Nuusbrief  28                                                              12 Augustus 2021

 

UIT DIE KANTOOR

Dit is hartsverblydend om al ons leerders terug op die sportveld te sien, waar hul die geleentheid het om fisies en sosiaal te ontwikkeling en hulself voor te berei vir die wedloop van die lewe. Leerders kry die geleentheid om sosiaal te ontspan, vriendskappe buite die klaskamer te sluit, terwyl hul onder andere volharding, uithouvermoë, self-dissipline, selfbeheersing, eerlikheid, spangees en integriteit aanleer.

Every great dream begins with a dreamer. Always remember, you have within you the strength, the patience, and the passion to reach for the stars to change the world. – Harriet Tubman

 
 

TENNIS

Pierre de la Port, graad 7-leerder en lid van ons eerstespan, het gedurende die afgelope naweek as lid van die Gauteng-Noord-tennisspan, aan ’n groot interprovinsiale TSA-tennistoernooi by Ellispark deelgeneem. Dit is die tweede opeenvolgende jaar wat Pierre tot hierdie span verkies word. Hy het, soos dit ’n ware Midstream Tennis Tier betaam, uitstekend gespeel en sy skool se naam hooggehou! Ons is trots op jou, Pierre!

LET WEL: TENNISLIGAWEDSTRYDE NEEM OP MAANDAG 16 AUGUSTUS ’N AANVANG!

 
 

AFRIKAANS REDENAARS

Gedurende die afgelope 3 weke het 34 van ons skool se top graad 2- tot graad 7-Afrikaansredenaarssprekers, sowel as twee redenaarspanne, aan die eerste rondtes van beide die Artistatue en die Oppie Tong Af-redenaarskompetisies deelgeneem. Sewe Addisionele Taalsprekers is by hierdie groep ingesluit, waaroor ons baie trots is. Hierdie sprekers het hulself absoluut puik van hul taak gekwyt. Ons hou duimvas dat ’n groot aantal van hulle na die finale rondtes van die onderskeie kompetisies sal deurdring.

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

TUCK IN
 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643