Nuusbrief  26                                                                     29 Julie 2021

 

UIT DIE KANTOOR

Ons is verheug dat ons skole soos geskeduleer aan die begin van die kwartaal kan open. Die gelukkige gesiggies wat ons Dinsdagoggend ingewag het, was getuienis van die feit dat ons leerders in ’n skoolomgewing floreer.

Daar is soveel dinge wat ons in die verlede vreugde verskaf het wat ons as vanselfsprekend aanvaar het, van besoeke aan die winkels, uitgaan na ʼn restaurant, en saam met vriende bymekaarkom vir lofsang en aanbidding in die kerk. Wanneer hierdie pandemie uiteindelik iets van die verlede is, gaan ons met baie meer waardering na die “klein goedjies” in die lewe kyk.

When people really love and believe in themselves, no matter how tough the situation they’re in, they move through it, grow and get to the next level.” – Gisele Wertheim-Aymes

Ons is baie opgewonde om Me. Larian Botha as ‘n permanente personeellid van ons Engels Departement te verwelkom. Ons glo sy sal ‘n baie waardevolle bydrae lewer en ons kan nie wag om te sien wat sy alles in ons “Next Level”-skool gaan vermag nie.

Ek wens elke leerder, ouer en onderwyser ’n voorspoedige en geseënde derde kwartaal toe.

 
 

FUNKY ONDERSTEUNERSDAG

Vier Vrydag 30 Julie die begin van ’n fantastiese kwartaal 3 saam met ons!

Ons hou Vrydag ‘n ‘Funky’ sokkie- en ondersteunersdag!

Dra ’n onpaar sokkies, jou malste kombinasie of jou kleurvolste paar en kombineer dit met jou gunsteling sportspan se klere/kleure met ‘n langbroek.

Wees kreatief en moet asseblief nie enige ondersteunershemde spesiaal aankoop nie, dra ‘n hemp in die kleur van jou gunsteling sportspan.

 
 

VIRTUELE OUERMIDDAG

Die ouermiddag vind op Maandag 2 Augustus via Zoom-sessies plaas. Afsprake moet asseblief op die ouerpoort gemaak word. Geen e-posse word aanvaar nie. Die ouerpoort sal vanaf Donderdag 29 Julie om 16:00 tot 2 Augustus om 12:00 oop wees. Geen afsprake kan dus later as 12:00 op Maandag 2 Augustus gemaak word nie.

Teken aan op die ouerpoort met u “Parent ID” (kode begin met die waarde 3) en wagwoord.
Druk op die “Student tab”.
Druk op die leerder se foto.
Druk op die “Parent/Teacher Appointments”.
Kies ‘n onderwyser.
Druk op ‘n tydsgleuf.

U sal vir elke afspraak wat gemaak word, ‘n e-pos ter bevestiging ontvang, wat dan ook die Zoom-skakel vir daardie spesifieke afspraak sal insluit.

 
 

FOTODAG

Ons fotodag vind op die volgende dae plaas:
• Graad 1 tot Graad 3 – Donderdag 5 Augustus
• Graad 4 tot 7 – Donderdag 12 Augustus
Slegs individuele foto’s sal van ons leerders geneem word. Die leerders moet hul winterskooluniform met kleurbaadjies vir die foto’s dra. Stuur asseblief ’n boodskap vir u kind se registeronderwyser indien u kind nie op hierdie dae by die skool sal wees nie.

 
 

BUITE-KURRIKULÊRE PROGRAM

Druk asseblief op die onderstaande skakel om die buite-kurrikulêre aktiwiteite wat volgens huidige direktiewe toegelaat word, te besigtig.

Program
 
 

LANDLOOP

Die landloopoefening gaan voort soos normaal.
Maandae, Dinsdae en Donderdae vanaf 14:00 tot 15:00.

Daar is beplande landloopligas hierdie kwartaal. Ongelukkig kan nie al die leerders aan die landloopligas deelneem nie. Daar is landloopuitdunne Donderdag 5 Augustus om 14:00 tot 15:00. Slegs die vinnigste 2 atlete per geslag en per ouderdom sal aan die landloopligas deelneem.

As gevolg van Covid sal die ligas moontlik oor twee dae geskied, verdere inligting sal deurgegee word. Die voorlopige liga-datums is as volg:
Liga 1: Donderdag en Vrydag 12 en 13 Augustus
Liga 2: Donderdag en Vrydag 19 en 20 Augustus
AGN: Saterdag 28 Augustus 2021.

Neem asseblief kennis dat die skool nie u kind na die landloopligas mag vervoer nie. Atlete wat met die uitdunne kwalifiseer sal met eie vervoer na die wedlope geneem moet word.

