Nuusbrief  7                                                              18 Februarie 2021

 

UIT DIE KANTOOR

Ek stel graag 'n heildronk in op Midstream College tydens ons 15de verjaardag. Ons dank ons Hemelse Vader vir al die seëninge wat ons as skool in die afgelope 15 jaar ervaar het. ‘n Mens dink natuurlik dadelik aan al die rolspelers wat deel is van die skool se suksesverhale en elke dag so verantwoordelik en doelgerig werk. Ons uitstekende skool is die resultaat van spanwerk tussen leerders, ouers en onderwysers.

Ons wens ons skool 'n onvergeetlike 15de bestaansjaar toe, gevul met geluk, omgee en voorspoed.

 
 

FLIP FLOP-DAG

'n Woord van dank aan al ons ouers en leerders vir hulle ondersteuning tydens CHOC se Flip Flop-dag. Ons het 'n fenomenale R8 370 vir hierdie instansie ingesamel.

 
 

L.O. LESSE

Ons versoek asseblief dat u verseker dat u kind op L.O.-dae 'n hoed dra en sonskerm aanwend.

 
 

VERGETE ITEMS

Ons versoek asseblief dat ouers sal toesien dat leerders alles vir die dag pak, sodat dit nie nodig is vir leerders om ouers vir vergete benodigdhede bv. kos, sportsakke, take, ens. te skakel nie. Die toeloop in die kantoor en die aflewering van sulke items bemoeilik die volg van COVID-19-protokol. Help ons asseblief om u kind veilig te hou.

 
 

JUNIOR KOOR

Alle seuns en dogters in graad 1 – 3 wat lief is daarvoor om te sing, kom sluit asseblief by die junior koor aan. Almal is welkom - daar sal geen oudisies wees nie. Junior kooroefening vind op Woensdae om 13:45 – 14:45 plaas. Voltooi asseblief die googlevorm indien u kind wil aansluit. Dit geld ook vir leerders wat verlede jaar deel van die junior koor was.

Googlevorm
 
 

SNOEPIE: TUCK IN

Vir u gerief het Tuck In nou ook ’n aanlyn winkel waar u kosblikkies, slaaie, toebroodjies, lekkernye,  gekookte middagetes en kombo’s kan bestel.
Besoek gerus die aanlyn winkel en bestel vandag!

Aanlyn winkel
 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643