Nuusbrief  20                                                                    3 Junie 2021

 

UIT DIE KANTOOR

We can all vow to make the world a better place one day at a time by being our true authentic selves.” ̶ DailyOM. Ons harte is aangeraak deur die vrygewigheid en goedheid van ons leerders en ouers. Dankie vir u bydrae tot die Clothes to Good-aksie. Ons sien uit daarna om die finale statistiek te ontvang, maar weet reeds dat die groot hoeveelheid skenkings ‘n daadwerklike verskil in verskeie mense se lewens gaan maak.

Vanweë die voordele verbonde aan Buitekurrikulêre aktiwiteite, is ons baie teleurgesteld oor die feit dat ons rugby, netbal en kore so skielik gestop is. Ons bly egter dankbaar vir die feit dat die ander aktiwiteite kan voortgaan. Ons moedig ons leerders aan om betrokke te raak by die aktiwiteite. Dankbaarheid gee sin aan gister, gee vrede vir vandag en skep ’n droom vir môre.

Ons doen weereens ’n beroep op ons leerders en ouers om die inperkingsreëls te respekteer en verantwoordelik te wees. Kom ons takel elke dag opnuut met nuwe hoop en vra asseblief vir hulp indien nodig.

Kom ons staan saam om onsself én mekaar veilig te hou.

 
 

#CRAZYSOCKS4DOCS-DAG

Vrydag 4 Junie is #CrazySocks4Docs-dag, of kortweg #CS4D! Dit is 'n dag vir die bewusmaking van die psigiese gesondheidsbehoeftes van al ons gesondheidswerkers, veral in die tyd van COVID-19. Wat doen ons om hiermee te help? Maklik – dra net ‘n onpaar sokkies – die laftse kombinasie wat jy in jou sokkielaai kan vind! Dis die perfekte tyd om daardie sokkies te dra wat se pasmaats lankal weg is!

Ons wil graag hierdie dag gebruik om mense te herinner daaraan dat ons gesondheidswerkers tydens hierdie pandemie onder geweldige druk werk en self ook baie spanning en trauma beleef. Ons is so afhanklik van hierdie ongelooflike groep mense en die veldtog (#CS4D) is om ons ondersteuning aan hulle te bewys. Dr. Marita van Schalkwyk, van die Ithemba-stigting wat hierdie projek loods, sê dat die dra van lawwe sokkies beteken dat jy sáám met gesondheidswerkers in hierdie stresvolle tye en situasies staan en sommer in die proses probeer om iemand te laat glimlag en selfs ‘n bietjie hoop en vreugde te bring.

Ons leerders en personeel kan dus môre (4 Junie) hulle lekkerste, lafste sokkies dra om deel van dié bewusmakingsveldtog te wees!

 
 

SKOOLUNIFORM

Met die koue wat nou amptelik hier is, vra ons dat leerders asseblief warm sal aantrek. Onthou dat die vensters in die klaskamers oopgelaat moet word vir ventilasie, volgens COVID-19-protokol. Ons beveel “Bomberjackets” by leerders se skooldrag of sweetpakke aan.

 
 

RUITERKUNS

Ons wens ons ruiterkunsspan sterkte toe vir Kwalifiseerder 3 wat op 5 en 6 Junie by Eaton Farm plaasvind.

 
 

SNOEPIE: TUCK IN

Besoek ons gerus by die skool of aanlyn vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Aanlyn winkel
 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643