UIT DIE KANTOOR
Welkom terug by die tweede kwartaal van 2021. ’n Spesiale welkom aan al ons nuwe leerders. Hierdie kwartaal is die begin van nuwe avontuur, nuwe uitdagings en nuwe vriende. Ons glo dat julle baie gelukkig hier sal wees en wonderlike herinneringe hier sal bou.
Ons vertrou dat ons leerders, ouers en personeel die ruskans terdeë geniet het. Graag wens ek u ’n gelukkige en opwindende nuwe kwartaal toe.
“The next level of results requires the next level of thinking.” – Ray Vaden
|