Nuusbrief  24                                                                    28 Junie 2021

 

UIT DIE KANTOOR

Na aanleiding van President Cyril Ramaphosa se aankondiging gisteraand, sal die skool eerskomende Woensdag 30 Junie vir kontakonderrig sluit. Let asseblief op die verskillende tye vir elke graad, 13:15 vir graad 1 en 2, 13:30 vir graad 3 tot 5 en 13:40 vir graad 6 en 7.
 
Beide laerskole sal steeds op Donderdag (voldag) en Vrydag 2 Julie tot 12:00 aanlyn skoolgaan, wanneer die amptelike skoolvakansie ʼn aanvang neem.

Ons het die einde van ‘n monumentale kwartaal bereik. ‘n Mens kan nie anders as om na te dink oor wonderlike oomblikke nie en dan in dankbaarheid teenoor ons ouers en leerders te staan vir elkeen se toewyding, harde werk en ondersteuning.

Ons moet beslis ook die personeel opreg bedank, wat deurgaans toegewyd en positief aanhou werk het om vir ons leerders die beste moontlike onderrig te bied.

Ek wens al die Midstream-families en onderwysers ‘n heerlike en rustige vakansie toe. Pas julself asseblief mooi op, wees veilig en bly gesond.

"There is virtue in work and there is virtue in rest. Use both and overlook neither." – Alam Cohen.

 
 

AANLYNKLASSE

Ons versoek ouers ernstig om toe te sien dat ons leerders die aanlyn onderrig (Zoom) vir Donderdag en Vrydag getrou sal bywoon.

Intersenfase leerders
Stappe om op zoomlesse aan te teken
Log in op die leerderpoort met u Student ID en password.
Druk op die timetable.
Druk op die videokamera om aan te sluit by daardie vak se virtuele les (Zoom).
U benodig ‘n aktiewe Zoom-rekening en toegang tot internet.
Zoom-lesse sal stiptelik om 8:00 begin, waar die normale roostertye gevolg sal word.
Ongelukkig sal Zoom-lesse nie vir die volgende leerareas geskied nie: Liggaamlike opvoeding, Lewensoriëntering, Kuns en Musiek.

Grondslagfase leerders
Die klasonderwyser sal die Zoom-skakel vir haar klas asook die tydsgleuwe op die WhatsApp-groep stuur.

 
 

RAPPORTE

Die rapporte sal op Vrydag 2 Julie om 12:00 op die ouerpoort beskikbaar wees.

 
 

LEESWEEK EN KARAKTERDAG

Aangesien hierdie week nie soos oorspronklik beplan is, kan verloop nie, moet ons ongelukkig die Leesweek en Karakterdag uitstel. Verdere inligting sal volgende kwartaal aan u deurgegee word.

 
 

VIRTUELE OUERMIDDAG

Die ouermiddag vind op Maandag 2 Augustus via Zoom-sessies plaas. Afsprake moet asseblief op die ouerpoort gemaak word. Geen e-posse word aanvaar nie. Die ouerpoort sal vanaf Donderdag 29 Julie om 16:00 tot 2 Augustus om 12:00 oop wees. Geen afsprake kan dus later as 12:00 op Maandag 2 Augustus gemaak word nie.

Teken aan op die ouerpoort met u “Parent ID” (kode begin met die waarde 3) en wagwoord.
Druk op die “Student tab”.
Druk op die leerder se foto.
Druk op die “Parent/Teacher Appointments”.
Kies ‘n onderwyser.
Druk op ‘n tydsgleuf.

U sal vir elke afspraak wat gemaak word, ‘n e-pos ter bevestiging ontvang, wat dan ook die Zoom-skakel vir daardie spesifieke afspraak sal insluit.

 
 

UNIFORMWINKEL-URE

Die uniformwinkel se ure tydens die vakansie lyk as volg:
• Sluit 2 Julie om 15:00
• Toe vanaf 2 Julie tot 21 Julie
• 22 en 23 Julie, oop van 8:00 tot 16:00
• 26 Julie oop van 8:00 tot 17:00
• 27 Julie volg weer normale ure van 7:00 tot 17:00

 
 

MIDSTREAM ATLETIEKKLUB

Aandag alle atlete en potensiële atlete:

Weens die vlak 3 Covid-regulasies sal die atletiekklub nie gedurende die Julie skoolvakansie kan voortgaan met die voorbereiding vir die klub-atletiekseisoen nie. Die klub sal met voorbereiding begin wanneer die skool vir die derde kwartaal open. Volgens die laaste kommunikasie van ASA (Atletiek Suid-Afrika) is daar klubbyeenkomste vir September en Oktober geskeduleer. Ons het dus steeds ‘n hele maand om vir hierdie byeenkomste voor te berei.

Dit is belangrik dat alle atlete wat in die derde kwartaal aan hierdie byeenkomste wil deelneem, voor Julie reeds by die klub registreer sodat die AGN-nommers en die klub-hempies bestel kan word.

Afrigtingsfooie sal vanaf Augustus betaalbaar wees.

Registrasie kan nou direk op die webwerf  gedoen word. Vir meer inligting besoek die webwerf of kontak Janettie Kirkpatrick by admin@midstreamclub.co.za of 082 457 7094.

Registrasie Webwerf
 
 

TENNISUITSLAE

Jayden Summers, in graad 7, het ‘n paar naweke gelede aan die Gauteng-Oos Grand Prix tenniskampioenskappe deelgeneem. In die o.14-ouderdomsgroep, behaal hy die algehele 2de plek in die enkelspel-afdeling en wen die dubbels-afdeling. Wel gedaan met hierdie prestasie, Jayden!

 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643