|
|
|
Nuusbrief 4 28 Januarie 2021
|
|
|
|
UIT DIE KANTOOR
“We shall never know all the good that a simple smile can do.” – Mother Teresa
Graag wil ek begin deur elke ouer te bedank vir die wyse wat u ons hande met die virtuele klasse versterk het.
Ons sien uit daarna om Maandag al ons leerders, maar in die besonder ons graad 1’s en nuwe leerders, persoonlik te ontmoet.
Alhoewel ons nou meer en meer na normaliteit beweeg met die leerders wat vanaf Maandag 1 Februarie elke dag skool mag bywoon, wil ek u verseker dat ons nog steeds die pandemie en die regulasies daarrondom baie ernstig opneem. Die dra van maskers, die fisiese distansiëring en die siftingsproses (“screening”) sal voortgaan. Elke leerder moet asseblief sorg dat hy elke dag 1 ekstra masker by die skool het.
Indien u kind egter geïsoleer moet word of enige simptome toon, moet u hom/haar asseblief tuis hou. In die interim sal ons met virtuele klasse vir hierdie leerders voortgaan.
|
|
|
|
|
KLEREDRAG
Normale somersdrag moet daagliks gedra word (Dogters ‒ skoolrokke, hemde, kouse en skoene. Seuns ‒ kortbroek en hemp met skoene en kouse).
Alle leerders dra L.O.-klere slegs op dae wat hulle L.O. het. Hulle kan dan met die L.O.-drag skool toe kom.
|
SKOOLTYE
Skooltye is as volg:
• Graad 1- en 2-leerders van 07:45 tot 13:15. Kom in by hek 2. Graad 1
gaan uit by hek 2, terwyl graad 2 by hek 3 uitgaan.
• Graad 3-leerders van 07:45 tot 13:30 (in en uit by hek 2)
• Graad 4- en 5-leerders van 07:45 tot 13:40 (hek 3)
• Graad 6- en 7-leerders van 07:45 tot 13:45 (in by hek 3 en uit by hek 2).
Hekke (hek 2 en 3 – by laerskool se parkeerarea) open om 07:00. Hande word by die hek ontsmet en temperatuurmeting word in graadverband gedoen.
Hek 12 sal van 07:15 ‒ 07:45 oop wees en weer vanaf 13:15 tot 18:00.
|
|
|
|
VRAELYSTE WAT BEANTWOORD MOET WORD VOOR LEERDERS TERUGKEER SKOOLTOE
Ouers word versoek om asb. die vraelys vir die siftingsproses op die ouerpoort te voltooi, voordat leerders Maandag 1 Februarie by die skool aanmeld. Indien enige van hierdie inligting verander, moet ouers asseblief dadelik vir Suster Yvonne Malan (yvonnem@midstreamcollege.co.za) by die skool in kennis stel.
1. Volg die skakel na die ouerpoort, en teken in met u Parent ID en wagwoord.
2. Druk op die Student-tab en druk op die foto van u kind.
3. Beweeg na die COVID19-tab en voltooi die 4 vrae in die dropdown menu.
“Submit” asseblief na elke antwoord.
|
|
|
|
GRONDSLAGFASE
Grondslagfase-leerders wat steeds van die aanlyn onderrigplatform gebruik gaan maak, sal die klasonderwyser se Zoom-uitnodiging skakel direk van die onderwyser ontvang. Hierdie skakel sal regdeur die dag gebruik word, aangesien alle klasse in die onderwyser se klaskamer sal plaasvind. Die leerder moet om 07:00 aanteken om by die klas aan te sluit. Aan die einde van die sessie moet elkeen net weer aanteken en met die klas voortgaan. Dieselfde skakel word deur die hele dag gebruik.
ʼn Klasrooster wat LO-, Musiek- en Rekenaarlesse aandui, sal aan die ouers gestuur word. Tydens hierdie periodes sal die leerder nie vir die les hoef aan te teken nie. Hierdie tyd kan gebruik word om werk te voltooi, hersiening te doen of met huiswerk te begin.
Die klasonderwyser sal persoonlik met die ouers reël t.o.v. die afhaal of indiening van werk. Indien ʼn ouer egter nie in staat is om werk by die skool af te haal nie, sal die huiswerkkaart, sowel as alle werkkaarte wat vir die week benodig word, op die ouerpoort en leerderpoort beskikbaar wees.
|
|
|
|
INTERSENFASE
Alhoewel leerders terugkeer na die volledige skoolrooster wat al die vakke insluit, sal die “Virtual Classroom”-funksie nog steeds op die leerder- en ouerpoort beskikbaar wees. Dit is vir ingeval leerders weens geldige redes skool aanlyn moet bywoon.
Leerders wat aanlyn klasse bywoon sal die normale rooster volg. Dit sluit egter Liggaamlike Opvoeding uit, aangesien dit in die buitelug geskied. Let asseblief ook daarop dat die volgende onderwysers se klasse nie tydens skoolure sal geskied nie, maar wel in die namiddag aangebied sal word: Me. Lelanie Groenewald, Me. Janine Brummer en Mnr. Estian Esterhuizen. Hierdie namiddag-rooster met skakels sal op die leerderpoort onder ‘Dashboard’ beskikbaar wees.
Leerders wat die aanlyn skool bywoon, sal soos in die verlede weer die kwartaaltoetse, onder Zoom-toesig kan aflê. Maak asseblief seker dat die leerders toegang het tot Zoom, asook ‘n werkende kamera en ‘n mikrofoon . Ouers moet weekliks vir hierdie aanlyn toetsperiode aansoek doen.
|
|
|
|
NASKOOL
Die naskool sal op 1 Februarie hervat. Vir enige navrae kan u vir mev. Saarmari van der Vyver kontak (saarmariv@midstreamcollege.co.za).
Indien u van die naskooldiens gebruik wil maak, voltooi asseblief die onderstaande skakel voor Maandag
1 Februarie teen 09:00.
|
|
|
|
|
| |