Nuusbrief  32                                                             9 September 2021

 
UITSLAE
 

UIT DIE KANTOOR

Die klanke van juigende leerders wat in die middae aan sport en kultuur deelneem, is musiek in my ore. Wanneer iets weggeneem word, besef ‘n mens weer van vooraf die werklike waarde daarvan.

Om deel te neem aan buitekurrikulêre aktiwiteite, bevorder spanwerk, selfdissipline, selfbeheersing en dit bou vriendskappe.

’n Tiener met die naam Abigail stem saam. Sy sê: “Sport is nie net goeie oefening nie, dit dra ook by tot jou geluk en algehele welstand. Dit help jou om te leer hoe om met nederigheid te wen en hoe om met waardigheid te verloor.”

 “Do you know what my favorite part of the game is? The opportunity to play.” – Mike Singletary

 
 

LOSLITDAG

Baie dankie aan elkeen wat aan ons Loslitdag ten bate van Deafability deelgeneem het. Ons het ’n fantastiese R17 120 vir hulle ingesamel!

 

LANDLOOP

Landloopoefeninge gaan voort tot 16 September. Oefeninge vind plaas op Maandae, Dinsdae en Donderdae van 14:00 tot 15:00.

 
 

SWEM

Ons is baie trots op ons swemmers wat aan die NTS-galas deelgeneem het.

Indien u kind ’n eerste, tweede of derde plek by ’n NTS-gala behaal het, voltooi asseblief die Googlevorm voor Maandag 13 September om 08:00. (Een vorm per swemmer is reg, aangesien u meer as een swemslag en plek kan invul.)

Googlevorm
 
 

MINIHOKKIE-FEESTOERNOOI

Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons ‘n interne minihokkie-feestoernooi vir ons eie minihokkieseuns- en dogters op Donderdag 16 September aanbied. Ons spanne sal teen mekaar speel en ‘n program sal binnekort aan u gestuur word. Ongelukkig word daar steeds geen toeskouers op die terrein toegelaat nie.

 
 

BYBELGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA

Dit is Midstream College se voorreg om weer hande te vat met die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Ons ondersteun graag die projek om 2 miljoen Bybels in Suid-Afrika te versprei.

Die Bybelrolletjie (leerders sal dit in die klas ontvang) kan met enige bedrag gevul word. Elke R50 stel die Bybelgenootskap in staat om een Bybel aan iemand beskikbaar te stel. Ons vertrou dat hierdie Bybels die saadjies sal wees wat hoop aan baie mense in ons land bring.

Baie dankie vir jou vrywillige ondersteuning.
Jy is 'n saaier van HOOP.

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

TUCK IN
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643