Nuusbrief  31                                                             2 September 2021

 
UITSLAE
 


To be successful, you need to stay positive, believing in yourself and your product. - Tasleem Bulbulia

 
 

EKSTERNE AFRIKAANSREDENAARS

Lukas Combrinck dring deur na die nasionale finale rondte van die Oppie Tong Af-redenaarskompetisie, wat in Oktober plaasvind. Baie geluk, Lukas!

 
 

WÊRELDKENNISOLIMPIADE

Baie geluk aan hierdie leerders wat die volgende plekke nasionaal verower het:
5de plek: Lourens Janse van Rensburg
7de plek: Reuben Pienaar
9de plek: J.P. Botha

 

GAUTENG NETBALSPELER

Baie geluk aan Elmay Breet wat vir die o.13-Gauteng Delta-span gekeur is. Sy sal gedurende die Oktobervakansie aan die All Ages Provinsiale Toernooi deelneem.

 
 

SENIOR HOKKIE

Neem asseblief kennis van die aangepaste skedule vir die senior hokkie-oefening, dit tree vanaf Maandag 6 September in werking.

Program
 
 

MUURBAL

Midstream College het hierdie jaar nege spelers in totaal wat provinsiale kleure verwerf het vir muurbal. Nog drie van ons spelers is hierdie week in die provinsiale o.13-span ingesluit. Die volledige lys van spelers wat Noord-Gauteng gaan verteenwoordig by die Junior Interprovinsiale Muurbaltoernooi is as volg:

Seuns o.11-Span
Roland van der Westhuizen

Seuns o.13A-Span
Gerhard van der Westhuizen
Wian de Bruin
Aurick Sheosunker

Seuns o.13B-Span
James Peattie

 

Seuns o.13C-Span 
Jayden Swart 
Stefan Verster 
Paidin Gray

Dogters o.13A-span 
Elzandri Janse van Rensburg

 

WORLD WARRIOR KOMPETISIE 2021

Midstream College Primêre Skool het die afgelope twee jaar aan die Mini Mag-skryfkompetisie met groot sukses as een van die top drie-inskrywings, deelgeneem.

Ons wil graag weer hierdie jaar ons leerders aanmoedig om in te skryf. Druk op die skakel hieronder vir meer inligting.

Indien u kind wil deelneem en hulp benodig, kan hy/sy gerus by mev. Michelle Bailey aanklop. U kan egter u kind ook self tydens die vakansie help om ‘n aangename skryfervaring te verseker.

Inligting
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

TUCK IN
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643