Nuusbrief  14                                                                    22 April 2021

 

UIT DIE KANTOOR

Ons ’n geseënde week by Midstream College Primêre Skool beleef, omdat dit ’n week was waar ons klem gelê het op dankbaarheid.
 
“Thankfulness creates gratitude which generates contentment that causes peace.” Todd Stocker

Dankie aan al ons ouers wat Maandag afsprake by personeel gehad het vir ons oueraand. Ongelukkig was daar ’n tegniese fout by die laaste besprekings. Dankie vir u geduld en ondersteuning hiermee. Ons personeel is hier om met u hande te vat en saam ’n verskil te maak in elke leerder se lewe. Ons besef die onsekerhede en veranderings van die afgelope jaar bring nuwe uitdagings vir ons leerders. Hiermee wil ek u weereens uitnooi om ’n afspraak te maak met ’n onderwyser indien u bekommerd is oor enige aspek van u kind se skoollewe.

Ek wens u ’n vreugdevolle langnaweek toe.

Maandag 26 April – Skoolvakansiedag
Dinsdag 27 April – Vryheidsdag

 
 

WÊRELDBOEKEDAG EN KARAKTERDAG

"You can find magic wherever you look. Sit back and relax, all you need is a book!" - Dr Seuss

Vier Vrydag 23 April 'Wêreldboekedag' deur saam 'n opwindende boek te lees.
 
Neem asseblief kennis dat 'Karakterdag' na Vrydag 2 Julie skuif. Meer inligting sal nader aan die tyd deurgegee word.

 
 

GR. 4–7 AKADEMIE – ‘N ‘NEXT LEVEL’-ONTWIKKELING OM DINGE TE VERGEMAKLIK

Daar sal van nou af kwartaalliks ’n geskeduleerde assesseringsdokument uitgestuur word. Al die assesserings/toetse waarvoor leerders formeel moet voorberei, sal vir al die leerareas op hierdie dokument verskyn. Klasassesserings wat nie formele voorbereiding verg nie, sal nie hierop aangedui wees nie.

Graad 4 Graad 5
Graad 6 Graad 7
 
 

AFRIKAANS EKSTRA LESSE

Die ekstra lesse se formaat verander vanaf hierdie kwartaal. Klasse geskied op Dinsdae en Woensdae vanaf 13:50–14:30. Lokale vir die lesse is teen Me. E. van der Merwe, C. Kruger, V. Piekaar en C. de Villiers se klasse op.

Dinsdae: Graad 6 en 7 Hooftaal en Eerste Addisionele Taal
Woensdae: Graad 4 en 5 Hooftaal en Eerste Addisionele Taal

 
 

DRAMA

Strydom Dramastudios bied weer dramaklasse by die skool aan.

Dit vind op Vrydae direk na skool plaas.

Kontak gerus vir At Strydom (atterjas@iafrica.com of 0824505887), of Nicoline Wildenboer (nicolinew@midstreamcollege.co.za) vir verdere inligting en inskrywings.

 
 

NETBAL

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die netbal en mininetbal bepalings.

Bepalings


Die rugbybepalings word nog deur die rugbyunie bepaal en sal sodra dit beskikbaar is op die webtuiste geplaas word.

 
 

GHOLF

Leerders wat op ’n sinvolle wyse nege gaatjies op hul eie kan speel, is welkom om op Dinsdae by ons gholfspelers in te val. Spelers gaan op dié dae nege gaatjies onder toesig speel. Die reëling sal vanaf 4 Mei tot 15 Junie geld. Spelers moet stiptelik om 14:00 by die gholfbaan aanmeld. Om by die Covid 19-regulasies te hou, moet ons weet hoeveel leerders van die geleentheid gebruik sal maak. Stuur asseblief vir mnr. Kotze ’n e-pos met u kind se naam, van en graad, indien u kind belangstel.

DIE SESSIES IS NIE VIR AFRIGTING NIE, maar om spelers wat reeds kan speel, die geleentheid te bied om te speel.

Vir verdere inligting kontak mnr. Kotze by (012) 661–0724 of e-pos u navrae na: schalkk@midstreamcollege.co.za. (Kostes: R50-00 per speler per middag.)

Indien daar leerders is wat graag met gholf wil begin, of wat baie sukkel, kan hulle by die gholf-baan navraag doen met die oog op moontlike afrigting.

Kontakbesonderhede: Patrick: 082 992 1314 of per e-pos patrick@pobgolf.co.za
                                           Christo Eagleton: 082 536 3354.

 
 

CHORAL VERSE

Choral Verse is ’n buitemuurse aktiwiteit waaraan almal van graad 1 tot 7 kan deelneem. Daar is geen oudisieproses nie en almal wat wil deelneem is welkom.

Choral Verse 2021 sal op Woensdag 28 April begin.

Oefeninge sal op die volgende tye plaasvind:
15:00–15:30 Junior Choral Verse (graad 1 – 3) in Juffrou Terri Janse van Rensburg se klas
15:30–16:15 Senior Choral Verse (graad 4 – 7) in die saal

Leerders wat nie fietsry of huis toe stap nie, moet asseblief na die oefening by Hek 1 gehaal word.

 
 

LANDLOOP-VOORSEISOEN (KWARTAAL 2)

Die tweede wedloop van AGN landloop se klubseisoen is komende Saterdag 24 April. Alle leerders is welkom om deel te neem.

Daar is baie belangrike inligting op die skool se webblad rakende kwartaal 2 se landloop byeenkomste. Lees asseblief deeglik daardeur.

Indien u nog nie op ons WhatsApp groep is nie, stuur vir ons ’n e-pos sodat ons u kan byvoeg.
Mnr. Sauer: gerhards@midstreamcollege.co.za
Mnr. Smith: dirks@midstreamcollege.co.za

Die oefensessies vir alle leerders is op Maandae, Dinsdae en Donderdae van 14:00–15:00.
Daar is geen oefening op Woensdae nie.

 
 

BULLETJIERUGBY-INLIGTINGSAAND

Ons is baie opgewonde dat die Bulletjies weer volstoom aan die gang is. Ons nooi graag al die ouers uit om ons inligtingsaand op Woensdag 28 April om 18:00 in die ouditorium by te woon.

 
 

TINA COWLEY

Die program fokus op leesvaardighede soos begriplees en spoedverbetering om leerders te help met studeer, leer en die beantwoording van vraestelle wat vir die res van ’n mens se lewe nodig is. Vir meer inligting druk op die onderstaande skakel.

Pamflet
 
 

GRAAD 8-INSKRYWINGS 2022

Graad 8-inskrywings vir 2022 is tot Vrydag 30 April 2021 beskikbaar. Indien u kind by Midstream College gaan inskryf, moet u asseblief aanlyn aansoek doen.

Besoek asseblief die Midstream College webblad vir al die nodige instruksies en die aanlyn toelatingsvorm.

Vir enige navrae kontak me. Carine Cronje (carinec@midstreamcollege.co.za).

Aanlyn aansoeke
 
 

SNOEPIE: TUCK IN

Vir u gerief het Tuck In nou ook ’n aanlyn winkel waar u kosblikkies, slaaie, toebroodjies, lekkernye,  gekookte middagetes en kombo’s kan bestel.
Besoek gerus die aanlyn winkel en bestel vandag!

Aanlyn winkel
 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643