Nuusbrief  18                                                                    20 Mei 2021

 

UIT DIE KANTOOR

We must teach our children to smell the earth, to taste the rain, to touch the wind, to see things grow, to hear the sun rise and night fall, to care. – John Cleal

In die lig van die stygende aantal infeksies, asook die Minister van Basiese Onderwys se persverklaring van 19 Mei dat alle kontaksport onmiddellik opgeskort moet word, het die skool besluit om alle sport- en kultuuraktiwiteite (oefening ingesluit) tot en met Saterdag 29 Mei op te skort.

Die situasie sal voortdurend gemonitor word en ‘n besluit rakende die hervatting van die skool se sport sal dienooreenkomstig geneem word.
 
Intussen kan ons van die geleentheid gebruik maak om weer, soos in die bostaande aanhaling, op ander goeie dinge rondom ons te fokus. Ons wens u 'n aangename week toe.

 
 

COVID-19 INFEKSIES

Indien enige gesinslid vir ’n COVID-19-toets gaan, moet u asseblief u kinders tuis hou totdat die uitslag bekend is. Wanneer ’n gesinslid positief toets, versoek ons, soos voorgeskryf, dat ouers die res van die skoolgaande gesin isoleer.

Ons wil net weer aan ouers ’n vriendelike versoek rig dat indien u kind enige verkoue- of griepsimptome ervaar hy of sy tuis moet bly totdat hulle gesond is.

 
 

VIRTUELE SKOOL

Indien u kind moet isoleer en/of afwesig is, is u welkom om die skool te kontak, waarna u ’n skakel sal ontvang om deel van die “MCP Virtual School Support” WhatsApp-groepie te wees. Leerders volg dan die klasse via die Timetable-tab, beskikbaar op die leerderpoort (Student Portal).

Reëlings ten opsigte van die Virtuele Skool
Leerders kry toegang tot die virtuele klaskamer via die Student Portal. Wanneer u op die Timetable-tab druk, sal u ’n kamera sien wat u toegang tot daardie personeellid se virtuele klaskamer sal gee. Verseker asseblief dat die leerder toegang tot Zoom het.

Wanneer die periode begin, vra ons die virtuele leerders om geduldig te wag totdat die personeellid eers die leerders in die klas ontsmet en rustig gemaak het. Dus kan ’n personeellid tot 8 minute neem voordat die leerder “admit” word.

Alhoewel alles gedoen word om tegniese probleme te verhoed, kan personeel wel ’n krisis ervaar. Ons versoek dat leerders in so ’n geval in die “waiting room” sal wag. Sodra die tegniese probleem hanteer is, sal die leerder weer “admit” word en toegang tot die virtuele klas verkry. In ’n geval waar leerders as gevolg van tegniese probleme dele van die les gemis het, sal die betrokke personeel met u in aanraking kom en alternatiewe rëelings tref.

Skryf van Virtuele Toetse
Leerders wat moet isoleer en wat ook vir lang periodes afwesig is, mag die toets via ’n Zoomtoesig-sessie aflê. Sodra u isoleer, kontak u die skool en sal Mev. Marita Havenga met u in verbinding tree en die proses verder aan u verduidelik.

Leerders wat slegs vir ’n kort periode siek is en/of die Dinsdag se toetsperiode mis, kan soos in die verlede tydens die eerste daaropvolgende Maandag, tydens die saalperiode, in Mev. Diana Struwig se klas die vraestel skryf.

 
 

SNOEPIE: TUCK IN

Besoek ons gerus by die skool of aanlyn vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Aanlyn winkel
 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643