Nuusbrief  9                                                                          4 Maart 2021

 

UIT DIE KANTOOR

Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om ons graad 5 – 7 (graad 4 – 6, 2020) akademiese presteerders met hul harde werk gedurende 2020 geluk te wens! Ons leerders het volhard en was daartoe verbind om hul beste te lewer. Ons wil ook graag ons ouers vir hul ondersteuning bedank. Julle verdien almal ook ʼn toekenning. Danksy die gesamentlike poging van ouers en onderwysers was ons leerders in staat om hierdie vlak van sukses te bereik. Ons is baie trots op elkeen van julle!

Ek is seker dat 2021 met gereelde skoolbywoning vir elke leerder baie positiewe voordele sal inhou! Kinders is almal individue en presteer op soveel verskillende gebiede. Ons verwelkom met vele hoop en verwagting sport terug by ons kurrikulum, en sien uit daarna om talle meer leerders op dié manier te bemagtig.

 
 

SPORTOEFENINGE

Leerders moet asseblief onthou om hul eie waterbottels na die oefensessies saam te bring om aan COVID-19 protokol te voldoen. Onthou ook asseblief om voor oefeninge sonskerm aan te smeer.

 Let wel: Ouers word steeds volgens die COVID-protokol nie op die skoolgronde toegelaat nie.

 
 

VERKEER

Die skool besef dat daar kommer is oor die verkeersvloei voor en na skool. Die saak word deur die direkteure en bestuur ondersoek en is na verkeersingenieurs verwys wat uiteindelik daartoe sal lei dat veranderinge aangebring sal word. Vanaf Dinsdag 2 Maart is die sluitingstye van die skool soos volg:
13:15 – skool sluit vir gr. 1’s & 2’s
13:30 – skool sluit vir gr. 3’s, 4’s & 5’s
13:40 – skool sluit vir gr. 6’s & 7’s

13:50 – skool sluit vir gr. 8’s & 9’s
14:00 – skool sluit vir gr. 10's, 11's & 12’s

Help ons asseblief om die verkeersdruk te verlig deur by die tye te hou, die verkeersreëls te gehoorsaam en geduldig te bly.

Moet asseblief nie van die hoërskoolpakering gebruik maak, as net laerskoolleerders opgelaai word nie.

 
 

HUISWERK

Alhoewel leerders in die Intersenfase hulle huiswerk in hulle dagboeke neerskryf, is huiswerk ook op die leerderpoort beskikbaar. Ons vra dat ouers asseblief leerders sal aanmoedig en help om daagliks op die leerderpoort te kyk.

 
 

HEKKE

Hekke (hek 2 en 3 – by laerskool se parkeerarea) sal van 07:00 tot 7:45 oop wees en weer van 13:15 tot 14:15.

Hek 12 en Balmoralhek sal van 07:15 tot 07:45 oop wees en weer vanaf 13:15 tot 18:00.

 
 

KOSSAK-PROJEK

Midstream College Primêre Skool reik jaarliks uit na gesinne in nood, deur basiese nie-bederfbare voedsel en ander huishoudelike items te voorsien.
Tesame met KSM wil ons optimaal en effektief voedsel na gesinne in nood versprei. Kossakke word maandeliks deur gesinne gevul en by die skool afgelewer, waarna dit aan KSM oorhandig word vir verspreiding. Alternatiewelik kan u as gesin kies om een of meer (10 in totaal) sakke deur die loop van die jaar te borg, deur maandeliks die bedrag vir ’n sak direk in die kerk se rekening in te betaal.

Dit is ’n maklike manier om by liefdadigheid betrokke te raak en u kinders deel te maak van ’n omgee-projek.

Sien asseblief die pamflet vir meer inligting.

Indien u belangstel, regsitreer asseblief deur die skakel hieronder te volg.

Pamflet Registreer
 
 

GRAAD 8-INSKRYWINGS 2022

Graad 8-inskrywings vir 2022 is tot Vrydag 30 April 2021 beskikbaar. Indien u kind by Midstream College gaan inskryf, moet u asseblief aanlyn aansoek doen.

Besoek asseblief die Midstream College webblad vir al die nodige instruksies en die aanlyn toelatingsvorm.

Vir enige navrae kontak me. Carine Cronje (carinec@midstreamcollege.co.za).

Aanlyn aansoeke
 
 

SNOEPIE: TUCK IN

Vir u gerief het Tuck In nou ook ’n aanlyn winkel waar u kosblikkies, slaaie, toebroodjies, lekkernye,  gekookte middagetes en kombo’s kan bestel.
Besoek gerus die aanlyn winkel en bestel vandag!

Aanlyn winkel
 
 

MUURBAL

Baie geluk aan die volgende leerders wat aan die NJSA Round Robin muurbaltoernooi deelgeneem het. Ons is baie trots op elkeen van julle.

Wian de Bruin -  Wenner seuns o.13
Elzandri Janse van Rensburg -  Wenner meisies o.13
Aurick Sheosunker - 2de plek seuns o.13
Gerhard van der Westhuizen - 3de plek seuns o.13

 
 

RUITERKUNS

Morgan Parmenter-Bridger het Sondag 28 Februarie aan die Gauteng Equitation Pony Welcome Graded League deelgeneem.

Sy het in twee klasse meegeding en het 1ste en 2de geëindig.

 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643