Nuusbrief  27                                                                5 Augustus 2021

 

UIT DIE KANTOOR

Elke mamma, elke onderwyseres, elke vrou is meer as goud werd. U is geklee met krag en waardigheid, u is die volle sirkel:
U gee rigting
U is kosbaar
U beskerm
U het lief met u hele hart
Sowaar ’n juweel van die aarde.

Gelukkige Vrouedag, mag u dag geseënd wees, gevul met geluk en liefde.

 
 

FOTODAG

Ons fotodag vind op Donderdag 12 Augustus vir ons graad 4- tot 7-leerders plaas.

Slegs individuele foto’s sal van ons leerders geneem word. Die leerders moet hul winterskooluniform met kleurbaadjies vir die foto’s dra. Stuur asseblief ’n boodskap vir u kind se registeronderwyser indien u kind nie op hierdie dag by die skool sal wees nie.

 
 

GR. 4 – 7 AKADEMIE: GESKEDULEERDE ASSESSERINGSDOKUMENT

Vind asseblief ’n geskeduleerde assesseringsdokument vir die kwartaal hieronder. Al die assesserings/toetse waarvoor leerders formeel vir al die onderskeie leerareas moet voorberei, verskyn op hierdie dokument. Klasassesserings wat nie formele voorbereiding verg nie, is nie hierop aangedui nie.

Assesseringsdokument
 
 

CHORAL VERSE

Ten einde meer leerders te akkommodeer, is die tye vir beide Junior en Senior Choral Verse verander. As gevolg van die Kultuurfees hierdie week hervat die Choral Verse volgende Woensdag (11 Augustus).

Junior Choral Verse: 14:00 – 14:30
Senior Choral Verse: 15:00 – 15:30

 
 

BUITE-KURRIKULÊRE PROGRAM

Druk asseblief op die onderstaande skakel om die buite-kurrikulêre aktiwiteite en oefentye te besigtig.

Skedule
 
 

HOKKIE

Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat die hokkieprogram eerskomende Dinsdag begin. Meer inligting is op die skool se webwerf beskikbaar.

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

TUCK IN
 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643