Nuusbrief  9                                                                         9 Maart 2023

 

UIT DIE KANTOOR

Sjoe, ons het ’n ongelooflike week vol wonderlike sport beleef! Ons is so trots op ons A-ligaswemmers wat weereens bewys het dat hulle ’n formidabele krag in die swembad is, deur weer as die beste span bekroon te word en die pragtige skild te verower.

Hulle is nie net kampioene in die swembad nie, maar ook in die manier waarop hulle hulself langs die swembad gehandhaaf het en die wyse waarop hulle Midstream se naam hoog gehou het toe hulle die terrein na afloop van die gala, so netjies agtergelaat het.

Ons is ook baie trots op ons B-span swemmers wat ook met pure vasberadenheid geswem het en goed presteer het in hul nuwe liga. Ons leerders het my weer opnuut ‘n waardering vir hulle skooltrots en die voorbeeld wat hulle in beide hul gedrag en hul omgee vir ons omgewing stel, gegee.

Ons naweek was aksiebelaai. Ons het Saterdag ’n baie suksesvolle “Blou Bulle”-dag aangebied en ons is dankbaar vir almal wat hiertoe bygedra het, van ons seuns wat Saterdag met hart en siel gespeel het en ons graad 7’s se toegewyde hulp tot die oorvloed van mense wat die dag bygewoon het. Ons netbalproewe Saterdag het ook seepglad verloop.

Ons het gister 'n baie suksesvolle Opedag aangebied en was uiters trots op ons graad 6-leerders wat aan die spits gestaan het en Midstream College Primêre Skool pragtig verteenwoordig het.  Hulle entoeisiasme en positiewe gesindheid was 'n vreugde om te aanskou.

Dit is so belangrik dat ons by die skool en ook by die huis, voortdurend ons kinders leer om vriendelik en goedgesind te wees. Ons sal graag wil hê dat ons kinders se mensliewendheid iets is wat almal in Midstream beleef.
“Kindness is giving hope to those who think they are all alone in this world.”
“Kindness is seeing the best in others when they cannot see it in themselves.”
“Kindness is something anyone can give without losing anything themselves.”
“Kindness is not what you do, but who you are.”

 
 

YADAH

Hierdie week bid ons vir die graad 3’s. Ons bid vir ‘n baie spesiale vertrouensverhouding tussen elke graaddrietjie en sy/haar juffrou. Ons bid vir groei in elkeen se selfvertroue, hulle goedgesindheid en skoolvaardighede en dat hulle ‘n wonderlike en geseënde jaar sal beleef.

 
 

KASKARDAG

Kaskardag vind op Vrydag 17 Maart gedurende skoolure plaas.
Skool sluit om 12:00.
Leerders trek LO-klere aan.
Onthou om sonblok aan te smeer en jou skoolsonhoed op te sit.
Bring water en ’n skoolkos saam.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae.

Sportuitslae
 

GRAAD 8-INSKRYWINGS 2024

Graad 8-inskrywings vir 2024 sluit Vrydag 28 April 2023. Indien u kind by Midstream College gaan inskryf, moet u asseblief aanlyn aansoek doen.

Besoek asseblief die Midstream College-webblad vir al die nodige instruksies en die aanlyn toelatingsvorm

Vir enige toelatingsnavrae, kontak me. Carine Cronje. (carinec@midstreamcollege.co.za)

Toelatings
 
 

AANSOEKE VIR GRAAD 1 2024

Ouers word versoek om asseblief graad 1-aansoeke vir 2024 voor die einde van Maart 2023 in te dien. Geen aansoeke per e-pos of as harde kopie nie, asseblief. Volg die skakel na Toelatings om ’n aanlyn aansoekvorm te voltooi.

Vir enige navrae, kontak asseblief vir Corrie Burger by corrieb@midstreamcollege.co.za of 012 940 9122.

Inskrywing
 
 

STUDIEMETODE KURSUS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir meer inligting rakende ’n studiemetodekursus wat vir die Afrikaanssprekende graad 5- tot 7-leerders aangebied word.

INLIGTING
 
 

VAKANSIEPROGRAM

’n Vakansieklub sal Maandag 20 Maart, Woensdag 22 Maart, Donderdag 23 Maart vanaf 7:30 – 17:00 en Vrydag 24 Maart van 7:30 – 13:00 aangebied word. Alle leerders is welkom. Indien u belangstel, voltooi asseblief die onderstaande Google-vorm voor of op 14 Maart.

Google Vorm
 
 

DIE UNIFORMWINKEL

Handelsure tydens die lvakansie:
17 Maart: 8:00 – 17:00
18 Maart – 4 April: Gesluit
5 – 6 April: 8:00 – 16:00
7 – 10 April: Gesluit
11 April: 8:00 – 17:00
Vir dringende versoeke, skakel 064 937 0551.

 
 

KOSSAK-PROJEK
MIDSTREAM GEE OM – RAAK BETROKKE!

Midstream College Primêre Skool reik jaarliks uit na gesinne in nood, deur basiese nie-bederfbare voedsel en ander huishoudelike items te voorsien. Tesame met KSM wil ons optimaal en effektief voedsel na gesinne in nood versprei. Kossakke word maandeliks deur Midstream-gesinne gevul en by die skool afgelewer, waarna dit aan KSM oorhandig word vir verspreiding. Alternatiewelik kan u as gesin kies om sakke deur die loop van die jaar te borg, deur maandeliks die bedrag vir ’n sak direk in die kerk se rekening in te betaal.

Dit is ’n maklike manier om by liefdadigheid betrokke te raak en u kinders deel te maak van ’n omgee-projek.

Indien u belangstel, registreer asseblief deur die skakel hieronder te volg.

Skakel
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643