2021 KULTUURFEESINLIGTING
Daar word met trots aangekondig dat die jaarlikse Kultuurfees weer binnekort in volle swang gaan wees.
Vanjaar se tema is “Next Level”. Baie van die afdelings vereis dat dié tema uitgebeeld moet word. Vergewis u asseblief van elke afdeling se vereistes.
Massadeelname is vir ons ’n prioriteit, daarom wil ons elke leerder aanmoedig om aan ten minste een item deel te neem. Inskrywingsgelde sal slegs betaal word vir handwerk, “Terrific Tekkies”, “Flavour Festival”, “Master Class” en “Leading Ladies”.
Elke deelnemer ontvang ’n sertifikaat. Die beoordelaars se beslissing is finaal. U word vriendelik versoek om u kind te begelei in die keuse en inoefening van items. U is welkom om u kind self af te rig.
Let wel: Die personeel is slegs in beheer van afdelings, maar rig nie self af nie. Verseker asseblief dat u kind goed voorberei vir elke item, aangesien ’n onafgeronde vertoning kinders in die verleentheid kan stel.
Punte word vir deelname toegeken. Punte vir deelname, sowel as die simbole wat tydens optredes behaal word, word saam bereken om die algehele beste kultuurleerder te bepaal. Die leerders word by die Big Brag-aand aangekondig.
Let asseblief op die beperkings by die verskillende afdelings en hou ook in gedagte dat van die items op dieselfde dag plaasvind.
Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Sluitingsdatum vir inskrywings is 26 Maart 2021.
Alle leerders van ons skool mag deelneem en die verrigtinge in die middae as toeskouers bywoon. Geen leerder van ander skole mag aan ons kultuurfees deelneem nie. Ouers mag nie op hierdie stadium kom kyk of luister nie a.g.v. COVID-regulasies.
HOE WERK DIE INSKRYWINGS?
Alle items word via die Ouerpoort ingeskryf, behalwe instrumentaal wat via Google forms ingeskryf moet word. Dit is as gevolg van die verskeidenheid kategorieë wat per instrument beskikbaar is. (Sien skakel op Ouerpoort.)
Volg asseblief die onderstaande skakel na die Ouerpoort en druk op die Students-tab.
Druk op die leerder se foto en kies die “Cultural Festival Entries”-tab.
Vir meer inligting rakende ’n item, druk op die betrokke aktiwiteit.
Oefen jou keuses uit deur op die vierkant te druk. Nadat al die keuses gemaak is, druk op die “Sign Up”-knoppie regs-boaan die skerm.
Die aktiwiteite sal nou onderaan die skerm vertoon en u is suksesvol ingeskryf.