 
 

SKAAK

Skaakoefening begin weer op Dinsdag 3 Augustus.
Graad 1 & 2: 13:30 – 14:00
Graad 3 & 4: 14:00 – 15:00
Graad 5, 6 & 7: 15:00 – 16:00

 
 

SWEM

Die swemoefening begin Woensdag 4 Augustus. Die oefengroep van kwartaal 1 en 2 is welkom om by hierdie oefeninge aan te sluit.

Plek: Midlands se swembad
Dae & tye: Maandae en Woensdae vanaf 14:00 – 15:00

Daar sal ’n skoolbussie om 13:50 vanaf die laerskoolparkeerterrein vertrek en sal om 15:15 weer terug by die skool wees.

 
 

GHOLF

Leerders wat op ’n sinvolle wyse nege gaatjies op hul eie kan speel, is welkom om op Dinsdae by ons gholfspelers in te val. Spelers gaan op dié dae nege gaatjies onder toesig speel. Die reëling sal vanaf 3 Augustus tot 14 September 2021 geld. Spelers moet stiptelik om 14:00 by die gholfbaan aanmeld. Om by die Covid 19-regulasies te hou, moet ons weet hoeveel leerders van die geleentheid gebruik sal maak. Stuur asseblief vir mnr. Kotze ’n e-pos met u kind se naam, van en graad, indien u kind belangstel.

DIE SESSIES IS NIE VIR AFRIGTING NIE, maar om spelers wat reeds kan speel, die geleentheid te bied om te oefen.

Vir verdere inligting kontak mnr. Kotze by (012) 661 0724 of e-pos u navrae na: schalkk@midstreamcollege.co.za. (Kostes: R50-00 per speler per middag).

Indien daar leerders is wat graag met gholf wil begin, of wat baie sukkel, kan hulle by die gholf-baan navraag doen met die oog op moontlike afrigting.

Kontakbesonderhede: Patrick O’Brien – 082 992 1314 of per e-pos patrick@pobgolf.co.za 
                                          
Christo Eagleton – 082 536 3354.

 
 

RUITERKUNS

Baie geluk aan die volgende Midstream College-ruiters wat vir die SANESA Ekurhuleni Laerskoolspan vir die Gauteng Finaal, gekies is. Hulle sal op 11 en 12 September 2021 by Maple Ridge Equestrian Farm meeding.

Lexi Harding – Prix Caprilli
Kiara Kok – Dressage
Andrea Kok – Dressage, Performance Riding en Working Riding
Angelique Lombard – Dressage, Working Riding, Performance Riding en Equitation

 
 

COVID

Covid-19 inligting:
- Dit blyk dat die Delta-variant tans verantwoordelik is vir die meeste daaglikse nuwe infeksies in Suid-Afrika en ook baie meer aansteeklik is as bv. die Beta-variant wat tydens die tweede golf vir die meeste infeksies verantwoordelik was.
- Dit is belangrik om te weet dat ’n persoon wat die Beta-variant gehad het weer geïnfekteer kan raak met die Delta-variant weens die afname van teenliggaampies wat tydens eerste infeksie opgebou is.
- Die simptome van die Delta-variant is soortgelyk aan die van die Beta en ander variante. ’n Seer keel, hoofpyn, verhoogde liggaamstemperatuur, ens. Die verlies van smaak en reuk en ’n kroniese hoes blyk in baie mense afwesig te wees met die Delta-variant. Let wel dat ’n loop neus soos in gewone verkoue meer voorkom en dit is daarom steeds baie belangrik om nie u kind skool toe stuur indien hy of sy enige verkoue simptome het nie.
- ’n Persoon kan steeds Covid-19 kry al het jy die entstof (vaksien) ontvang. Dit sal heel moontlik net verhoed dat ernstige komplikasies ontwikkel.
- Volgens NIOS (Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes) is daar nog te min studies gedoen en daar is dus nog nie genoeg inligting beskikbaar in Suid-Afrika rondom persone wat die entstof ontvang het se immuniteit en vermoë om die virus oor te dra nie. Om hierdie rede is dit steeds belangrik vir die persoon wat die entstof ontvang het, om te isoleer indien hy of sy direkte kontak gehad het met iemand wat positief vir die Corona-virus getoets het.
- Laasgenoemde is ook die rede hoekom die persoon wat die entstof ontvang het en positief toets steeds moet isoleer en die persone met wie hy of sy hoë-risikokontak gehad het, vir tien dae moet kwarantyn.
- Maskers bly van kardinale belang om te keer dat die virus oorgedra word. Sien asseblief Nuusbrief 22 (17 Junie 2021) oor die vereistes en riglyne vir maskers.
 - Wees asseblief verseker dat die skool alle protokol volg om die leerders, onderwysers en algemene werkers so veilig moontlik te hou.

 
 

TINA COWLEY

Die program fokus op leesvaardighede soos begriplees en spoedverbetering om leerders te help met studeer, leer en die beantwoording van vraestelle.  Vir meer inligting druk op die onderstaande skakel.

Pamflet
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

TUCK IN
 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643