Nuusbrief  23                                                                    24 Junie 2021

 

UIT DIE KANTOOR

Hierdie stukkie wat deur ‘n anonieme persoon geskryf is, het ʼn indruk op my gemaak...

Jy weet nooit regtig watter impak jy op die mense om jou het nie. Jy weet nooit wanneer iemand jou glimlag nodig het nie. Jy weet nooit hoeveel jou goedhartigheid iemand se lewe kan verander nie. Jy weet nooit hoeveel iemand daardie diep gesprek nodig het nie. Moet dus nie wag om vriendelik te wees nie. Moenie wag vir iemand anders om eerste goedhartig te wees nie. Moenie vir beter omstandighede wag of dat iemand eers verander nie. Wees goedhartig en gaaf, bloot omdat jy nooit weet hoeveel iemand dit nodig het nie.

Die skool sluit Vrydag 2 Julie vir vakansie en heropen weer 27 Julie vir kwartaal 3.
Neem asseblief kennis van die volgende tye wat die skool sal sluit:
Graad 1 en 2: 11:30
Graad 3 en 4: 11:45
Graad 5 tot 7: 12:00

 
 

COVID-19

Neem asseblief kennis dat die NICD-riglyne en protokol streng in die klaskamers toegepas word en dat klasse elke middag volgens riglyne ontsmet word.

Met dit in gedagte, onthou asseblief dat dit vir leerders tot groter voordeel is om kontakonderrig by ons skool by te woon. Die voordele is nie net akademies van aard nie, maar voorsien ook in die emosionele behoeftes van die leerders.

Ons vra egter dat ouers asseblief leerders by die huis sal hou indien enige gesinslid vir ’n COVID-19-toets gaan. Indien enige gesinslid positief vir COVID-19 toets, moet die hele gesin asseblief in kwarantyn bly.

 
 

BOEKE

Indien u kind op die oomblik aanlyn skoolgaan en van sy/haar handboeke en skrifte benodig, kontak asseblief die betrokke onderwysers sodat u kind se boeke kantoor toe gestuur word vir u om te kom afhaal.

 
 

EK KAN SPEL / I CAN SPELL

Die “Ek Kan Spel” en “I Can Spell”-speltoetse wat vir Dinsdag 29 Junie geskeduleer is, sal voortgaan.
 
Leerders sal hierdie twee speltoetse nie aanlyn kan voltooi nie, afwesige leerders sal die toetse volgende kwartaal aflê.

 
 

KARAKTERDAG

Op Vrydag 2 Julie word die laerskool in ’n storieboek omtower – elke leerder (graad 1–7) kan soos sy/haar gunsteling (Engels/Afrikaans) storieboekkarakter aantrek. Klem word op kreatiewe, innoverende idees geplaas om ouers se beursies te spaar. Leerders mag volle skooldrag met ’n paar bykomstighede aantrek, alternatiewelik ’n volle uitrusting volgens ’n karakter of slegs gewone tuisdrag. Deelname hieraan is nie verpligtend nie.

– Lees gee vir ons ’n plek om heen te gaan wanneer ons net moet bly waar ons nou is.

 
 

KREATIEWE EN PRET VAKANSIEKLUB

Die kreatiewe en pret vakansieklub sal vanaf 19 – 23 Julie by die skool plaasvind.
Kontak asseblief vir Louise voor 2 Julie by 083 412 6834 indien u belangstel om u kind te stuur.

 
 

MIDSTREAM ATLETIEKKLUB

Aandag alle atlete en potensiële atlete:

Weens die vlak 3 Covid-regulasies sal die atletiekklub nie gedurende die Julie skoolvakansie kan voortgaan met die voorbereiding vir die klub-atletiekseisoen nie. Die klub sal met voorbereiding begin wanneer die skool vir die derde kwartaal open. Volgens die laaste kommunikasie van ASA (Atletiek Suid-Afrika) is daar klubbyeenkomste vir September en Oktober geskeduleer. Ons het dus steeds ‘n hele maand om vir hierdie byeenkomste voor te berei.

Dit is belangrik dat alle atlete wat in die derde kwartaal aan hierdie byeenkomste wil deelneem, voor Julie reeds by die klub registreer sodat die AGN-nommers en die klub-hempies bestel kan word.

Afrigtingsfooie sal vanaf Augustus betaalbaar wees.

Registrasie kan nou direk op die webwerf  gedoen word. Vir meer inligting besoek die webwerf of kontak Janettie Kirkpatrick by admin@midstreamclub.co.za of 082 457 7094.

Registrasie Webwerf
 
 

SNOEPIE: TUCK IN

Besoek ons gerus by die skool of aanlyn vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Aanlyn winkel
 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643