UIT DIE KANTOOR
“Listening is often the only thing needed to help someone”. – Onbekend
Ons leerders se emosionele welstand bepaal die manier waarop hul dink, voel en optree. Dit wat ons sê en doen, asook die omgewing, bepaal ons leerders se emosionele gesondheid. “Even the smallest act of caring for another person is like a drop of water – it will make ripples throughout the entire pond.”
“People don’t always need advice. Sometimes all they need is a hand to hold, an ear to listen and a heart to understand.” – Onbekend
Ons wil graag die laaste dag van die kwartaal feesvier. Ons feesdag sal ʼn slenterdag, Kaskardag, ʼn opvoering deur Act Studios en ʼn Paasboodskap vir leerders insluit. Al hierdie items sal binne die COVID-regulasies plaasvind.
Ons waardeer opreg ons ouers se entoesiasme met die bywoning van funksies, oefeninge en wedstryde. Dit is egter nie ons besluit dat ouers nie op die skoolterrein toegelaat word nie. Ons voldoen aan die voorskrifte van die Departement van Onderwys. Ons sal u in kennis stel sodra ons nuwe instruksies ontvang wat ouers op die skoolterrein akkommodeer. Dankie vir u begrip en volgehoue ondersteuning gedurende hierdie besonder moeilike tye.
|