Nuusbrief  21                                                                    10 Junie 2021

 

UIT DIE KANTOOR

Met die voortslepende Covid-19-pandemie, is dit ’n uitdaging om elke dag met ‘n positiewe gemoed aan te pak en om die lewe te aanvaar soos dit tans is. Alhoewel die lewe onvoorspelbaar is, is dit steeds vol seëninge.

Winston Churchill het gesê: “Attitude is a little thing that makes a big difference.” Ons gesindheid is juis nou een van ons kosbaarste besittings. ’n Dankbare, positiewe gesindheid en gesonde sin vir humor kan groot verskil maak aan hoe ons die lewe ervaar. Wees sagmoedig en gaaf - met jouself en met ander.

Ons voortgesette gebede is dat elkeen van ons leerders, ons ouers en personeel in hierdie tyd gesond en veilig sal wees.

 
 

COVID-19

Let asseblief daarop dat die skool se isolasie- en kwarantyntydperke volgens die NICD (Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes) en die Departement van Gesondheid se riglyne toegepas word.

• Enige persoon wat hoë risiko-kontak gehad het met iemand wat positief getoets het vir COVID-19 moet 
  vir 10 dae in kwarantyn wees (vanaf die laaste dag van kontak), selfs al ontwikkel jy geen simptome nie.

• Sou simptome ontwikkel en ‘n persoon dan self positief toets, moet die persoon in self-isolasie gaan vir
  ten minste 10 dae vanaf die dag van die positiewe toetsuitslag. Die res van die gesin moet dan ook in
  kwarantyn wees, vir ‘n verdere 10 dae (vanaf gesinslid se positiewe toetsuitslagdatum).

• Self-isolasie is ten minste 10 dae, afhangende van hoe ernstig siek die pasiënt is.

 
 

KWARTAALDATUMS

Vergewis u asseblief net weereens van die veranderde kwartaaldatums vir dié kwartaal. (Die veranderde datums is reeds in Nuusbrief 6 ook aan u deurgegee.)

Kwartale


TOETSE

Let ook asseblief daarop dat die graad 4- tot 7-leerders hulle Rekenaars-kwartaaltoets op Dinsdag
22 Junie skryf en die Ek kan spel/I Can spell-toetse op Dinsdag 29 Junie skryf.

Toetse
 
 

VERGETE ITEMS

Ons versoek asseblief dat ouers sal toesien dat leerders alles vir die dag pak, sodat dit nie nodig is vir leerders om ouers vir vergete benodigdhede bv. kos, sportsakke, take, ens. te skakel nie. Die toeloop in die kantoor en die aflewering van sulke items bemoeilik die volg van COVID-19-protokol. Help ons asseblief om u kind veilig te hou.

 
 

TWEEDEHANDSE SKOOLKLEREWINKEL

Vir tweedehandse skoolklere, handboeke en sportklere skakel vir Hestha op 082 520 0478. Gedurende skoolkwartale is die winkel op Maandag- en Woensdagoggende van 7:00 – 8:00 oop.
Alternatiewe dae en tye wat die winkel oop is, is ook op die WhatsApp-profielfoto beskikbaar.

Daar is redelike voorraad beskikbaar in wintersdrag, soos truie, moulose truie (pullovers), ‘bomber’ baadjies, rokke, dasse, en L.O.-klere.

 
 

MIDSTREAM ATLETIEKKLUB (PRIMÊRE SKOOL)

Ons is baie opgewonde oor die uitbreiding van Midstream Atletiekklub. In die verlede was daar net afrigting in beperkte items beskikbaar, maar vanaf einde Junie 2021 gaan ons afrigting in ál die veld- en baanitems aanbied.

Vanaf 21 Junie tot 1 Julie sal daar aandag aan algemene kondisionering gegee word.

Die klub is vanaf 2 tot 18 Julie (a.g.v. die skoolvakansie) gesluit.

Die klub begin weer op 19 Julie, wanneer die leerders by hulle onderskeie afrigters kan aanmeld.

Vir meer inligting in verband met oefentye, kostes, byeenkomste, ens. kontak gerus vir Janettie Kirkpatrick by 082 457 7094 of admin@midstreamclub.co.za.

 
 

RUITERKUNS

Ons ruiters het die naweek van 5 en 6 Junie aan die derde kwalifiserende rondte by Eaton Farm deelgeneem. Druk op die onderstaande skakel vir die uitslae.

Baie geluk aan al ons talentvolle ruiters, ons is baie trots op julle!

Uitslae
 
 

SNOEPIE: TUCK IN

Besoek ons gerus by die skool of aanlyn vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Aanlyn winkel
 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643