GELUKWENSE
Midstream College het weereens voortreflike matriekuitslae behaal! Die laerskool is so trots daarop om met hierdie graad 12’s van 2020 en hul onderwysers geassosieer te word en wens hulle geluk met hulle harde werk en pligsgetrouheid! Dít wil gedoen word!
Hiermee die uitslae:
• 100% slaagsyfer vir die 9de agtereenvolgende jaar (IEB-slaagsyfer – 98,1%).
• 100% tersiêre toelating.
• 453 onderskeidings (3,1 per kandidaat).
• 7 kandidate in die top 100 IEB-kandidate (Mishke Jooste, Ryno Pieterse, Lené Koch, Ingemari Malan, Wynand van der Berg, Ruelé van Zyl en Xuan Yssel).
• 18 van die 19 vakke wat die College aanbied is bo die IEB-vakgemiddeld.
• 4 vakke se gemiddeld is bo 80%.
• 8 vakke se gemiddeld is bo 75%.
• 3 vakke se gemiddeld is bo 70%.
• 3 vakke se gemiddeld is bo 65%.
Verdere interessante vakstatistiek wat van belang is:
• 82% van al die matrieks het Wiskunde geneem met ‘n gemiddeld van 74,1%.
40% van hierdie kandidate behaal ‘n gemiddeld bo 80%.
• 59% van die Rekeningkunde-kandidate behaal ‘n gemiddeld bo 80%. (Vakgemiddeld – 78,5%).
• 74% van die IGO-kandidate behaal ‘n gemiddeld bo 80%. (Vakgemiddeld – 85,8%).
• 62% van die IT-kandidate behaal ‘n gemiddeld bo 80%. (Vakgemiddeld – 79,7%).
• 53% van die English First Additional Language–kandidate behaal ‘n gemiddeld bo 80%.
(Vakgemiddeld – 80,1%).
Besoek asseblief ons webwerf vir meer volledige uitslae.
|