Nuusbrief  29                                                              19 Augustus 2021

 

UIT DIE KANTOOR

Be like a tree. Stay grounded. Connect with your roots. Turn over a new leaf. Bend before you break. Enjoy your unique natural beauty. Keep growing. – Joanne Raptis

 
 

SKOOLVAKANSIE

Die skool sal vir die einde van die derde kwartaal, soos geskeduleer, op Donderdag 23 September vir die skoolvakansie sluit en weer op Dinsdag 12 Oktober heropen.

 
 

COVID-19

Indien enige lid in die huishouding vir ’n COVID-19-toets gaan, moet die leerders tuis bly todat die uitslae ontvang is. Wanneer ’n lid van die huishouding positief toets, moet die res van die gesin vir ten minste 10 dae volgens NIOS-riglyne in kwarantyn bly.

Stel asseblief die registeronderwyser asook die kantoor (yvonnem@midstreamcollege.co.za) in kennis, indien ’n leerder in kwarantyn is of isoleer. Hierdie inligting word vertroulik hanteer.

 
 

KRIEKET

Ons is baie opgewonde oor die vriendskaplike wedstryde wat van dié week af plaasvind. Dit is nie ’n amptelike ligawedstryd wat vir punte tel nie. Die seuns kan sommer net hulle talente uitleef en hulself op die krieketveld geniet!

Ons moedig al die seuns aan om by die krieket betrokke te raak, veral by ons jonger seuns, in Graad 1, 2, 3 en 4.

Vir meer inligting besoek ons skool se webblad.

Nico Martin Krieket Akademie is betrokke by ons met privaat afrigting in L.O. periodes en na skool. Nico bestuur ook die klubkrieket.

Vir meer inligting kan u op die Krieket Akademie skakel druk of kontak vir Nico Martin by 082 978 2786.

Webblad Krieket Akademie
 
 

GHOLF

Baie geluk aan Ryan Strauss wat Noord-Gauteng se o.13-gholfspan gehaal het. Ryan gaan in September aan die SA Interprovinsiale gholftoernooi deelneem. Alle voorspoed, Ryan!

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

TUCK IN
 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643