UIT DIE KANTOOR
Herinneringe skep ‘n pad terug na iets wat reeds verby is en wat ‘n mens nie kan terugkry nie, maar wat wel ’n groot invloed op ons lewens gehad het. My grootste wens is om mooi herinneringe vir ons leerders te skep: “Laugh often – Dream big – Reach for the stars”.
Herinneringe is spesiale oomblikke wat ons lewensverhaal vertel. Ons graad 1-leerders se laerskool-verhaal het 40 dae gelede begin. Die herinneringe aan hul eerste paar dae in ons skool is ‘n spesiale tydperk in hul lewens en ons wil ’n besonderse herinnering vir hulle skep. “A special moment may last but a second... yet the memory can live on forever.”
|