte van hulle seuntjie en ook aan mnr. en mev. Marinus du Plessis met die geboorte van hulle dogtertjie. Ons deel beslis in julle vreugde!

 
 

SKOOL SLUIT – 23 SEPTEMBER

Hiermee die tye wat die skool op 23 September vir die onderskeie grade sal sluit:

11:15 – skool sluit vir graad 1’s & 2’s
11:30 – skool sluit vir graad 3’s, 4’s & 5’s
11:40 – skool sluit vir graad 6’s & 7’s

 

LANDLOOP

Dit het vanjaar baie goed gegaan met Midstream College se landlopers. Om te kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe moes jy ’n top 6-posisie by die Gauteng-Noord kampioenskappe behaal het.

Ses van Midstream College se leerders verwerf Gauteng-Noord kleure en kwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel te neem. Die kampioenskappe word op 17 September in Amanzimtoti gehou.

Baie geluk en sterkte aan Klara Ballot, Marcel van der Leek, Banie Claasen, Rupert Groenewald, Emil Els en Waldo Breytenbach. Midstream College is baie trots op julle. Geniet elke oomblik en gee jul beste.

 
 

FINALE FOTODAG 12 OKTOBER

Ons finale fotodag vir individuele foto’s en boetie-en-sussiefoto’s sal Dinsdag 12 Oktober plaasvind. Slegs individuele foto’s sal van ons leerders wat nie die eerste twee fotodae kon bywoon nie, geneem word. Die foto’s sal in someruniform geneem word, met ’n kleurbaadjie, geen winteruniforms nie. Stuur asseblief vir u kind se registeronderwyser ʼn boodskap indien u kind se foto op 12 Oktober geneem moet word. Dieselfde reëling geld vir boetie-en-sussiefoto’s.

 
 

DIE UNIFORMWINKEL

VAKANSIE HANDELSURE
23 September
24 September – 6 Oktober
7 & 8 Oktober
11 Oktober
Vanaf 12 Oktober

DELSURE
07:00 – 15:00
Gesluit
08:00 – 16:00
08:00 – 17:00
07:00 – 17:00

 

PRET- EN KREATIEWE VAKANSIEKLUB

Die vakansieklub met hope pret en kreatiwiteit sal van 27 September tot 1 Oktober by die skool plaasvind.
 
Bespreek asseblief voor 20 September by Louise op 083 412 6834.

 
 

TENNIS

Ons eerste tennisspanne het gedurende die afgelope naweek aan die finale rondte van die Gauteng Tennis SA BNP Paribas Rising Star Skoolkampioenskappe, by Groenkloof Tennisklub deelgeneem. Ons dogterspan eindig in die 6de posisie en ons seunspan tree as algehele wenners uit! Hulle sal gedurende Oktober aan die nasionale finale rondte deelneem. Baie geluk aan al agt hierdie uitstekende tennisspelers en Midstream ambassadeurs!

Die spanlede is:
Dogters – Elmay Breet, Anouk Viljoen, Jeanné van der Merwe en Louise Pieterse.
Seuns – Jayden Summers, Malan van den Berg, Pierre de la Port en Beyers Pretorius.

TENNISOEFENING – 20 SEPTEMBER
As gevolg van ligawedstryde wat op 20 September op al ons bane gespeel word, sal daar geen tennisoefeninge van 14:00 tot 16:00 op Maandag wees nie. Graad 1-oefening van 13:30 tot 14:00 sal voortgaan. Woensdag se graad 2- tot 7-oefening vanaf 14:00 tot 15:00 sal ook voortgaan. Dankie vir u begrip in die verband!

 
 

INTER AFRIKA TRUIDA KESTELL 0.13 TENNISTOERNOOI

Dertien Ope Tennisspelers (9 seuns en 4 dogters) vertrek vanaf 22 tot 25 September na Bethlehem om aan die Inter Afrika Truida Kestell o.13-tennistoernooi te gaan deelneem. Sterk spanne van regoor die land neem aan hierdie kompetisie deel. Baie sterkte aan die volgende spelers:

Dogters – Elmay Breet, Anouk Viljoen, Lara Conradie en Louise Pieterse.
Seuns – Jayden Summers, Malan van den Berg, Pierre de la Port, Beyers Pretorius, Christoff Pieterse, Rikus Cilliers, Lincoln Boshoff, Ruben de Lange en Nicholas Beukes.

 
 

AFRIKAANSREDENAARS

Ons graadses- en graadsewe-redenaarspanne neem op Donderdag 16 en Vrydag 17 September aan die landswye Oppie Tong Af-redenaarskompetisie deel. Hulle is stersprekers en ons is baie trots op hulle! Sterkte!

Die spanlede is:
Graadsesspan – Lienke Ponting, Alzan Swanepoel, Mila van der Linde en Carmia van den Berg Graadsewespan – Mienke van den Berg, Mari Roos, Megan le Roux en Lenae le Roux

 
 

SWEMPROEWE (O.8 – O.13) - KWARTAAL 4

Daar sal vriendskaplike aflosgalas vir die o.8 – o.13-swemmers in kwartaal 4 plaasvind. Die swemproewe sal Maandag 11 Oktober en Dinsdag 12 Oktober plaasvind. Swemmers kies slegs een middag om aan die proewe deel te neem en moet asseblief vir die hele uur teenwoordig wees.

Maandag 11 Oktober Skoolswembad 14:00 – 15:00
Dinsdag 12 Oktober Skoolswembad 14:00 – 15:00

 
 

STUDIEMETODES

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir meer inligting rakende ’n studiemetodekursus wat vir die Afrikaanssprekende Graad 4- tot 7-leerders aangebied word.

Studiemetodes
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

TUCK IN
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643