Nuusbrief  6                                                              16 Februarie 2023

 

UIT DIE KANTOOR

Die reën wat so heerlik geval het die afgelope week, het my herinner aan die volgende aanhaling:   “Without rain nothing grows. Learn to embrace the storms of your life.”

Ons hoop egter die reën gee ons die geleentheid om more die swemgala en Maandag die Cluster byeenkoms te voltooi. Baie sterkte aan ons swemmers en atlete.

Ons moedig ons leerders aan om volgende week by die wintersport-program aan te sluit, sowel as om vir die Kultuurfees in te skryf.

Ons wens u ‘n geseënde week toe.

 
 

YADAH

Hierdie week bid ons vir die graadsesse. Ons bid dat God hulle met ‘n wonderlike jaar salseën, gevul met persoonlike groei, baie pret, nuwe avonture en goeie vriende.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae.

Sportuitslae
 

OPEDAG

Druk asseblief op die onderstaande skakel om Midstream College Primëre Skool se webtuiste te besoek, druk dan op die skakel (Bespreek) onder "IN DIE KOLLIG" om 'n geskikte tydsgleuf vir die opedag te bespreek.

Webwerf
 
 

CORE SKILLS

Core Skills uitslae van die graad 6-leerders van 2022.
Baie geluk aan die volgende leerders met hulle uitstaande uitslae. Ons is baie trots op julle. 

 

 

Alon Beyleveld
Llewellyn Botha
Sarah Coetzer
Magnus Erlank
Allessandro Ghillino
Nehara Harilall
Jonah Kind
Kano Macheli
Thato Moleli
Louise Pieterse
Anje Reyneke
Liah Schutte
Rachel Strydom
David van der Vyver
George Wiehahn

Brons Toekennings

Bonani Booi
Chloë-Ann Christie
Ethan Davis
Etjan Genis
Wihan Gouws
Rikus Holtzhausen
 Mieke Lamprecht
Jayden Meiring
Reneilwe Molewa
Tlali Puling
Kobus Richards
Sohail Sewpersadh
Warona Tsatsane
Anina Viljoen
Ethan Wintle

 

Jessie Boshoff
Charl Cilliers
Kylie de Bruyn
Jordan Gerber
 Lené Greyling
 Janru Janse van Rensburg Lethabo Lefakane
Fabio Miguel
Christie Mwambenu
Mizé Raubenheimer
 Armaan Ramruthan
Shauna Shamuyarira
Lika van der Merwe
Abby Weng

 

Anika Alberts
Ané Claassen
Jade Delgado
Matthieu Du Venage
Elihle Gumede
Jessie Hurrie
Tristan Joubert
Kea Mabuele
Richard Morris
Morgan Parmenter-Bridger
Lian Strauss
Xander Smit
Keegan Uys
Caydin Venter
Jason Wakeford

Silwer Toekennings

Ruben Badenhorst
Emily Conley
Levi Delgado
Leandi Engelbrecht
Chanel Hechter
 Liesje Ingram
Janelle Kirkpatrick
Ruhan Malan
Oliver Moss
Beyers Pretorius
Sebastiaan Struwig
Aaryan Sookdeo
Elizabeth van den Heever
Lize Venter
Jed Weng

 

Keshav Balgobind
Hanro de Villiers
Megan du Toit
Xander Erlank J
ordan Henstock
Dejan Jankovic
Khloé Lack
Kristen Maré
Ayushen Naidoo
Giselle Prinsloo
Markus Swanepoel
Jesse Swart
Carli Venter
Carla Vosloo

 

Leonardo De Barros

Goud Toekennings

Madison van Eeden

 

 

 

CHOC: “FLIP FLOP”-DAG

Ons wil graag hierdie jaar voortbou op die Valentynsdag-tradisie wat ons by die skool begin het. As laerskool glo ons dat Valentynsdag ’n dag is wat op ons leerders se ouderdomsvlak gevier moet word. Ons wil vir ons leerders leer om vir mense wat ondersteuning, aanvaarding en hulp nodig het, om te gee.

Dit skep immers ook ’n gevoel van vreugde en vervulling om ander te koester, te help en by te staan.

