Nuusbrief  22                                                                    17 Junie 2021

 

UIT DIE KANTOOR

Die veiligheid van ons leerders, ouers en onderwysers is van kardinale belang en dus ons belangrikste oorweging. Soos u weet, het ons gevolglik ʼn paar bykomende maatreëls ingestel om almal te beskerm en sodoende deur hierdie pandemie met onderrig voort te gaan. Ons sien uit daarna om die leerders weer Maandag 21 Junie in die klasse terug te verwelkom.

Alhoewel dit hartseer is dat sport- en kultuuraktiwiteite voorlopig gestaak is, glo ons dat ons weer ons normale buitemuurse program sal kan hervat wanneer die COVID-syfers weer voldoende daal.

David Beckham het gesê: "In my career, there's many things I've won and many things I've achieved, but for me, my greatest achievement is my children and my family." Ons wens al ons pa’s ʼn geseënde Vadersdag toe en mag die wete dat jou gesin en kinders jou grootste vreugde en sukses is, hierdie dag ekstra spesiaal maak.

Ons het die geleentheid om iets besonders te doen, terwyl ons deur hierdie pandemie leef. Ons kan ons wêreld in ʼn wêreld van sagmoedigheid, medelye en begrip verander.

 
 

MASKERS

Maskers wat voldoen aan die voorgeskrewe vereistes en reg gedra word is een van die kritieke stappe om die verspreiding van die Coronavirus te verminder. Let op die volgende riglyne.

Materiaal maskers moet:
- Veelvuldige (3) lae hê.
- Genoegsame filtrasie kan verskaf.
- Gemaklike asemhaling toelaat.
- Toutjies hê wat gemaklik, maar styf genoeg om die ore of agter die kop en nek pas.
- MOET ELKE DAG GEWAS WORD.

Mediese/sjirurgiese wegdoenbare maskers moet:
- Veelvuldige (3) lae hê.
- Rekkies moet gemaklik, maar styf genoeg om die ore pas.
- ELKE DAG VERVANG WORD.

Alle maskers moet:
- Groot genoeg wees om die neus en mond heeltemal te bedek.
- Goed pas op die gesig en nie los oor die wange hang nie.
- Hoofsaaklik hanteer word aan die rekkies en nie aan die oppervlak nie.
- Te alle tye by die skool gedra word.

STUUR ASSEBLIEF ELKE DAG ‘N EKSTRA MASKER SAAM SKOOL TOE.

Indien u kind enige verkoue, griep of COVID-19-simptome het, hou hom/haar asseblief tuis.

RESPEKTEER MEKAAR. ‘JY HOU MY GESOND – EK HOU JOU GESOND’

 
 

SPORT- EN KULTUURAKTIWITEITE

Neem asseblief kennis dat privaat sportafrigtingsessies (slegs individuele sessies) van volgende week af na skool sal voortgaan. Aktiwiteite soos Kumon, Ballet, Drama en Young Engineers sal ook in klein groepies voortgaan met streng protokol (dra van maskers, ens). Alle skoolsport- en kultuuraktiwiteite is gestaak tot 2 Julie. Alle ekstra lesse sal soos normaal voortgaan.

 
 

STUDIEMETODEKURSUS

Klik asseblief op die onderstaande skakel vir datums vir ʼn studiemetodekursus vir Graad 4 – 7 Afrikaanssprekende leerders.

Studiemetodes
 
 

KULTUURFEES

DANS
Ons het besluit om die Dans Kultuurfees as gevolg van die omstandighede wat tans geld tot later in kwartaal 3 uit te stel. Die datums sal van 27 en 28 Julie na 14 en 15 September verander. Graad 1 – 3’s sal op 14 September deelneem en Graad 4 – 7’s sal op 15 September deelneem.

FLAVOUR FESTIVAL
Die nuwe datum vir die Flavour Festival (koekversiering – massadeelname en meesterklas) sal
22 Oktober wees.

 
 

SNOEPIE: TUCK IN

Besoek ons gerus by die skool of aanlyn vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Aanlyn winkel
 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643