Nuusbrief  15                                                                    29 April 2021

 

UIT DIE KANTOOR

Met Werkersdag wat Saterdag gevier word gaan ons beste wense en ons innige respek aan ons ouers wat so hard werk.  Mag die Here u arbeid seën.

Die registrateur, mnr. Ernst Raubenheimer, en sy vrou Martie, tree die einde van die maand af. Ons wil hul graag bedank vir hul harde werk en die rol wat hulle in die Midstreamskole vervul het. Ons beste wense vergesel hulle. Mnr. Armand van der Merwe is as die nuwe registrateur aangestel en hy sluit Maandag by ons aan.

 
 

GRAAD 8-INSKRYWINGS 2022

Graad 8-inskrywings vir 2022 is tot Vrydag 30 April 2021 beskikbaar. Indien u kind by Midstream College gaan inskryf, moet u asseblief aanlyn aansoek doen.

Besoek asseblief die Midstream College webblad vir al die nodige instruksies en die aanlyn toelatingsvorm.

Vir enige navrae kontak me. Carine Cronje (carinec@midstreamcollege.co.za).

Aanlyn aansoeke
 
 

ANOK

As jy belangstel om deel van ANOK te word moet jy die volgende doen:

1. Skryf ‘n kort skoolverwante artikel (Arial font, grootte12, 1.5 lynspasiëring)
2. Jou artikel moet ‘n kop (opskrif) hê en jou naam, van en graad onder die kop.
3. Neem ‘n foto wat by jou artikel pas / maak ‘n video wat jou artikel kan vergesel.
4. Die bostaande moet aan me. V. Piekaar gestuur word teen Maandag 31 Mei. (vickyp@midstreamcollege.co.za)
5. Jy is welkom om meer inligting by juffrou Piekaar te kry, indien jy oor iets onseker is.

ANOK
 
 

SPREEKKOOR

Dit is tyd vir Spreekkoor 2021!
Ons nooi alle Graad 2, 3 en 4-leerders om deel te wees van die spreekkoor. Oefening sal op Dinsdae
16:30 – 17:15 in die saal wees. Ons eerste oefening sal op Dinsdag 4 Mei wees. As julle deel van die spreekkoor wil wees, stuur asseblief ‘n e-pos met u kind se naam, graad en klas na  karenk@midstreamcollege.co.za

 
 

SWEM: WINTEROEFENPROGRAM

Die winteroefenprogram begin Maandag 3 Mei by Midlands se verhitte onderdakswembad. Al die swemmers wat in kwartaal 1 deel van die oefengroep was, is welkom om by die winteroefenprogram in te skakel. Die volgende reëlings is belangrik om die winteroefenprogram by Midlands Swembad by te woon.

• Swemmers wat in Midlands Landgoed bly, moet slegs by die swembad registreer.
• Swemmers wat nie in Midlands Landgoed bly nie, moet asseblief ‘n registrasievorm invul (Me. Carien   
   Kruger sal dit aan die swemouers e-pos) en aansoek doen vir ‘n toegangskaart, teen ‘n fooi van R50.
   Hierdie swemmers moet by die toegangshek van Midlands registeer, sowel as by die swembad.
• Die administratiewe personeel van Midlands Landgoed het ‘n spanlys met al die swemmers se name,
   registrasie sal dienooreenkomstig plaasvind.

Die volgende personeel is die afrigters van die winteroefenprogram:
Me. Elmarie van Dyk
Me. Carna Kriel
Me. Trudy Strobel

Die oefendae en -tye is as volg:
Maandae: 14:00 – 15:00
Woensdae: 14:00 – 15:00

Die dra van ‘n swemkappie is verpligtend.

Die Interskole Gala is uitgestel tot September/Oktober. Dit is belangrik dat die swemmers gedurende die winter fiks bly, sodat hulle aan die Interskole Gala kan deelneem. Daarom moet alle nie-klubswemmers ten minste een oefening per week bywoon.

 
 

TENNIS

Ons wens graag die volgende tennisspelers, wat gedurende die volgende paar weke aan groot toernooie deelneem, sterkte toe!

Jayden Summers: TSA o.14 Nasionale Kampioenskappe in Bloemfontein

Malan van den Berg: TSA o.14 Super 8 Growthpoint Kampioenskappe in Bloemfontein

Louise Pieterse, Elné Gouws, Giselle Prinsloo, Nika Gouws, Amelie Ponting, Charl Cilliers, Aiden Holtzhausen, Milan Scheepers, Benno Viljoen, Harrison Nash: Inter-Afrika Truida Kestell o.11-toernooi in Bethlehem

Jayden Summers, Malan van den Berg, Pierre de la Port, Beyers Pretorius, Christoff Pieterse, Rikus Cilliers, Ruben de Lange, Ziané Gouws, Anouk Viljoen, Jeanne van der Merwe, Christoff van den Berg: Eerste rondte van die BNP Paribas Rising Star Tennis-toernooi: Groenkloof Tennis Club.

 
 

GHOLF

Leerders wat op ’n sinvolle wyse nege gaatjies op hul eie kan speel, is welkom om op Dinsdae by ons gholfspelers in te val. Spelers gaan op dié dae nege gaatjies onder toesig speel. Die reëling sal vanaf 4 Mei tot 15 Junie geld. Spelers moet stiptelik om 14:00 by die gholfbaan aanmeld. Om by die Covid 19-regulasies te hou, moet ons weet hoeveel leerders van die geleentheid gebruik sal maak. Stuur asseblief vir mnr. Kotze ’n e-pos met u kind se naam, van en graad, indien u kind belangstel.

DIE SESSIES IS NIE VIR AFRIGTING NIE, maar om spelers wat reeds kan speel, die geleentheid te bied om te speel.

Vir verdere inligting kontak mnr. Kotze by (012) 661–0724 of e-pos u navrae na: schalkk@midstreamcollege.co.za. (Kostes: R50-00 per speler per middag.)

Indien daar leerders is wat graag met gholf wil begin, of wat baie sukkel, kan hulle by die gholf-baan navraag doen met die oog op moontlike afrigting.

Kontakbesonderhede: Patrick: 082 992 1314 of per e-pos patrick@pobgolf.co.za
                                           Christo Eagleton: 082 536 3354.

 
 

KOSSAK-PROJEK

RAAK BETROKKE!
Word deel van ons Kossak-projek en reik saam met Midstream College Primêre Skool uit na behoeftige gesinne.    #reikuit     #maklikomtehelp

Pamflet
 
 

SNOEPIE: TUCK IN

Besoek ons gerus by die skool of aanlyn vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Aanlyn winkel
 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643