Nuusbrief  7                                                              23 Februarie 2023

 

UIT DIE KANTOOR

Februarie sal seker altyd onthou word as die maand van liefde en sjokolade, maar ons sal Februarie 2023 onthou as die maand van reën. Ons is baie dankbaar vir die reën, maar ons is ewe dankbaar dat ons Dinsdag uiteindelike die Cluster-atletiekbyeenkoms kon voltooi. Baie geluk aan ons atlete wat ons naam hoog gehou het, ons is trots op julle. Ons wens dan ook die volgende atlete sterkte toe vir die Distrikbyeenkoms more:

 

0.10

Klara Ballot – Verspring
Mishke Cilliers – 80m, 100m, 70mH

o.12

Angelique Lombard - 150m, 75mH, 150mH
Jecoliah Ndlovu – Verspring
Dean Dryden – Verspring
Tidi Senyatsi – Spiesgooi

o.11

Jessica Barnard – 70mH, Verspring
Linmari Kirkpatrick – 100m, 70mH, Verspring
Banie Claasen – 1200m
Michael Delport – Verspring, 70mH
Marcel van der Leek – 1200m

o.13

Isabella Ferreira – 1500m Stap
Lené Greyling – 200mH, 75mH
Janelle Kirkpatrick – Long Jump, 75mH, 200mH Mikayla Nel – 1500m Stap
Mizé Raubenheimer – 800m, 1500m
Rikus Holtzhausen – Verspring, 200mH
Jonah Kind – 1500m Stap
Kwena Mojapelo – 100m, 200m
Richard Morris – 1500m Stap
George Wiehahn - Spiesgooi

Dankie aan al ons leerders wat by ’n wintersport aangesluit het. Ek wil graag ’n aanhaling van Gecko&Fly met u deel: “We are not a team because we work together. We are a team because we respect, trust and care for each other.”

 
 

YADAH

Hierdie week bid ons vir die graad 5’s. Ons bid dat God hulle sal bewaar en beskerm. Ons vra, Here, dat U hierdie skooljaar elke leerder, elke ervaring en elke les sal gebruik om hulle volgens U beeld te vorm en dat hulle in die vrug van U gees sal groei.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die Cluster-uitslae.

Cluster-uitslae
 

OPEDAG

Druk asseblief op die onderstaande skakel om Midstream College Primëre Skool se webtuiste te besoek, druk dan op die skakel (Bespreek) onder "IN DIE KOLLIG" om 'n geskikte tydsgleuf vir die opedag te bespreek.

Webwerf
 
 

GEEN NETBALOEFENING VIR O.10 - O.13

Weens die soneproewe wat op 28 Februarie plaasvind, sal daar geen netbaloefening vir o.10- tot o.13-leerders wees nie. Die mini-netbaloefening gaan soos normaal voort.

 
 

CHOC: “FLIP FLOP”-DAG

Baie dankie aan elke Midstreamer wat ons CHOC Flip Flop-dag ondersteun het. Die skool het ’n fantastiese R7 090-00 vir hierdie organisasie ingesamel! Sonder julle toegewyde hulp en ondersteuning sou die dag nie ’n sukses gewees het nie.

 
 

2023 KULTUURFEESINLIGTING

Daar word met trots aangekondig dat die jaarlikse Kultuurfees weer binnekort in volle swang gaan wees. Inskrywings het reeds op 20 Februarie 2023 geopen.

Vanjaar se tema is “Dit begin by ons”. Baie van die afdelings vereis dat dié tema uitgebeeld moet word. Vergewis u dus van elke afdeling se vereistes.

Massadeelname is vir ons ’n prioriteit, daarom wil ons elke leerder aanmoedig om aan ten minste een item deel te neem.

Geen inskrywingsgelde word vereis nie, behalwe by handwerk, “Flavour Festival”, “Flavour Festival – Master Class” en “Leading Ladies”.

Die beoordelaars se beslissing is finaal.
U word vriendelik versoek om u kind te begelei in die keuse en inoefening van items. U is welkom om u kind self af te rig.

Let wel: Die personeel is slegs in beheer van afdelings, maar rig nie self die leerders af nie. Verseker asseblief dat u kind goed voorberei.

Punte word vir deelname toegeken. Punte vir deelname, sowel as die simbole wat tydens optrede behaal word, word saam bereken om die algehele beste kultuurleerder te bepaal. Die wenners word by die Sport en Kultuur Gala-aand aangekondig.

Let asseblief op die beperkings by die verskillende afdelings en hou ook in gedagte dat van die items op dieselfde dag plaasvind.

Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Sluitingsdatum vir inskrywings is 3 Maart 2023.

Alle leerders van ons skool mag deelneem en die verrigtinge in die middae as toeskouers bywoon. Geen leerders van ander skole mag aan ons Kultuurfees deelneem nie.

HOE WERK DIE INSKRYWINGS?
Alle items word via die Ouerpoort ingeskryf.
Volg asseblief die onderstaande skakel na die Ouerpoort en druk op die “Students”-tab.
Klik op die leerder se foto en kies die “Cultural Festival Entries”-tab.
Vir meer inligting rakende ’n item, druk op die betrokke aktiwiteit.
Oefen jou keuses uit deur op die vierkant te druk.
Nadat al die keuses gemaak is, druk op die “Sign Up”-knoppie regs bo-aan die skerm.
Die aktiwiteite/items sal onderaan die skerm vertoon en u is suksesvol ingeskryf.

Ouerpoort
 
 

KOSSAK-PROJEK
MIDSTREAM GEE OM – RAAK BETROKKE!

Midstream College Primêre Skool reik jaarliks uit na gesinne in nood, deur basiese nie-bederfbare voedsel en ander huishoudelike items te voorsien. Tesame met KSM wil ons optimaal en effektief voedsel na gesinne in nood versprei. Kossakke word maandeliks deur Midstream-gesinne gevul en by die skool afgelewer, waarna dit aan KSM oorhandig word vir verspreiding. Alternatiewelik kan u as gesin kies om sakke deur die loop van die jaar te borg, deur maandeliks die bedrag vir ’n sak direk in die kerk se rekening in te betaal.

Dit is ’n maklike manier om by liefdadigheid betrokke te raak en u kinders deel te maak van ’n omgee-projek.

Indien u belangstel, registreer asseblief deur die skakel hieronder te volg.

Skakel
 
 

TWEEDEHANDSE KLEREWINKEL

Die tweedehandse klerewinkel is op die skoolterrein agter die pawiljoen geleë. Die winkel voorsien skoolklere sowel as sportklere, handboeke, ensovoorts.

Die winkel se handelsure gedurende die kwartaal is Maandae en Woensdae 7:00 – 8:00.
Kontak Hestha by  082 520 0478 vir meer inligting.

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643