Nuusbrief  8                                                                         2 Maart 2023

 

UIT DIE KANTOOR

“Excellence is the unlimited ability to improve the quality of what you have to offer” Rick Pitino. Wanneer ek dus aan ons atlete dink wat aan die Distrikskompetisie deelgeneem het, kan ek hulle met een woord beskryf: uitnemend! Ek wil elke lid van die span gelukwens. Julle was ware ambassadeurs, en ons is so trots op julle.

Volgende week is die kersie op die koek vir ons swemmers. Alle oë is Maandag en Dinsdag op hulle tydens hul laaste ligagala van die seisoen. Sterkte aan al ons swemmers, streef daarna om julle bes te doen en swem met jou hele hart!

Ons rekenaarlaboratoriums gons tydens ons Robotika-lesse en is verheug om dit by ons skool te kan aanbied. So voeg ons nog 'n dimensie by elke kind se opvoedkundige leerervaring.

 
 

YADAH

Hierdie week bid ons vir ons kosbare graad 4’s. Ons bid dat hulle elke dag God se teenwoordigheid in hulle lewens sal ervaar. Ons vra God om hul harte met vreugde, hul verstandjies met leergierigheid en hul vriendskappe met sagmoedigheid te vul. In ons gebede vra ons God ook vir krag in tye wanneer hulle oorweldig voel, om dapper te wees.

 
 

DISTRIKSPAN

Ons wil graag die volgende 13 atlete gelukwens wat die Distrikspan gehaal het. Dié span neem aan die Gauteng Atletiekkampioenskappe deel wat van 10 – 11 Maart by Ruimsig plaasvind. Baie sterkte aan elke atleet wat gaan deelneem.

Michael Delport
Jessica Barnard
Linmari Kirkpatrick
Marcel van der Leek
Angelique Lombard
Jecoliah Ndlovu
Tidi Senyatsi
Janelle Kirkpatrick
Lené Greyling
Mizé Raubenheimer
Rikus Holtzhausen
Kwena Mojapelo
Richard Morris

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae.

Sportuitslae
 

OPEDAG

Druk asseblief op die onderstaande skakel om Midstream College Primëre Skool se webtuiste te besoek, druk dan op die skakel (Bespreek) onder "IN DIE KOLLIG" om 'n geskikte tydsgleuf vir die opedag te bespreek.

Webwerf
 
 

BANKREKENING

Ons herinner u daaraan dat die skool se bankrekening vanaf ABSA na Investec Bank geskuif het, Sien asb. die inligting wat saam met rekenings uitgestuur is.

 
 

GRAAD 1-GALA

Die graad 1-gala vind Dinsdag 14 Maart by die skool plaas. Die gala begin om 14:00. Indien u kind vryslag, rugslag en/of borsslag met gemak (sonder enige hulp) oor ’n afstand van 25 m kan swem, is u welkom om u kind vir die gala in te skryf, deur op die skakel te klik. Die afsnydatum vir die inskrywings is Woensdag 8 Maart om 10:00. Ongelukkig kan geen laat inskrywings aanvaar word nie.

Inskrywing
 
 

AANSOEKE VIR GRAAD 1 2024

Ouers word versoek om asseblief graad 1-aansoeke vir 2024 voor die einde van Maart 2023 in te dien. Geen aansoeke per e-pos of as harde kopie nie, asseblief. Volg die skakel na Toelatings om ’n aanlyn aansoekvorm te voltooi.

Inskrywing
 
 

VAKANSIEPROGRAM

’n Vakansieklub sal Maandag 20 Maart, Woensdag 22 Maart, Donderdag 23 Maart vanaf 7:30 – 17:00 en Vrydag 24 Maart van 7:30 – 13:00 aangebied word. Alle leerders is welkom. Indien u belangstel, voltooi asseblief die onderstaande Google-vorm voor of op 14 Maart.

Google Vorm
 
 

LANDLOOPOEFENING

Landloopoefening het reeds begin.
Oefening is Maandae, Dinsdae en Donderdae van 14:00 tot 15:00.
Ons ontmoet mekaar op die pawiljoen, naaste punt aan die skoolgebou.
Bring jou waterbottel, tekkies en ’n vriend saam.

 
 

2023 KULTUURFEESINLIGTING

Daar word met trots aangekondig dat die jaarlikse Kultuurfees weer binnekort in volle swang gaan wees. Inskrywings het reeds op 20 Februarie 2023 geopen.

Vanjaar se tema is “Dit begin by ons”. Baie van die afdelings vereis dat dié tema uitgebeeld moet word. Vergewis u dus van elke afdeling se vereistes.

Massadeelname is vir ons ’n prioriteit, daarom wil ons elke leerder aanmoedig om aan ten minste een item deel te neem.

Geen inskrywingsgelde word vereis nie, behalwe by handwerk, “Flavour Festival”, “Flavour Festival – Master Class” en “Leading Ladies”.

Die beoordelaars se beslissing is finaal.
U word vriendelik versoek om u kind te begelei in die keuse en inoefening van items. U is welkom om u kind self af te rig.

Let wel: Die personeel is slegs in beheer van afdelings, maar rig nie self die leerders af nie. Verseker asseblief dat u kind goed voorberei.

Punte word vir deelname toegeken. Punte vir deelname, sowel as die simbole wat tydens optrede behaal word, word saam bereken om die algehele beste kultuurleerder te bepaal. Die wenners word by die Sport en Kultuur Gala-aand aangekondig.

Let asseblief op die beperkings by die verskillende afdelings en hou ook in gedagte dat van die items op dieselfde dag plaasvind.

Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Sluitingsdatum vir inskrywings is 3 Maart 2023.

Alle leerders van ons skool mag deelneem en die verrigtinge in die middae as toeskouers bywoon. Geen leerders van ander skole mag aan ons Kultuurfees deelneem nie.

HOE WERK DIE INSKRYWINGS?
Alle items word via die Ouerpoort ingeskryf.
Volg asseblief die onderstaande skakel na die Ouerpoort en druk op die “Students”-tab.
Klik op die leerder se foto en kies die “Cultural Festival Entries”-tab.
Vir meer inligting rakende ’n item, druk op die betrokke aktiwiteit.
Oefen jou keuses uit deur op die vierkant te druk.
Nadat al die keuses gemaak is, druk op die “Sign Up”-knoppie regs bo-aan die skerm.
Die aktiwiteite/items sal onderaan die skerm vertoon en u is suksesvol ingeskryf.

Ouerpoort
 
 

KOSSAK-PROJEK
MIDSTREAM GEE OM – RAAK BETROKKE!

Midstream College Primêre Skool reik jaarliks uit na gesinne in nood, deur basiese nie-bederfbare voedsel en ander huishoudelike items te voorsien. Tesame met KSM wil ons optimaal en effektief voedsel na gesinne in nood versprei. Kossakke word maandeliks deur Midstream-gesinne gevul en by die skool afgelewer, waarna dit aan KSM oorhandig word vir verspreiding. Alternatiewelik kan u as gesin kies om sakke deur die loop van die jaar te borg, deur maandeliks die bedrag vir ’n sak direk in die kerk se rekening in te betaal.

Dit is ’n maklike manier om by liefdadigheid betrokke te raak en u kinders deel te maak van ’n omgee-projek.

Indien u belangstel, registreer asseblief deur die skakel hieronder te volg.

Skakel
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643