Ons gaan dus weer hierdie jaar iets spesiaals doen wat gefokus is op die idee dat liefde vir ons medemens nie net ’n opdrag van God is nie, maar heerlik en pret ook is!

Die CHOC Flip Flop Dag-plakkers, wat jou 10 tone vrymaak van skoolskoene op Vrydag 17 Februarie, sal teen R10 by Tuck In verkoop word. Koop ook weereens jou oulike plakkie-koekie. Verkope is slegs vir die week van 13 ‒ 17 Februarie. Betalings moet asseblief kontant geskied.

LET WEL: Geen sokkies, CROCS, ens. nie. Slegs plakkies, sonder sokkies en gewone skooldrag sal toegelaat word.

 
 

2023 KULTUURFEESINLIGTING

Daar word met trots aangekondig dat die jaarlikse Kultuurfees weer binnekort in volle swang gaan wees. Inskrywings open op 20 Februarie 2023.

Vanjaar se tema is “Dit begin by ons”. Baie van die afdelings vereis dat dié tema uitgebeeld moet word. Vergewis u dus van elke afdeling se vereistes.

Massadeelname is vir ons ’n prioriteit, daarom wil ons elke leerder aanmoedig om aan ten minste een item deel te neem.

Geen inskrywingsgelde word vereis nie, behalwe by handwerk, “Flavour Festival”, “Flavour Festival – Master Class” en “Leading Ladies”.

Die beoordelaars se beslissing is finaal.
U word vriendelik versoek om u kind te begelei in die keuse en inoefening van items. U is welkom om u kind self af te rig.

Let wel: Die personeel is slegs in beheer van afdelings, maar rig nie self die leerders af nie. Verseker asseblief dat u kind goed voorberei.

Punte word vir deelname toegeken. Punte vir deelname, sowel as die simbole wat tydens optrede behaal word, word saam bereken om die algehele beste kultuurleerder te bepaal. Die wenners word by die Sport en Kultuur Gala-aand aangekondig.

Let asseblief op die beperkings by die verskillende afdelings en hou ook in gedagte dat van die items op dieselfde dag plaasvind.

Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Sluitingsdatum vir inskrywings is 3 Maart 2023.

Alle leerders van ons skool mag deelneem en die verrigtinge in die middae as toeskouers bywoon. Geen leerders van ander skole mag aan ons Kultuurfees deelneem nie.

HOE WERK DIE INSKRYWINGS?
Alle items word via die Ouerpoort ingeskryf.
Volg asseblief die onderstaande skakel na die Ouerpoort en druk op die “Students”-tab.
Klik op die leerder se foto en kies die “Cultural Festival Entries”-tab.
Vir meer inligting rakende ’n item, druk op die betrokke aktiwiteit.
Oefen jou keuses uit deur op die vierkant te druk.
Nadat al die keuses gemaak is, druk op die “Sign Up”-knoppie regs bo-aan die skerm.
Die aktiwiteite/items sal onderaan die skerm vertoon en u is suksesvol ingeskryf.

Ouerpoort
 
 

VERTONINGS

Boek Buddies besoek ons skool Maandag 20 Februarie, waartydens professionele akteurs uittreksels uit verskillende boeke op ’n interessante en energieke manier opvoer om die graad 1- tot 6-leerders se belangstelling te prikkel. Die leerders word só aangespoor om die boeke later self klaar te lees.

 
 

MYSCHOOL MYVILLAGE MYPLANET-KAART

Ondersteun ons met ’n MySchool MyVillage MyPlanet-kaart en gee só terug met elke aankoop by MySchool se besigheidsvennote.

Sluit maklik aan:
Besoek  https://www.myschool.co.za/portal/register
• Laai die MySchool MyVillage MyPlanet toep/“app” af.
• SMS “JOIN” na 31231.
• SMS “LINK” na 31231 om Woolworths-kaarte aan MySchool te koppel.


Indien u reeds ’n kaart het, onthou om dit te swiep (“swipe”).

 
 

YOUNG ENGINEERS

Welkom by die Young Engineers-program. Klik asseblief op die onderstaande skakel vir meer inligting.

Pamflet
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643