Nuusbrief  25                                                                    1 Julie 2021

 

UIT DIE KANTOOR

Education is the passport to the future, for tomorrow belongs to those who prepare for it today. – Malcolm X

Ons wil graag opreg dankie sê aan me. Lané Rosser. Sy het hierdie kwartaal tydelik in Me. J. Henderson se klas waargeneem. Ons is baie dankbaar vir haar toewyding en goeie werk die afgelope kwartaal en wens haar die allerbeste vir die toekoms toe. Ons sien daarna uit om volgende kwartaal vir me. Larian Botha, wat in dié pos in die Engels Departement aangestel is, te verwelkom.

Dit is vir ons hartseer om van me. Teegan Janse van Rensburg afskeid te neem. Ons bedank haar uit ons harte uit vir haar harde werk en positiewe houding teenoor die assistentpos wat sy in die Grondslagfase gehad het. Sy het die lewe van soveel klein kindertjies in haar tyd by ons geraak en het altyd met deernis en toewyding gewerk. Ons wens haar geluk met die onderwyspos wat sy nou elders gaan beklee en bid vir haar ‘n wonderlike en suksesvolle loopbaan toe.

Die skoolvakansie is vanaf 2 tot 27 Julie. Sou daar enige veranderinge aan hierdie datums gemaak word, sal ons u beslis in kennis stel.

Ons wens u ‘n heerlike vakansie toe. Mag almal heerlik rus en met nuwe krag terugkom om die derde kwartaal met entoesiasme aan te pak.

Kwartale
 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643