Nuusbrief  30                                                              26 Augustus 2021

 
UITSLAE
 

UIT DIE KANTOOR

Die slegte nuus is, tyd vlieg. Die goeie nuus is, jy is die vlieënier” Gelukkig kan ons dus, volgens Michael Altshuler se woorde, kies om die beste van elke oomblik te maak. Ons is in beheer van die keuses wat ons maak en hoe ons elke kosbare oomblik benut. Ek wens almal ‘n geseënde lentemaand toe, waar elkeen van ons weer die vreudge van ‘n nuwe begin en die mooi om ons kan vier.

 
 

SKOOLHEKKE

Neem asseblief kennis dat Hek 2, 3 en 12 om 7:45 sluit. Ons doen ’n beroep op ons leerders om asseblief betyds vir die skooldag te wees.

 
 

LOSLITDAG

Die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede (NRPG) is trots om aan te kondig dat die 27ste Loslitdag op 3 September hierdie jaar gevier gaan word! Geïnspireer deur Disney se nuutaangekondigde The Ultimate Disney Princess Celebration, wat die eienskappe van hulle tema vir hierdie jaar, Durf  + Deernis(Courage + Kindness) beklemtoon, stel hulle met groot opgewondenheid Loslitdag bekend.

By Midstream College is ons trots om hierdie verdienstelike geldinsamelingsprojek te ondersteun deur Loslit-plakkers teen R20 by Tuck In beskikbaar te stel. Let asseblief daarop dat betaling vir plakkers slegs kontant mag wees.

Wat om aan te trek:
Op Vrydag 3 September 2021 doen die NRPG ʼn beroep op almal om jou omgewing in ‘magtige pers’ te verhelder of soos jou gunsteling Disney prins of prinses aan te trek.

Hierdie tema is nie net vir dames en meisies nie … Watter uitrusting laat jou dapper genoeg voel om die wêreld aan te durf? Ons wil hê dat jy soos jou dapperste self moet voel, want as jy met selfvertroue deur die wêreld beweeg, maak dit dit soveel makliker om deernis vir ander te toon. Kom ons raak kreatief met hierdie tema (moet asseblief niks koop nie) en dink regtig na oor wat Durf & Deernis vir ons as Midstreamers beteken.

 

SKOOLUNIFORM

Die leerders mag weereens kies of hulle winters- of somersdrag wil dra. Let wel dat ’n leerder volledige somersdrag óf volledige wintersdrag moet dra. Winter- en somersdrag mag dus nie gemeng word nie. Neem kennis dat leerders slegs op dae wat hulle Liggaamlike opvoeding en/of sportaktiwiteite na skool het, hul L.O.-drag skool toe mag mag dra.

 
 

LANDLOOP

Baie geluk aan die volgende leerders wat gekwalifiseer het om aan die Gauteng-Noord Kampioenskappe deel te neem.

 

o.8 Dogters
Elmé van Zyl
Klara Ballot
o.8 Seuns
Nicholas Jansen van Rensburg o.9 Dogters
Karien Struwig
Amelia Barnard
o.9 Seuns
Marcel van der Leek
Banie Claasen

o.10 Dogters
Lise-Marie Jansen van Rensburg o.10 Seuns
Hein Basson
o.11 Dogters
Mizé Raubenheimer
Daniella Caetano
o.11 Seuns
Beyers Pretorius
Richard Morri

o.12 Dogters
Carmia van den Berg
Caitlin Arendse
o.12 Seuns
Rupert Groenewald
Emil Els
Roal Jansen van Vuuren
o.13 Dogters
Anne Strachan
o.13 Seuns
Waldo Breytenbach
Tshepang Senyatsi

 

MUURBAL

Ons wil die volgende leerders geluk wens wat verkies is tot die NJSA-spanne om Noord-Gauteng te verteenwoordig by die Noordelike gedeelte van die Junior Interprovinsiale muurbaltoernooie.

o.11-seuns
Roland van der Westhuizen
o.13-seuns
Gerhard van der Westhuizen
Wian de Bruin
Aurick Sheosunker
James Peattie
o.13-dogters
Elzandri Janse van Rensburg

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

TUCK IN
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643